
Erkenning: Andrew Martin op Pixabay
Is jy binnekort in graad 10 en gaan jy Wiskundige Geletterdheid as vak neem? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Anne Langeveld is daar voorbeelde wat – reg geraai, as jy na die prent met die dobbelstene kyk! – jou kan help met waarskynlikheidsomme. Ons weet die waarskynlikheid dat jy nou Wiskundesomme gaan doen is nul, maar onthou om volgende jaar, as jy vir die eksamen moet voorberei, hierso vir oefenvraestelle te kom soek.
Klik hier om die vraestel in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memorandum in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 1-vraestel en memo, vierde kwartaal


Kommentaar
Dit help my kind baie lekker en dit is nogals goed vir my kind, baie dankie 🥰
Ek wil leer.
Hallo. Dankie vir jou navraag. LitNet bied gratis oefenvraestelle vir leerders om hulle skoolwerk onder die knie te kry en vir die eksamens te kan voorberei. Hier is 'n indeks van vraestelle wat alles op LitNet beskikbaar is. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek soek na 'n Wiskunde Geletterdheidsvraestel 2, graad 10, 2025.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat gratis oefenvraestelle met hul meegaande memo's op LitNet gepubliseer. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles bereik kan word: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die indeks se vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Hierdie indeks word gereeld bygewerk en daar verskyn ook voortdurend nuwe vraestelle op LitNet. Blaai deur die lys van vraestelle om te sien wat geplaas is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis as PDF's af te laai. Gebruik dit gerus vir voorbereiding. Voorspoed met die eksamen! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek wil leer.
Goeiedag en dankie vir jou navraag. LitNet publiseer heelwat vraestelle en memoranda wat gratis afgelaai kan word en waarmee die werk hersien en vasgelê kan word. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Voorspoed met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder