Graad 5: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

  • 8

Prent: D Theodora op Pixabay

Is jy in graad 5 en raak jy nou baie lus vir die Desembervakansie? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt ’n vraag aantref wat jou oor swem gaan laat nadink. Nog beter nuus is dat jy goeie punte vir jou Wiskunde-eksamen gaan kry as jy hierdie vraestel gebruik om voor te berei. (Die beste nuus is: dis regtig ’n kort kwartaal en dis amper vakansie.)

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Wiskunde met LitNet-video: Graad 5, woordsomme

Indeks: notas, toetse en vraestelle

  • 8

Kommentaar

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet het baie vraestelle wat gratis beskikbaar is en jou kan help met jou voorbereiding. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat daar alles is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Goeiedag. Kan julle ASB vir my kwartaal 4 se vraestelle vir Graad 5 se vakke vir my e-pos. Baie dankie. Groete, Susan.

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. Daar is baie gratis vraestelle op LitNet wat jy kan gebruik om vir jou eksamens voor te berei. Hier is 'n indeks van die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Wilma Van Rooyen

    Hi, ek soek graad 5 Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's vir kwartaal 4, asseblief.

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat gratis oefenvraestelle met hul meegaande memo's op LitNet gepubliseer. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles bereik kan word: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die indeks se vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Hierdie indeks word gereeld bygewerk en daar verskyn ook voortdurend nuwe vraestelle op LitNet. Blaai deur die lys van vraestelle om te sien wat geplaas is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis as PDF's af te laai. Gebruik dit gerus vir voorbereiding. Voorspoed met die eksamen! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top