In hierdie video gesels Hans du Plessis oor Afrikaans – gister, vandag en môre.
In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Hans, vir die tweede reeks opgeneem.
Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer.
Lees ook in LitNet Akademies:
Lees en kyk ook:
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst
Kommentaar
Hans, baie dankie vir hierdie insiggewende uiteensetting van die ontstaan van Afrikaans.
Hans du Plessis breek amper sy rug soos hy agteroor buig om die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans polities kruipsugtig te herformuleer. Die bekroonde historikus Dan Sleigh het herhaaldelik gemeld dat hy min tot niks hiervan in sy intensiewe navorsing gevind het nie. Feit bly dat 90-95% van alle Afrikaanse woorde van Nederlandse afkoms is.
Professor Hans se bespreking is absoluut meesterlik. Afrikaans se geskiedenis word te veel vertel deur woke podcasters, Youtubers, TikTokkers, apartheidsapologete, mense wat ly aan wit meerderwaardigheid, selfaangestelde kenners en al wat 'n opportunistiese politieke agenda het.
Wat 'n voorreg om na die opname te kon luister!!!
Baie dankie Litnet.
Dankie Prof. Hans.
Dankie Barend -- ek stem saam!