
Foto van Paul Roos (verskaf)
Op 1 Maart 2023 word Paul Roos Gimnasium 157 jaar oud. Paul Roos beplan ’n aksiebelaaide verjaardagweek.
Paul Roos se verjaarsdag skop af met ’n spesiale saalbyeenkoms waar oudleerder en skrywer Pieter du Toit Paul Roosers gaan toespreek. Die week se program sluit ’n kranslegging by die gedenksteen van Paul Roos se stigterslede in. Leerders besoek ook jaarliks Paul Roos en sy gesin se grafstene om dit te versorg en skoon te maak.
Op Vrydag, 3 Maart, vind die eerste Tiger Wheel & Tyre PRG Kaskar Fundracer plaas. Paul Roos registerklasse pak die stryd teen mekaar aan. Die kaskar-resies is ten bate van die Borg-’n-Paul-Rooser fonds - ’n fonds wat top-gehalte opvoeding en infrastruktuur vir al sy diverse leerders verseker. Hierdie inisiatief word ondersteun deur plaaslike besighede Tiger Wheel & Tyre, Suzuki, NTT Volkswagen, Rothman’s Auto, Gino’s, Paul Roos Kwikspar en meer. Die verjaarsdagweek sluit oudergewoonte met ’n hoogtepunt af – wanneer Paul Roos se seniors (Gr.10-12) die PRG Verjaarsdagbal saam met hul metgeselle bywoon.
Paul Roos se sosiale klub, Klub 1000, bied ook op Saterdag, 4 Maart sy jaarlikse Potjiekos kompetisie by die Markötter Sportkompleks aan. Spanne van vier word uitgenooi om hulle potte teen R200 per span in te skryf. Hierdie fooi sluit 4 ete-kaartjies in. Diegene wat wil saamkuier en -eet kan hul kaartjies teen R150 per persoon aanskaf. Klub 1000 se winste word vir Paul Roos bouprojekte aangewend.
- Alle skole in die land word genooi om vir LitNet persverklarings van hul aktiwiteite te stuur sodat dit met die LitNet-gemeenskap gedeel kan word.

