Suiderherfs

  • 1

Suiderherfs

Foto: Canva

Hier by ons val die somer
Meimaand van ’n witstinkhout af
om ná ’n wintergraf
op te staan en vars
in botsels uit te bars.
Halala, God is groot,
daar ís lewe ná die dood!

Hoe helder, Heer,
hierdie brose dae
vol van vrede!
Hoe heilig, Heer,
dat elke dooie blaar
die lewe bros verklaar!

Gegesel, gespot, geslaan –
Jesus die Mens het opgestaan!
Honend tot lyk verklaar –
Jesus die Redder het opgevaar.
Die Vader het Hom kom haal,
Jesus die Gees het neergedaal!

Deur die wonders wat God doen
heilig Hy ook óns geel seisoen.

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top