Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
4 April
Resensie: Roman maak oë oop vir die wêreld van vroue
Dineke Volschenk resenseer Moer deur Michéle Meyer
Resensie: Wipwarit deur Suid-Afrikaanse geskiedenis
Gert van der Westhuizen resenseer Spoilt Ballots deur Matthew Blackman en Nick Dall
5 April
Profielonderhoud: Roman ‘Eugene’ eindproduk van 20 jaar se beplanning
Hein Willemse in gesprek met Kirby van der Merwe
6 April
Boekenuus: Dié boek oor ekonomie hou hom snags wakker, sê Cyril
9 April
Boekenuus: Bekende skrywer kom gesels in Bloem
Oor ’n skrywersbesoek van Carina van der Walt
Boekenuus: Zim-skrywer en rolprentmaker wen Windham Campbell-prys
10 April
Boekenuus: Voorste lugvaartkunstenaar met gedenkboek vereer
11 April
Resensie: Een voet in die ghetto, ’n ander langs sterre
Jonathan Amid resenseer Eugene deur Kirby van der Merwe
Resensie: ’n Storie vir die fynproewers
Stefaans Coetzee resenseer Hammerman deur Mike Nicol
Resensie: Waar woorde vandaan kom
Sonja van der Westhuizen resenseer The Illustrated Etymologicon deur Mark Forsyth
Boekevat: ’n Soektog na ’n klein enklave van die lig
’n Rubriek deur Jean Meiring
Skrywersnuus: Digter Diana Ferrus ontvang eredoktorsgraad van US
AJ Opperman berig.
12 April
Boekenuus: Hier is die kortlyste vir UJ-pryse
13 April
Boekenuus: SA boeke vir Ibby-pryse benoem
Skrywersnuus: Skrywers en teaterskeppers gesels tydens gratis gesprekreeks in Kunstekaap
16 April
Boekenuus: Boek volg op Bloem-skrywer se ‘moeilikste uitdaging nóg’
Oor ’n Dagreis ver deur Zarine Roodt
18 April
Boekenuus: Kortlys van nuwe Island-boekprys bekend
Boekenuus: Hier is die wenner(s) van die UJ-debuutprys
Boekenuus: Gospelsanger, aktivis wen Andrew Murray-pryse
19 April
Boekenuus: ‘1ste boek oor impak van Grensoorlog op vroue’ in Bloemfontein bekendgestel
Oor Klankgrens deur Maretha Maartens en Magda Slabbert
Boekenuus: UJ-prys ’n ‘victory’ vir almal, sê Ashwin Arendse
22 April
Boekenuus: Skrywer terug in hartland met ‘Going Home to Africa’
Boekenuus: SJ Naudé wen die Hertzogprys
Boekenuus: Hulle wen Akademiepryse vir uitnemendheid
25 April
Resensie: Omvangryk, hoogs leesbaar en vol insig
Joan Hambidge resenseer Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking deur Joanita Erasmus-Alt en HP van Coller
Resensie: Dié krimi in goeie geselskap
Stefaans Coetzee resenseer Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels
Boekevat: Louws se nalatenskap soos eksotiese olyfpit
’n Rubriek deur Daniel Hugo
26 April
Boekenuus: 3 SA skrywers ook deel van koningin se lys
28 April
Boekenuus: Fitzpatrick se sielkundige riller ‘Mara’ nou op die rakke
29 April
Onderhoud: Ronelda Kamfer oor ‘Kompoun’: ‘Al is dinge hóé toxic...’
