Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-taaltoets en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-09-01

’n Vraag oor ’n sin se struktuur
Maak die graad 8-klas so suur.
Die onnie geniet dit terdeë
Dat LitNet gratis hulp gee
Om hul punte die hoogtes in te stuur!

Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2022-09-01

Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.

Konflik in Mosambiek – ’n ondersoek na die aard en dinamika van die teeninsurgensie-operasies in Cabo Delgado

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-29

"So gesien, kan die rolspelers wat in Mosambiek betrokke is by die insurgensie, wel daarop aanspraak maak dat daar op militêre gebied ’n multinasionale poging aangewend is om die insurgente in bedwang te hou, maar van welslae in ’n omvattende teeninsurgensieverband is daar tot dusver weinig sprake ..."

Uitnodiging: FilosofieKafee – Is Peterson en Harari se gewildheid ’n aanklag teen of ’n oproep tot nadenke?

LitNet Akademies en skole 2022-08-29

Jy word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-geleentheid op 2 September 2022 in Wellington. Hier is nog inligting oor die geleentheid.

Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns

Ria Winters LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-29

"Die inhoudelike skakel tussen Wittgenstein en Schoeman is die bemoeienis met taalkommunikasie en hoedat woorde betekenis kry binne en buite die grense van taal. Albei se lewenswerk het bestaan uit die vormgewing van die sin van taal."

Vlooi en die geheim by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Marinda Engelbrecht

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2022-08-25

"Vir 60 minute laat ons kinders vergeet van die moontlike swaarkry en seerkry van die lewe. Ons laat hulle die magic en mooi ervaar."

Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-24

"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."

Graad 7: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-19

Daar was eens ’n graad sewe
wie se broek nie kon ophou bewe.
Sê LitNet: “Hierdie Afrikaans-vraestel kan jou red!
Laai af en werk uit; dis boonop groot pret!
Jy kan na volpunte strewe."

Persverklaring: Vlooi vier sy verjaardag en is terug op die planke |  Press release: Kipper and his friends are back!

LitNet Skole 2022-08-19

Aangesien Vlooi talle skole se voorgeskrewe leesreeks is, is dit werklik ’n wonderlike ervaring vir die grondslagfase om die karakters in lewende lywe in die Kunstekaap te aanskou. Hier is ook inligting oor kaartjieverkope.| Kipper is the prescribed reading series at many schools, and it is therefore a wonderful experience for the foundation phase to see these characters performing live on stage at the Artscape. Find out where to buy tickets.

Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)

Dewald Koen Skole 2022-08-18

Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.

Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-17

"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."

Hoe belangrik is ’n boek soos Pharos se KABV-geskikte Grondslagfasewoordeboek? ’n Onderhoud met Michele van der Merwe

Naomi Meyer, Michele van der Merwe Skole 2022-08-16

"Ek wil ’n pleidooi tot die Departement van Basiese Onderwys rig dat woordeboeke nie as aanvullende leermateriaal nie, maar wel as verpligte, voorgeskrewe leermateriaal in skole beskou word. Elke klaskamer moet oor ’n voldoende aantal woordeboeke beskik, sodat onderwysers dit daagliks in lesse kan integreer. As ander Afrika-lande dit kan doen, waarom nie ook ons nie?"

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, kwadratiese vergelykings

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-16

Is jy in graad 9 en laat kwadratiese vergelykings jou kop tot die mag 9 draai? In hierdie Wiskunde met LitNet-video verduidelik Lee-Ann West in ’n raps meer as 9 minute die hele affêre sodat dit sin maak.

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-11

Staan nader, al julle snare, en kyk bietjie hoeveel snare het ’n kitaar! Van sesse gepraat: is jy in graad 6 en luister jy eerder popmusiek as om Wiskunde te doen? Met Lee-Ann West se gratis oefenvraestel en -memo kan jou toetspunte hierdie kwartaal soos musiek in jou ore klink.

Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk

Marochel Barnard Jong lesers 2022-08-11

"Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het."

AfriKI: Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans | Videolesing in Engels en Afrikaans

Imke van Heerden Akademies en skole 2022-08-10

Imke van Heerden discusses her research project, AI as Author, and the first Artificial Intelligence poetry in Afrikaans. | Imke van Heerden is aan die woord oor haar navorsingsprojek, AI as Author, en die eerste Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans.

Graad 5: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-10

As jy in graad 5 is, weet jy mens kry vyf soorte voedselgroepe: lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed, lekkergoed en lekkergoed. Toemaar, ons by LitNet wens ook dit was waar (maar daar is ’n som oor pannekoeke hier versteek). Ons kan jou dag tog so effens versoet deur hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West met jou te deel. Klik hier om dit gratis af te laai en begin sommer vandag al daaraan smul.

Mixtape van die liefde kan die vreugde van gedigte vir tieners oopsluit

Karin Tomlinson Resensies 2022-08-05

"Nes enige literatuur wat sy sout werd is, is dié bloemlesing beslis verleidelik, om meer redes as die variasie wat dit bied en die musiekkomponent. Die pragtige illustrasies op die voorblad en tussen afdelings maak dit nie net mooi nie, maar maak van die bundel ’n ronde kunservaring."

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-08-05

Is jy in graad 7 en weet jy hoeveel kontinente daar op aarde is? Wag, op hierdie prent is een van hulle soek! As jy voel daar is ook ’n leemte in jou Wiskunde-kennis kan hierdie vraestel deur Wilhelm du Toit ’n meer volledige legkaart help pak. Laai sy oefenvraestel en -memo hier af. Hierdie toetsreeks hoef verlore legkaartstukkies jou nie te frusteer nie.

Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps

Rafiek Mammon, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-08-04

"Kaaps is nie iets waaroor ek mal of passionate is nie. Ek glo jy moet jouself kan uitdruk soos jy wil. Dis tog waarvoor ons geveg het, is dit nie?" Rafiek Mammon gesels oor sy boeke vir bloedjong lesers, Faizel en die sterre en ’n Goue ster vir Faizel, en vertel hoe sy Moslem-karaktertjie ’n stem help gee aan gemarginaliseerdes.

Top