Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch nooi jou graag na die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing.
Vanjaar se spreker is Louise Viljoen, oudkollega en ontvanger van die Jan H Marais-prys vir 2023 vir haar uitsonderlike bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Haar lesingtitel is Opperman gelees teen die agtergrond van die “nuwe”.
Viljoen gaan uit van ’n stelling wat Helize van Vuuren maak in haar Opperman-oorsig in Perspektief en profiel: “Wanneer ’n mens ’n bestekopname maak van Opperman se oeuvre, is dit nodig om sy werk te lees teen die agtergrond van die ‘nuwe’ van vandag.”
Viljoen kyk in haar Opperman-lesing na bepaalde en bepalende aspekte van Opperman se werk, hoofsaaklik teen die agtergrond van Antjie Krog se werk (omdat sy persoonlike kontak met hom gehad het), maar ook met verwysing na ander digters.
Datum: 18 Oktober 2023
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch
RSVP voor 16 Oktober by wae@sun.ac.za.
Kontak gerus vir aschaffer@sun.ac.za vir meer inligting.