30 April
Boekenuus: SA’ner verkoop Afrikaanse kinderboeke aanlyn in Australië
Boekenuus: Johannes de Villiers se nuwe boek by Naln bekend gestel
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:
’n Pragboek deur twee bekwame joernaliste: Spoilt ballots deur Matthew Blackman and Nick Dall
Gesofistikeerd, intelligent; ’n resensie van City of the dead deur Jonathan Kellerman
107 kaalkoppe: Nataniël lê op sy maag op Planeet Kaalkop en kyk na die chaos op aarde
Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)
Anderkant die blou deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie
Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard: ’n resensie
Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster
Nog stories teen my muur deur Matthys Strydom: ’n resensie
’n Liefdesverhaal wat Ierse mites ontsluit: Droomboom deur Marie Spruyt
’n Historiese roman, met Gotiese elemente: ’n resensie van Pandora deur Susan Stokes-Chapman
Die ompad terug deur Helena Hugo, ’n lesersindruk
Inferno, vertaal en verklaar deur Cas Vos: ’n lesersindruk
Vlam deur Sidney Gilroy: ’n resensie
Rise deur Siya Kolisi en Boris Starling: ’n lesersindruk
Uitvoergehalte: ’n resensie van Hammerman deur Mike Nicol
Die dodelikste donuts in die heelal: ’n onderhoud met kinder- en jeugboekskrywer Cecilia Steyn
Kompoun: Ronelda Kamfer en Annemarié van Niekerk práát
Oom Bey, my pa - die stemme in Henque Heymans se kop
As die katjiepiering blom: ’n onderhoud met Audrey Jantjies
Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 April
Resensie: Jonathan Amid oor Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard
10 April
Resensie: Daniel Hugo bespreek Aarde na firmament deur Lina Spies
Resensie: Fanie Olivier resenseer Die geheim van Mussolini se kaart deur Constant van der Merwe
Nuut op die rak: “Alles van geskiedenis tot geldsake”
- Herlewing: Transvaal en die grensgebiede in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman;
- A century of South African naval history: The South African Navy and its predecessors, 1922–2022 deur prof André Wessels;
- Masters of Money: Strategies for Success from the CFOs of South Africa’s biggest companies deur KC Rottok Chesaina;
- Steven Boykey Sidley en Simon Dingle se Beyond Bitcoin: Decentralised Finance and the end of banks; en
- Tania Weich se You can own your own home: A step-by-step guide for the first-time home buyer
17 April
Resensie: Trisa Hugo oor Meer as jou seerkry: Groei as jy stukkend is deur Johannes de Villiers
Resensie: Jonathan Amid resenseer Die wonderwêreld van Willem Landman deur Johan Kruger
Voorskou: “Nuwe kure vir krimikoors”
- Op die duiwel se spoor deur Ben “Bliksem” Booyens en Nicki Gules;
- Marnus Hattingh se Zanzibar Zen;
- Christelle Van Rooyen-Wessels se Om beter te kan moor; en
- Monster deur Rudie van Rensburg
Nuut op die rak: “’n Keur van nuwe kortkuns”
- Helena Gunter se Die hart het sy redes;
- Carien Smit se kortverhaaldebuut, Bot; en
- Emile Joubert se outobiografiese Krummels in my koffer: Stories oor kos en plekke
24 April
Resensie: Jean Meiring oor Die verleiding van Eva de Winter deur Louis Krüger
Resesensie: Jonathan Amid resenseer The Man Who Loved Crocodile Tamers deur Finuala Dowling
Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
5 April
Kortpad-Afrikaans
Dit is nie net taalwerkers wat hierdie taalhulpbron vir taalaanleerders en taalvaardiges van waarde sal vind nie. Enige iemand – leek of kenner – met ’n liefde vir Afrikaans en wat graag hulle taalvaardigheid wil opskerp, sal hierdie boek geniet en gereeld na verwys.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
19 April
Kosbaar
Ek het nou maar eenmaal ’n swakheid vir kookboeke, en deesdae s’n is mos kunswerke in die kleine.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
22 April
CJ Langenhoven se spookstories
Ek glo die bundel sal ’n nuwe generasie Langenhoven-lesers aanspoor om hulle verbeelding te gebruik en ook vir Ouma en Oupa te vra om vir hulle stories uit dié se kleintyd te vertel. Daar is sóveel kosbare familiestories wat verlore gaan omdat dit nie opgeteken word nie, skryf Louise Viljoen.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
9 April
Uittreksel: ’n Hart is so groot soos ’n vuis deur PP Fourie
27 April
Rubriek: Marcel Spaumer oor mag die diep slaap jou dan deur Hilda Smits
Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
Daar was geen aflewering in April nie. Die volgende program word in Mei vrygestel.
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 6 April
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Michelle Meyer oor Moer, haar aangrypende en soms ontstellende debuutroman oor moederskap. Joan Hambidge bring hulde aan die digter Johan van Wyk, en jy kan ook luister na ’n uittreksel uit ’n onderhoud met die digter en skrywer Ronel Nel. Albei is verlede week oorlede. Johan Myburg het nuus oor die wenner van die Rathbones-Folioprys, Colm Toibin, en die agt wenners van die Windham-Campbelpryse. Daar is ook ’n aangrypende gedig, voorgelees deur die Russies-Amerikaanse digter Ilya Kaminski self, oor oorlog.
