Hans du Plessis

Hans du Plessis is op 15 Januarie 1945 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria en behaal ’n BA aan die Universiteit van Pretoria. Terwyl hy onderwys gee, verwerf hy ook die UOD, Hons BA en MA, laasgenoemde twee met lof, aan Unisa. In 1975 verwerf hy ’n doktorsgraad in Afrikaanse taalkunde, ook aan Unisa. Daarna volg hy ’n postdoktorale kursus in die linguistiek aan die Universiteit van Harvard. Hy woon verder in 1991 skryfskole in Iowa en Oklahoma by.

Na ses jaar as hoërskoolonderwyser word Du Plessis by Unisa as lektor aangestel en daarna as senior lektor aan die RAU. In 1981 word hy professor in Afrikaanse taalkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (nou NWU). In 1990 word hy direkteur van die ATKV-skryfskool van die NWU se Potchefstroomkampus. Hy tree aan die einde van 2011 af en word voltyds skrywer.

Hy het meer as 160 publikasies agter sy naam, en debuteer in 1978 as skeppende skrywer met die digbundel Kleinwild. Sy akademiese publikasies sluit taalkundehandboeke en taal- en letterkunde-artikels in nasionale en internasionale tydskrifte in.

Sy skeppende werk sluit ses digbundels, drie jeugromans en verskeie romans in. Verder publiseer hy ook vele gedigte, rubrieke en kortverhale. Ses verhoogstukke uit sy pen word by verskillende kunstefeeste opgevoer.

Hy word bekroon met die CR Swart-prys vir tienertoneel, die ATKV-kinderboekprys, ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en die CBSA-prys vir beste publikasie, algemene Christelike literatuur.

Hans du Plessis was getroud met Magdaleen Potgieter. Ten tyde van sy sterwe, het hulle vier getroude seuns en sewe kleinkinders gehad.

Oom Hans, soos so baie hom genoem het, is op 25 Oktober 2024 te Potchefstroom oorlede.

Oor Griekwa-Afrikaans

Hans du Plessis LitNet25-skrywersberaad 2025-03-20

Op Vrydag 20 September 2024 het Hans du Plessis ’n praatjie by die Etienne van Heerden Veldsoirée gelewer waarin hy meer vertel het oor navorsing wat hy en Christo van Rensburg gedoen het oor Griekwa-Afrikaans. Dit was een van sy laastes. Hans is ’n maand later in Potchefstroom oorlede.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Hans du Plessis

Hans du Plessis SteedsDink 2024-02-12

In hierdie video gesels Hans du Plessis oor Afrikaans – gister, vandag en môre. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

Elders gesien: Hou oud is Afrikaans?

Hans du Plessis Elders gesien 2023-10-30

"Hoe oud is Afrikaans? Nee, ek weet nie. Niemand weet nie, want ’n taal het nie ’n geboortedatum soos ’n mens nie. ’n Mens vier jou verjaarsdag op die dag en datum waarop jy gebore is, maar die geskiedenis van die betrokke mens gaan veel verder terug as sy of haar geboortedatum. Hy of sy is onder andere deel van ’n hele familiegeskiedenis."

Suiderherfs

Hans du Plessis Poësie 2022-12-15

"Hoe heilig, Heer,
dat elke dooie blaar
die lewe bros verklaar!"

Elders gesien: ’n Gedig vir Hemelvaartdag

Hans du Plessis Elders gesien 2022-05-26

"Sou ek glo die Heer het opgestaan,
as ek sien Hy ry hier op die grond
tussen ons in minibussies rond?"

Vir Christine – Christine Barkhuizen le Roux (1959–2020)

Hans du Plessis In memoriam 2020-11-19

"Christine het my geleer wat passie is en dat geen droom ooit te groot is vir iemand wat van natuurlike talent toewyding maak en van ’n droom ’n lewe maak nie."

Herkomsseminaar: Afrikaans sonder grense

Hans du Plessis Seminare en essays 2018-11-06

"Op grond hiervan is Afrikaans ’n inheemse taal, een van die tale van Afrika. Afrikaans is van die begin af ’n kontinuum van aanleerdersvariëteite ..."

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Menán van Heerden, Hans du Plessis Onderhoude 2018-10-23

"Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle bydrae tot navorsing oor Afrikaans.

Huldeblyk aan Christo van Rensburg: ’n Afrikaanse woord is weg

Hans du Plessis In memoriam 2018-08-15

"Die leemte is groot vir sy familie, kollegas, wye vriendekring en die Afrikaansgebruikende gemeenskap, want aan grense het hy hom nie gesteur nie."

Drie vroue en ’n meisie: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Hans du Plessis, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-11-10

"Vir my is die natuur, die skepping, nog altyd ’n karakter, eintlik ’n medemens wat jou slyp."

PG du Plessis – die hoekwoord in Afrikaans se mooiste sin

Hans du Plessis In memoriam 2017-06-21

"Hy het verstaan wat min onder ons verstaan, want net iemand wat mense liefhet soos wat hy mense liefgehad het, kan hulle teken soos wat hy hulle geteken het."

Afrikaans vandag en môre

Hans du Plessis Seminare en essays 2016-11-08

"Ek het baie positiewe goed om oor Afrikaans te sê, ek is net nie oortuig dat die toekoms in die amptelikheid van Afrikaans lê nie!"

Afrikaans, gekry of gemaak?

Hans du Plessis Seminare en essays 2016-07-13

"Hoe Nederlands is Afrikaans?"

Vir Randall Wicomb: 'n Huldeblyk

Hans du Plessis In memoriam 2015-12-28

"Ons huldig ’n groot man met ’n groot stem omdat sy talent nie onder die maatemmer gebly het nie, maar omdat hy dit onselfsugtig gedeel het met enigiemand wat wou luister na die stem wat nie gou gaan stil raak nie."

Is Afrikaanse variëteite in die letterkunde regtig gestigmatiseer?

Hans du Plessis 2014-05-08 Stigmatisering van die variëteite van 'n taal is nie net 'n Afrikaanse verskynsel nie, en beslis ook nie 'n moderne een nie.
Top