Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Persverklaring: Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023
2023-07-25Hierdie nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders in graad 8 tot graad 12 is die eerste van sy soort vir Wikipedia wêreldwyd en met lekker groot pryse op die spel. Die eerste plek kry ’n R10 000-kontantprys, tweede plek R6 000 en derde plek R3 000!
WoW (World of Work) Career Festival: an interview with Daniel Galloway
2023-07-25"One of the greatest catalysts of the festival is that it broadens horizons for those who might never have known that a career in logistics, or eventing, or catering, or agriculture, or finance, was even a possibility. This, in part, motivates a focus in the hearts and minds of the learners, which leads to a positive, gainfully employed work life ahead."
SteedsDink met LitNet Akademies: Willie Burger (deel 2 van 3)
2023-07-24In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie tweede video van ’n drieluik gesels Willie Burger oor sy navorsingsreis en nuwe maniere van vertel. In deel drie, wat hierna volg, vertel hy oor postmodernisme, poststrukturalisme en die werk van Karel Schoeman.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo
2023-07-24Dit voel nog soos winter, maar dis ’n nuwe kwartaal met nuwe geleenthede. Hoewel daar ’n weervoorspelling in hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen is, gaan dit leerders in graad 4 nie help om te weet wat vandag se temperature is nie. Dit gaan wel help met voorbereiding vir Afrikaans Huistaal hierdie kwartaal – en die punte op die rapport soos mooiweer en warm laat lyk. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek
2023-07-21"Nie net lig die roman die onkunde rondom nierskenking uit nie, maar dit plaas ook die regsraamwerk oor orgaanskenking in ’n alledaagse konteks wat met lesers kan resoneer."
SteedsDink met LitNet Akademies: Willie Burger (deel 1 van 3)
2023-07-20In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
In hierdie eerste video van ’n drieluik gesels Willie Burger oor sy liefde vir literatuur en sy loopbaanreis.
In deel twee en deel drie, wat hierna volg, vertel hy oor sy navorsingsreis; nuwe maniere van vertel; postmodernisme; poststrukturalisme en die werk van Karel Schoeman.
Grootste projek nog oor Afrikaans se variëteite
2023-07-19Waar kom Afrikaans vandaan? Wie het dit die eerste keer gepraat? Moet Kaaps gestandaardiseer word? Onderwysers wat insae het in die onderrig van Afrikaans se variëteite, neem asseblief kennis: Die navorsers wil graag van julle hoor!
Press release: World of Work (WoW) Career Festival for GrandWest, August 2023
2023-07-18Grade 10 and Grade 11 learners from the Western Cape and KwaZulu-Natal can expect first-hand experience of real workplace opportunities in various industries, such as retail management, recycling, finance, healthcare, data analytics, event planning, hospitality, engineering, architecture, building management, and more. These immersive experiences provide valuable insights of which learners may not otherwise be aware.
Persverklaring: ProVARIA vind ’n tuiste in VivA se nuwe Variasieportaal
2023-07-17'n Omvattende navorsingsprojek, die Projek oor Variasie in Afrikaans (ProVARIA), is twee weke gelede geloods om die variëteite van Afrikaans te dokumenteer en hulpbronne oor die niestandaardvariëteite meer toeganklik te maak. Hierdie projek se doel is om juis die volle omvang van die wonings van Afrikaans beter uiteen te sit en te verteenwoordig.
ALV-kongres, 23-25 Augustus 2023: Derde en finale oproep om referate
2023-07-13Voorstelle vir bydraes tot die twintigste hoofkongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) word ingewag. Die tema "komvandaan" bied ruimte vir wydlopende en uiteenlopende onderwerpe onder die vaandel van herkoms.
SteedsDink met LitNet Akademies: Louise Viljoen (deel 3 van 3)
2023-07-13In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie derde video van ’n drieluik wei Louise Viljoen uit oor Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde.
Uitnodiging: Simposium oor Afrikaans as moedertaal en geloofstaal | Wellington, 11 en 12 Augustus 2023
2023-07-13Die Afrikaanse Taalraad en Hugenote Kollege nooi akademici, filosowe, kerkmense en ander belangstellendes om saam te dink en droom oor Afrikaans as geloofstaal.
’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])
2023-07-12"Die Stilbaaimuggie is endemies aan die Kaapse Fynbos-streek en is reeds waarskynlik vir miljoene jare in hierdie omgewing teenwoordig."
Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting
2023-07-07"Anders as die narsistiese terugspieël van prestasie, bring kultuur mens onder ’n diep indruk van die nederigheid wat met die bemeestering van ’n taak gepaard gaan."
SteedsDink met LitNet Akademies: Louise Viljoen (deel 2 van 3)
2023-07-04In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie tweede video van ’n drieluik gesels Louise Viljoen oor literêre teorieë soos transnasionalisme en postkolonialisme. In deel drie, wat hierop volg, wei sy uit oor Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde.
SteedsDink met LitNet Akademies: Louise Viljoen (deel 1 van 3)
2023-07-04In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie eerste video van ’n drieluik gesels Louise Viljoen oor haar loopbaanhoogtepunte en navorsingsreis. In deel twee en deel drie, wat hierna volg, vertel sy oor literêre teorieë, Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde.
FilosofieKafee-uitnodiging: Hoe leef ons dan met mekaar? Augustinus, ubuntu en die tussenin
2023-06-27Jy word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-geleentheid op 7 Julie 2023 in Wellington, waar John Enslin die spreker sal wees. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
Foucault, die "beroepshistorici" en die Middeleeue: Augustinus in Histoire de la sexualité 4 (Les aveux de la chair) as gevallestudie
2023-06-26"Trouens, niemand het die Middeleeue gelees en verstaan soos Foucault nie. Hy het die Middeleeue nie bloot geretoriseer nie, maar ons anders daarna laat kyk – en nie met ’n perverse oog nie."
Die storie van elektrisiteit
2023-06-26In hierdie artikel bied Koos Holtzhausen ... ’n oorsig van die storie van elektrisiteit. Hierdie skrywe sal volwassenes interesseer. Ook behandel graad 6-leerders gedurende die derde kwartaal elektrisiteit as onderwerp in Natuurwetenskappe. Nuuskierige leerders kan meer lees oor elektrisiteit se geskiedenis. ’n Verrykingsartikel vir oud en jonk!
Press release: The youth’s role in the agenda of internationalising South African science, technology, and innovation
2023-06-22The Academy of Science of South Africa (ASSAf) and the Department of Science and Innovation (DSI) cordially invite you a webinar to showcase the youth’s role in the agenda of internationalising South African science, technology, and innovation (STI).
