LitNet, LitNet Akademies en Voertaal.nu benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike personeellid om bystand met daaglikse werksvloei te verleen.
Ons soek ’n energieke spanspeler met – en dis kardinaal – ’n besonder fyn oog vir besonderhede (tekstueel en visueel).
Verantwoordelikhede
- Daaglikse bywerking van inhoud – insluitend die laai van nuwe materiaal (wat die kies van fokusprente insluit). Benewens artikels sluit materiaal soms YouTube-video’s, foto’s en podsendings in.
- Hulp met kommentare-moderering (Facebook en webblad)
- Saamstel en uitstuur van die LitNet- en Voertaal-nuusbriewe
- Basiese ontwerp (Photoshop en Canva) en laai van grafika (meestal foto’s)
- Administratiewe take
- Enige ander LitNet-, LitNet Akademies- en Voertaal-take
- Hulp met sosiale media, byvoorbeeld Facebook, Instagram, Twitter, Pinterest, ens.
Persoonlike eienskappe
- Beskou noukeurige werk as absoluut noodsaaklik
- Spanspeler met ’n passie vir digitale media
- Volledig tweetalig (Afrikaans en Engels)
- ’n Uiters skerp oog vir spel- en taalfoute (en ander foute mbt datums, tye, te veel punktuasie, ens)
- Teksvas (sien besonderhede en enige foute baie vinnig raak)
- Vermoë om teksverbeteringe 100% akkuraat by te werk, sonder toesig
- Vermoë om binne ’n kreatiewe omgewing vinnig te leer en baie akkuraat stylriglyne te volg
- Vermoë om blitsig en uiters akkuraat onder druk te werk
- Goeie kommunikasievaardighede
- Vriendelike, oop kollegialiteit
- Betroubaar en trots op eie werk
- Goeie tydsbestuur en die vermoë om te prioritiseer
- Bereidwilligheid tot daaglikse roetinewerk
- ’n Sintuig vir en kennis van aktuele debatte.
Voordelig
- Basiese kennis van WordPress
- Basiese kennis van HTML
- Basiese vaardigheid in ontwerp (Adobe Photoshop en Canva)
- Kennis van LitNet en Voertaal en ’n belangstelling in LitNet-, LitNet Akademies- en Voertaal-inhoud
- Goeie kennis van die internet
- Kennis van en passie vir Suid-Afrikaanse boeke, musiek, kuns, kultuur en aktualiteit
- Geesdriftig oor tegnologiese vernuwing en sosiale media.
Posbeskrywing
- Tipe aanstelling: Kontrak (12 maande)
- Vergoeding: Onderhandelbaar
- Plek: Stellenbosch se historiese kern
- Ure: 08h00 tot 17h00, Maandag tot Vrydag
Aansoek
Motiveer jou aansoek deeglik in Afrikaans. Sluit getuigskrifte in, en verstrek kontaknommers van minstens twee persone wat jou werk ken en jou waardeer. Bevestig asseblief vooraf met hulle of dit in die haak is so. Heg ’n volledige Afrikaanse curriculum vitae aan jou aansoek aan.
Stuur jou aansoek aan Menán van Heerden (menanvh@gmail.com) en Naomi Meyer (naomimeyer@litnet.co.za).
-
Sluitingsdatum: Dinsdag 28 Maart 2023
LitNet sal ontvangs van jou aansoek erken sodra dit ontvang word. Indien jy nie binne twee weke ná die sluitingsdatum verder van LitNet verneem nie, kan jy aanneem dat jou aansoek onsuksesvol was. LitNet behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.


Kommentaar
Goeiedag,
Ek stel belang in die pos, en glo dat ek oor die nodige eienskappe daarvoor beskik. Ek is egter woonagtig in die Noord-Kaap, Upington (naby Kimberley). Sal die spesifieke pos aanlyn gevul kan word? Ek is voltyds beskikbaar.
Groete
Dankie vir jou navraag Danélle! Hierdie pos is voltyds op kantoor in Stellenbosch.
Met vriendelike groete,
LitNet-redaksie
Hierdie pos klink fantasties. Ek stel baie belang hierin. Ek is wel geleë in Vanderbijlpark, maar is bereid om so bietjie rond te reis. Ek is mal oor edit-werk vir foto- en videowerk. Ek is beskikbaar en bereid en ek is 'n mense-mens.