Woensdag 13 April
Sally Andrew se Tannie Maria misdaadromans is reeds in 14 tale vertaal en ook in ’n internasionale TV-reeks verwerk. Ilse Salzwedel gesels met Andrew oor The Milktart Murders. Daar is reeds vier boeke in die reeks, wat in die styl van die Agatha Christie-misdaadverhale geskryf is, maar met ’n lekker koskinkel in die kabel, want Tannie Maria is boonop ’n troostante wat heerlike kos en resepte gebruik om mense met hulle probleme te help. Die jongste Tannie Maria-boek, The Milktart Murders, is op Nasionale Melktertdag uitgereik, en ja, daar is melkterte in die storie! Johan Myburg het nuus oor ’n Britse leesveldtog, ’n kortverhaal van die Japannese skrywer Haruki Murakami wat gelei het tot ’n rolprent wat met ’n Oscar bekroon is, die Hay-letterkundefees in Wallis en die kortlys vir die Booker International-prys vir vertaalde werk. Dis weer tyd vir RSG en Sanlam se jaarlikse radiodramaskryfkompetisie. Kobus Burger vertel meer. Twee bekendes in die boekewêreld, Frederik de Jager en Frieda Le Roux, vertel watter boeke hulle betower het.
Woensdag 20 April
Kirby van der Merwe gesels met Suzette Kotze-Myburgh oor sy tweede roman, Eugene. In die #BoekeWatBetower-bydrae vertel skrywer en joernalis Annemarie van der Walt van die vyf boeke wat sy vir haar dogters gekoop het toe hulle die huis verlaat het, en van die besonderse manier waarop die roman Boendoe van Chris Barnard haar lewe verander het. Voornemende skrywers van radiodramas kan uitsien na goeie skryfraad in Ina Strydom en Kobus Burger se radiodramaslypklasse. In Johan Myburg se bydrae kan jy meer uitvind oor twee topverkoperskrywers, Jack Higgins en David McKee, wat albei onlangs oorlede is, en Tomb of Sand deur Geetanjali Shree (in Engels vertaal deur Daisy Rockwell). Dis een van die boeke op die kortlys van vanjaar se Booker International-prys vir vertaalde werk.
Woensdag 27 April
Ilse Salzwedel gesels met Jeanette Stals oor haar jongste spanningsroman, Bloedbande. Die wenners van die Akademie vir Wetenskap en Kuns se letterkundige pryse, asook die UJ-pryse, is onlangs aangekondig. Leon van Nierop en Ina Strydom vertel meer van die nuwe RSG-middagvervolgverhaal, Het van Verlangekraal, wat op ’n roman uit 1960 gebaseer is. Wil jy ’n radiodrama skryf? In vanaand se slypklas kan jy meer leer van die radiodrama as genre, en hoe jy klank daarin kan gebruik. Johan Myburg vertel van ’n nuwe letterkundeprys vir skrywers van Afrika, die nuwe Gabriel Garcia Marquez-biblioteek in Barcelona, en vanjaar se wêreldboekehoofstad, Guadalajara in Meksiko, se inspirerende boekeprogram. Nedine Petrick praat oor haar #BoekeWatBetower.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 5 April
In 2017 is die AVBOB Poetry Project geloods, wat ’n uitlaatklep bied aan digters wat die behoefte voel om hulle emosies oor die verlies van ’n geliefde in woorde uit te druk. Sedertdien kan digters in alle amptelike tale jaarliks deelneem aan ’n kompetisie waarvan die wenners ’n kontantbedrag ontvang. Hulle wengedigte verskyn dan in druk in die I wish I’d said-bundels. Richard van der Westhuizen en Antoinette Kellermann lees gedigte voor uit die bundels I wish I’d said Vol. 1 & 2.
Dinsdag 12 April
In 2017 is die AVBOB Poetry Project geloods, wat ’n uitlaatklep bied aan digters wat die behoefte voel om hulle emosies oor die verlies van ’n geliefde in woorde uit te druk. Sedertdien kan digters in alle amptelike tale jaarliks deelneem aan ’n kompetisie waarvan die wenners ’n kontantbedrag ontvang. Hulle wengedigte verskyn dan in druk in die I wish I’d said-bundels. Richard van der Westhuizen en Antoinette Kellermann lees gedigte voor uit die bundels I wish I’d said Vol. 3 & 4.
Vrydag 15 April
In hierdie spesiale Goeie Vrydag program met gedigte en voorlesings deur van ons grootste digters en skrywers, herdenk ons die kruis as teken en oordink wat dit vandag steeds vir ons beteken. Jy kan uitsien na gedigte deur NP Van Wyk Louw, Sheila Cussons, Lina Spies, IL de Villiers, WEG Louw, Eveleen Castelyn, Koos van der Merwe, Linda Rousseau en Cas Vos. Johann Nel, Marion Holm, Susanne Beyers, Kay Smith en Chris van Niekerk is die voorlesers.
Dinsdag 19 April
Die digter Colin Steyn gesels oor sy debuutbundel, Staf sonder maat. Colin is bekend met kontraste, en verlies aan verskeie fronte het deel van sy reis geword. Hy was van jongs af lief vir taal en om ervarings te verwoord. Dit was egter eers ná die heengaan van sy lewensmaat van 32 jaar dat hy meer ernstig begin dig het. Dit het gou uitgekring na ander temas wat hom na aan die hart lê. Geloofsperspektiewe, lyding en lewensopvattings was onafwendbaar deel daarvan. Hy is ondersoekend van aard en glo dat moeilike vrae veel meer tot die sin van die lewe bydra as maklike antwoorde.
Dinsdag 26 April
Frieda van den Heever lees gedigte voor uit Hilda Smits se bundel, mag die diep slaap jou dan, wat in 2021 deur Protea Boekhuis uitgegee is. Smits se debuutbundel is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir poësie in 2017 en hierdie tweede bundel van haar word eweneens met groot lof ontvang deur die literêre gemeenskap. Dit is ’n bundel wat die leser boei en uitdaag, aan die raai hou, verwar, verdwaas en doelbewus sonder die gewone krukkies laat waarmee ons gedigte verstaan, skryf Hein Viljoen. Joan Hambidge beskryf dit as ’n verruklike bundel.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.
In hierdie aflewering word vier romans bespreek: Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julio Agrella; Kaap deur Hans Pienaar; Moer deur Michelle Meyer en Stillewe deur Marie Spruyt. Daar is ook twee ateljeegaste wat oor hul werk kom gesels: Francois Bloemhof oor sy roman Kry vir jou en dr Mia Oosthuizen oor haar kinder- en jeugboekkursus.
’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
26 April
Resensie: Man op ’n fiets êrens heen deur Frederik de Jager
(vir Fine Music Radio)
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
23 April
Resensie: Joan Hambidge resenseer Skin rafts deur Kelwyn Sole
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in April verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud deur Phyllis Green met Kirby van der Merwe oor Eugene
Onderhoud deur Phyllis Green met Louis Krüger oor Die verleiding van Eva de Winter
Liani Jansen van Rensburg resenseer Wit leuen deur Ruan Kemp
Sarel van der Walt resenseer Terreur en bevryding deur Leopold Scholtz
Boekuittreksel: Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers
Phyllis Green resenseer Unforgiven deur Liz McGregor
Phyllis Green bespreek Mindfulness deur Helen Nicholson
Resensie deur Susan Puren: The Boy Who Never Gave Up deur dr Emmanuel Taban met Andrew Croft
Onderhoude en resensies in SARIE se tydskrif-uitgawe, waartoe intekenare van Netwerk24 by hierdie skakel toegang kan kry.
- ’n Onderhoud deur Lydia van der Merwe met Alita Steenkamp, spookskrywer van verskeie Afrikaanse biografieë
- ’n Onderhoud deur Suzette Truter met met Mart-Mari Breedt, skrywer van Tagtig kilo’s se skuldlas: Die proses om die emosionele gewig te verloor
- ’n Uittreksel uit ’n onderhoud deur Phyllis Green met Leandie du Randt oor My hacks vir die lewe
- Onderhoud deur Phyllis Green met Sidney Gilroy oor Vlam
- Resensie deur Phyllis Green: Droomboom deur Marie Spruyt
- Resensie deur Karien Labuschagne: As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies