Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

  • 8

Prent: Pixabay

Is jy in graad 5 en sal jy eerder aan dolfyne, vrugteslaai en ’n vakansie in die wildtuin dink as aan die voorbereiding vir jou toets? Wees bly, want in hierdie voorbereidingstoets kan jy oor al hierdie onderwerpe lees. Agterna ken jy sommer ook jou Afrikaans Huistaal-werk op die punte van jou vingers. Hierdie vraestel van Eugene van der Westhuizen is, soos al LitNet se oefenvraestelle, gratis beskikbaar. Laai dit hier af.

Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai (die memo is onderaan die vraestel).

Lees ook:

Graad 5, Junie: Natuurwetenskappe en Tegnologie ‒ vraestel en memorandum

Wiskunde met LitNet: graad 5 – breuke

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

  • 8

Kommentaar

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na 'n indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Blaai gerus daardeur en laai af wat hier beskikbaar is om te help met eksamenvoorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

    • Goeiedag en dankie vir jou navraag. Hier is 'n indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik inhoud by. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet het hulp vir jou. Hier is 'n skakel na die indeks van al die vraestelle wat op LitNet gelaai is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Help! Afrikaans EAT-kind wat ek probeer voorberei vir Junie-eksamen. Watter graad se vraestelle behoort ek na te kyk?

    • Hallo en dankie vir jou navraag. LitNet bied heelwat vraestelle wat gratis beskikbaar is en wat leerders vir privaatstudie mag gebruik. Hier is 'n skakel na die indeks waar al die vraestelle beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien watter inhoud hier is, en klik telkens op die skakels om die vraestelle gratis in PDF-formaat af te laai. Ons beskik nie noodwendig oor die Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestelle waarna jy op soek is nie, maar daar is baie ander vraestelle beskikbaar en blaai ook rond in LitNet se skole-afdeling om te sien of daar nie nog ander inhoud is wat kan help nie: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top