
Prent: Pexels op Pixabay
Is jy in graad 7 en wonder jy oor die data wat jy kan gebruik om te bepaal watter rugbyspan hierdie naweek die Wêreldbeker kan wen? Hier is wenke vir wenners: Laai hierdie gratis vraestel van Lee-Ann Langeveldt af en oefen jou datahanteringsomme sodat jy teen Saterdagaand klaar is. Dan kyk jy die rugby met ’n rustige hart met die wete dat jou goeie eksamenpunte jou ’n kampioen sal maak.
Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:
Tegnologie, graad 7: vraestel en memo vir die vierde kwartaal


Kommentaar
Baie dankie vir die vraestelle, glo dit sal baie help.
Ek wil leer oor skoon Wiskunde in graad 7.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Daar is baie gratis vraestelle op LitNet wat jy kan gebruik om vir jou eksamens voor te berei. Hier is 'n indeks van die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Vir graad 7 is daar slegs algemene Wiskunde wat aangebied word; dis eers van graad 10 af wat leerders kan kies tussen Wiskunde (wat soms "skoon Wiskunde" genoem word) en Wiskundige Geletterdheid. Voorspoed met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Memo en vraestelle
Goeiedag! In die nuwe jaar kan jy weer van LitNet se vraestelle gebruik maak om vir jou eksamens voor te berei. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Hier is al die vraestelmateriaal op een plek bymekaar. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die nuwe jaar se skoolwerk! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
This app helped me a lot, I love it.
Hallo, dankie vir die hulp. Ek het my vraestelle baie goed geslaag. Ek weet nie hoe om nog dankie te sê nie.
Ek wil graag my wiskunde verbeter.
Goeiedag en dankie vir jou navraag. LitNet publiseer heelwat vraestelle en memoranda wat gratis afgelaai kan word en waarmee die werk hersien en vasgelê kan word. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Voorspoed met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder