Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 September
Nuusberig: SA uitgewer kry ’n ‘gruwel-prys’
’n Plaaslike uitgewer is deur die Internasionale Gruwelskrywersvereniging vereer vir die uitgee van gruwelboeke van uitstaande gehalte.
Woordfees: Voorsmakie van boekeprogram
3 September
Kyk weer: Etienne Fourie gesels oor sy boek ‘Man in die maan’
6 September
Resensie: Meester(es) van implikasie herbesoek
Joan Hambidge resenseer Immigrant: ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers, saamgestel deur Ena Jansen
Boekevat: Hoe het Roubaix se gesig in ink verhul geblý?
’n Rubriek deur Jean Meiring
7 September
Nuusberig: Geletterdheid die boublokke van lewensgehalte
Ter bewusmaking van Internasionale Geletterdheidsdag
8 September
In memoriam: Jaap Steyn verdien ereplek in ons panteon van grotes
Ton Vosloo bring hulde.
Boekenuus: Reisjoernaal ‘lig die donker’ ná kind se selfdood
Matty Strydom oor haar boek Hier waar ek nou is.
Boekenuus: UJ kondig benoemings vir 3 nuwe literêre pryse aan
Boekenuus: Novelle van Goosen, verhaal deur huiswerker saam uitgegee
AJ Opperman skryf oor ’n nuwe boek by Hemel & See.
10 September
Boekenuus: Goeie nuus oor draaiboek hou SA skrywer toe wakker
Fanie Viljoen se draaiboekverwerking van sy boek Pixel is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse ScreenCraft-animasiekompetisie.
11 September
Feesnuus: Schaffer gehuldig by Tuin van Digters-fees
Nuusberig oor Tuin van Digters 2021
Skrywersgesprek: Fourie praat oor debuutroman met hart en krag
Die skrywer P.P. Fourie praat op 30 September oor sy outobiografiese debuutroman in ’n gratis aanlyn bespreking.
13 September
Resensie: Hugo se ‘Klinkklaar’ ’n goed afgeronde bundel
Alwyn Roux resenseer Klinkklaar deur Daniel Hugo
Resensie: ‘Chic lit’ met lekker vleis aan
Helen Schöer resenseer Die geheime lewe van Gita deur Jacolet van den Berg
Resensie: ’n Storie wat jou enduit boei
J.B. Roux resenseer Wildekus deur Morné Malan
Resensie: Van Nierop-storietyd vir die grootmense
Jean Meiring resenseer Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop
In memoriam: Gedig vir Pieter Fourie
’n Gedig deur Daniel Hugo
14 September
Boekenuus: Renaldo Schwarp gee boek oor gaywees uit
Boekenuus: Galgut haal 3de keer kortlys van gesogte Booker-prys
Hy pryk op dié lys vir sy roman The Promise.
15 September
Boekenuus: ATKV vier die liefde met Veertjies vir Kapp en Davies
Boekenuus: Galgut op Booker-lys ’n ‘yslike kompliment’
Boekenuus: ATKV deel sy Woordveertjies uit
Leesinisiatief: ATKV vereer stigting wat lees bevorder
16 September
Boekenuus: Poland vereer vir roman A Sin of Omission
Marguerite Poland wen die Sunday Times CNA Fiksieprys
17 September
Boekenuus: Carina van der Walt gee nuwe bundel uit
Boekenuus: Anker wen die ATKV-prosaprys
Boekenuus: “Daar kom net een maal in uitgewer se loopbaan só ’n skrywer”
Nuusberig oor die wenners van die ATKV-Woordveertjies
20 September
Resensie: ’n Plesierige leeservaring
Schalk Schoombie resenseer Limerence deur Vincent Pienaar
Resensie: ‘Saggiestrap’ se spore meesleurend, hartseer
Dineke Volschenk resenseer Die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha
Boekevat: ’n Kontrei waar mense ‘waterbedinges’ was
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: Strykdeur onvoorspelbaar
Francois Bekker resenseer Man in die maan deur Etienne Fourie
Profiel: ‘Droomwerk’ ’n gesprek met sy voormense
Elretha Britz skryf oor Pieter Odendaal en sy bekroonde drama Droomwerk
21 September
Boekenuus: Heyns, Trantraal wen UJ-pryse vir vertaling
23 September
Profiel: Só vat skrywer die spoor van Gert Saggiestrap
Elretha Britz in gesprek met Marco Botha oor die skryf van sy debuutroman
25 September
Boekenuus: Rudie en Deon in die pylvak vir boekpryse
Die kortlyste vir die SABA-pryse is aangekondig
Profiel: Geliefde hoender en kie versterk band met Suid-Afrika
Laetitia Pople in gesprek met Linki Brand, bekroonde kinderboekillustreerder wat tans in Noorweë woon.
27 September
Boekevat: Is een geskrewe woord belangriker as ander?
’n Rubriek deur Ilza Roggeband
Resensie: Dekonstruksie as gebundelde terrorisme
Charl-Pierre Naudé resenseer Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte deur Aryan Kaganof
Profiel: Koos Kombuis: ‘Elke dorp moet ’n kunstefees hê’
AJ Opperman in gesprek met Koos Kombuis.
Boekenuus: Marx werk voor sy dood aan roman
Oor die ontslape draaiboekskrywer en regisseur Franz Marx se roman-in-wording wat dalk nou nooit die lig sal sien nie.
28 September
Profiel: Modimolle-monster: Ina Bonnette skryf boek oor aanval
Ina – ’n verhaal van genade en genesing is binnekort landwyd op die rakke.
30 September
In memoriam: Michiel Botha: Wonderwerker van die boekbedryf gehuldig
Huldeblyke uit die boekbedryf vir boekontwerper Michiel Botha.
Boekenuus: Die einde vir SA Raad vir Boekontwikkeling
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:
Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniël Lötter: ’n resensie
’n Hart is so groot soos ’n vuis deur PP Fourie: ’n lesersindruk
Tao van wakker word deur Abel Pienaar: ’n Persoonlike indruk en huldeblyk
Wat Werner doen met sy drie miljoen deur Tertius Janse van Rensburg, ’n resensie
Leef jou nuwe lied deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg: ’n onderhoud met die skrywers
Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet
Die volgende resensies het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 September
Onderhoud: Etienne Fourie gesels met Johan van Zyl oor sy debuutroman, Man in die maan
12 September
Nuusberig: “Afrikaanse boeke se top-pryse toegeken”
Oor die kykNET-Rapport-boekpryse
Wenner: Fiksie – Willem Anker vir Skepsel
Wenner: Filmprys – Sidney Gilroy vir Middernag
Wenner: Jan Rabie-Rapportprys – Weerlose meganika deur Anton Roodt
Wenners: Boekresensente van die Jaar
19 September
Resensie: Nini Bennett resenseer Derde gety: poësie deur Zandra Bezuidenhout
Resensie: Jonathan Amid resenseer Wildekus deur Morné Malan
26 September
Resensie: Loftus Marais resenseer Beautiful World, Where Are You deur Sally Rooney
Resensie: “Debuutromans te kies en te keur”
- Kompoun deur Ronelda S. Kamfer;
- Azille Coetzee se Die teenoorgestelde is net so waar;
- Is mos Oos deur Jaco Alant; en
- Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella
Die volgende resensies het gedurende September op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
7 September
#kouekoffie: Die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees
Al gaan dinge soms hóé woes en gebeur alles op ’n drafstap, is opgee natuurlik nie ’n opsie nie. Dis ’n kwessie van “staan op, trek jou poniestert reg en probeer weer,” skryf Louise Viljoen.
16 September
Jou omvattende vleisgids
Die indrukwekkende verskeidenheid resepte nooi tuiskokke én professionele kokke om die resepte uit te toets – vleis is immers lekker én voedsaam.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
24 September
Dagstukkieboek die ideale geskenk
Die eerste ‘Uit die Beek’-uitgawes is in Nederlands geskryf, maar sedert 1929 verskyn dit ook jaarliks in Afrikaans.
Lees die resensie deur Louise Viljoen.
27 September
Boek van die maand: Die miskruier en die maan
Die titel van die boek is ontleen aan die (Afrika-) verhaal oor hoekom die miskruier nooit ophou om sy bol mis te stoot nie. “Die maan het vir Miskruier belowe sy sal met hom trou as hy al die vuil op aarde opgeruim kry. En daarom beur hy so dapper voort.”
Lees die resensie deur Johan Myburg.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
28 September
Rubriek: Hoe om oor Afrika te skryf
Elodi Troskie skryf oor die nalatenskap van die Keniaanse skrywer Binyavanga Wainaina.
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.
Woensdag 1 September
Ilse Salzwedel gesels met die kinderboekskrywer, illustreerder en skepper van grafiese romans, Andre Trantraal, en Marie Lotz, skrywer van die misdaadroman Roofdier. Johan Myburg gesels oor ’n nuwe Britse letterkundige prys vir vroueskrywers, die Nigeriese skrywer Chibundu Onuzo se nuwe roman en die 100ste herdenking van die geboorte van een van Ierland se bekendste skrywers, Brian Moore. En daar is nuus oor die finaliste vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar vir 2021 en ’n skryfskool in sprokiesagtige Kaapsehoop.
Woensdag 8 September
Ilse Salzwedel gesels met Jaco Fouche, skrywer van Simoelégri. Jy kan luister na ’n uittreksel uit ’n huldigingsprogram oor die werk van prof. J.C. Steyn, taalkenner, skrywer, digter en biograaf, wat die naweek oorlede is. Johan Myburg het nuus oor nuwe werk uit die pen van Salman Rushdie en Colm Toibin, en Kazuo Ishiguro gesels oor die moontlikheid dat ’n robot dalk ’n roman kan skryf.
Woensdag 15 September
Ons bring hulde aan die dramaturg en digter, Pieter Fourie. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg oor die Queensland Premier-letterkundepryse, dreigemente van politieke vervolging deur die regime in Nicaragua teen die skrywer Sergio Ramirez, en meer oor Piranessi, die roman wat pas aangewys is as wenner van die 2021 Women’s Prize for Fiction. Jy kan ook luister na ’n uittreksel uit ’n onderhoud met die skrywer van Piranessi, Susanna Clarke.
Woensdag 22 September
Ilse Salzwedel gesels met Francois Smith, bekroonde skrywer van Die getuienis, wat onlangs verskyn het. Francois gee ook goeie skryfraad vir aspirantskrywers. Madelein Rust beantwoord vyf vrae oor haar jongste spanningsroman 25 Trappe na benede. Jy kan ook uitvind wie die wenners is van vanjaar se ATKV Woordveertjies. In sy internasionale insetsel vertel Johan Myburg onder andere meer oor die boeke op die kortlys vir vanjaar se Bookerprys.
Woensdag 29 September
Suzette Kotze-Myburgh en Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel Stigting se skrywers- en boekprogramme. Sidney Gilroy en Suzette Kotze-Myburgh gesels oor sy roman Middernag, wat onlangs bekroon is as mees verfilmbare roman van 2020, en hoe hy dit regkry om filmies te skryf. Johan Myburg vertel meer oor die Week van het Nederlands, wat vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied word, en bring hulde aan Jack Hirschman, Amerikaanse digter, poet laureat en aktivis, wat onlangs oorlede is.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.
Dinsdag 7 September
Waldemar Schultz lees gedigte deur Magmoed Darwiesj, soos vertaal deur Bester Meyer. In 2009 verskyn Breyten Breytenbach se bundel oor Magmoed Darwiesj: oorblyfsel / voice over wat hierdie Palenstynse digter aan ’n Afrikaanse en Engelse leserspubliek bekend stel. Sopas verskyn Bester Meyer se Die vlug van ’n vreemdeling, vertalings van Darwiesj in Afrikaans met inleidende refleksies deur Breytenbach en ’n nawoord deur Shahd Abusalama. Meer as twintig digbundels en tien prosawerke verskyn uit hierdie krities bekroonde digter se pen en hy word beskou as die stem van sy mense en ’n legende. Sy verse het wêreldwyd aanklank gevind by verskillende groeperinge en word deur sowel arbeiders as skoolkinders voorgedra. Die vlug van ’n vreemdeling beslaan meer as 300 bladsye en vir die eerste keer kan die Afrikaanse leser die trefwydte en impak van die werk van hierdie belangrike digter in sy spreektaal ervaar. Dit is uitgegee deur Naledi en ’n kragtige stuk werk. In Joan Hambidge se woorde: "Bester Meyer se vertalings is aangrypend-mooi."
Dinsdag 14 September
Luister na gedigte oor kindwees, groei en grootword, ouer wees, ouer word (in jare) en die siklus van die lewe. Ma en dogter Riélle en Karli Heine lees die verse voor. Die verse is deur Annesu de Vos, Antjie Krog, Lina Spies, Ingrid Jonker, Ina Rousseau, N.P. van Wyk Louw en Charlene Truter. Jy kan ook uitsien na klanke deur Koos du Plessis, Karen Zoid, Laurika Rauch, Frieda Kruger, Stef Bos en Breyten Breytenbach.
Dinsdag 21 September
Luister na gedigte uit Maskers en mure. Dit bestaan uit 142 gedigte wat saamgestel is deur Daniel Hugo en Francois de Jongh. In Hugo Theart, artistieke direkteur: KKNK, se woorde: "Maskers en mure is ’n uitsonderlike digbundel wat ’n blik gee op ’n waterskeidingstyd toe die wêreld deur ’n pandemie lamgelê is. Die emosies en perspektiewe van 142 uiteenlopende digstemme maak hiervan ’n tydkapsule vir toekomstige lesers. Hoofsaaklik bekende digters, maar ook nuwes, neem ons op ’n emosionele reis waarmee ons eie ervaring van Covid-19 sal resoneer." Ons gaan twee programme afstaan om te luister na die verse uit hierdie bundel. Johann Nel en June van Merch is die voorlesers.
Dinsdag 28 September
Luister verder na gedigte uit ’n pragtige bundel wat onlangs uitgegee is deur Turksvy Publikasies met die titel Maskers en mure.
De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
In hierdie aflewering praat die skywer Pieter P. Fourie en die vertaler Marius Swart saam oor ’n Hart is so groot soos ’n vuis, Fourie se outobiografiese debuutroman. Peter Bergsma, J.M. Coetzee se Nederlandse vertaler, lei die gesprek.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
27 September