
Foto-erkenning: ramalholore op Pixabay
Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.
Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:
Nuwe Alles-In-Een Graad 1, 2 en 3: Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboekoefeninge


Kommentaar
Bekommerd oor intelligente seuntjie in graad 2 wat nie kan lees nie; bril gekry, steeds ver onder standaard. Iets wat ek kan doen, drasties, voor 2024?
Kan ek ook asseblief van die gratis boekies kry?
Baie dankie.
Goeiedag en dankie vir die navraag. LitNet bied gratis oefenvraestelle wat met voorbereiding vir toetse kan help. Klik hier om te sien wat beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Daar is enkele vraestelle vir graad 2 beskikbaar. Verdere voorstelle is om met sy klasopvoeder/-onderwyser te gesels en die skool dus ook vir terugvoer te vra. En, heel persoonlike raad: lees vir hom voor. Daar is baie goeie Afrikaanse kinderboeke beskikbaar. Besoek die plaaslike biblioteek en lees vir hom boeke van: Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, De Wet Hugo, Philip de Vos, Martie Preller, Crystal-Donna Roberts, André Trantraal, Theresa van Baalen ... Hou aan met voorlees, dwarsdeur die vakansie. Jy sal hom voorberei vir volgende jaar en jy sal hom laat lief word vir stories en dit self ook geniet. Voorspoed, groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder