Die nuwe TV-reeks Straat is ’n verrassing

  • 0

“Inwoners van ’n cul-de-sac in ’n middelklasbuurt debatteer of hulle ’n muur om hulself moet laat bou om die gevaar buite te hou. Min weet hulle ’n fluitjieblaser in getuienisbeskerming het pas ingetrek...”

Debuut: 17 Oktober om 20:00, kykNET (DStv-kanaal 144)

Die goeie

Een, dit is ’n Paul C Venter-draaiboek. Met ander woorde, dit dra ’n sekere gravitas. Dit is afgerond, kompleks. Twee, die regisseur is Morné du Toit. Ná Vuil Wasgoed sal ek altyd ’n waardering vir sy werk hê. Sy ego meng nie in met die film nie. Drie, kyk net die rolverdeling. Dit is van ons beste spelers. Nicole Holm is net ’n force majeure.

Die slegte

As gevolg van bogenoemde draaiboek, regie en rolverdeling is ek bereid om die reeks te vergewe vir gemiddelde kamerawerk, produksie en stilering. Die reeks het geen visuele stempel om af te druk nie. Dit is teleurstellend.

Hoekom ’n mens aanhou kyk

Ná net een episode is ek nuuskierig om hierdie unieke karakters beter te leer ken. Niemand is wie hulle voorgee nie. Elke speler is perfek vir die rol gekies.

Die draaiboek ondersoek relevante vraagstukke – misdaad, emigrasie, korrupsie, alleen oudword, ensovoorts. Daar is drama in die vorm van liefde vir diere en ’n (moontlike) gestremde kind wie se 18de verjaarsdag gevier word. Die humor bly nie agter nie. Cintaine Schutte is ’n jol op haar e-ponie.

Die reeks klits dalk ’n paar episodes later uitmekaar uit, maar die loodsepisode het gedoen wat dit moes. Dit het my aandag getrek.

Lees ook:

Devil’s Peak – the first two episodes: a review

Hans steek die Rubicon oor: ’n filmresensie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top