Pasgelaai
Huisgenoot stel boekeseksie bekend
2009-06-05 Wat 'n plesier - ons het boekeblaaie in Huisgenoot!Soveel nuwe boeke verskyn elke jaar dat selfs mense wat dan en wan by 'n groot stadsboekwinkel gaan inloer, nie meer kan tred hou nie. Daarom maak ons in die tweede Huisgenoot van elke maand ...
Bokomo-brekfisbrief; 05/06/09: Die Gaucho's vra oor Rabbie
2009-06-04 Oppad terug plaas toe van Montevideo af, het ek by die plaaslike cantina gestop. Dit is 'n lang pad en ek wou net gou ietsie drink voor ek verder ry. Buite het 'n ry perde vasgemaak gestaan, soos die Gaucho's (cowboys) die ...
Marlene van Niekerk se idees oor musiek en die aanwending van verwysings daarna in Agaat
2009-06-04"Alhoewel Van Niekerk verklaar dat sy musiek gebruik om karakters mee in te kleur, is sy van mening dat daar nie verbande tussen die karakters in Agaat en haarself getrek moet word nie. Tog bevestig sy hoe belangrik musiek in haar eie lewe is en hoe belangrik musiek in die lewe van die karakters in die roman is."
Bokomo-brekfisbrief; 04/06/09: As Afrikaans ʼn vrou was
2009-06-04 As Afrikaans 'n vrou was en ek haar man, het ek die tafel ongedek gelos.Sy staan by die ruit, haar deursigtige wit bloes balsem haar ferm kontoere in die vrugtige herfslug. Sy kyk nie na my nie, sy kyk hoe die lewe buite haar ...
Die man met die spuitnaald/vulpen – Johann de Lange se Die algebra van nood
2009-06-03 De Lange se bundel word in agt afdelings verdeel: Hiermaals; Bedrieglike paradyse; Naspele & voortvlugte; Ars poetica; Die handgrepe van hartstog; Die meervoud van verdriet; Wat sag is; Memento mori.
Bokomo-brekfisbrief; 03/06/09: Vervaldatums en herinneringe
2009-06-02 Met die lees van oester en Pouveer se briewe oor hul onderskeie onderwerpe wil ek ook graag my straaltjie in die stroompie maak. Hoe ouer 'n mens word, hoe helderder kom jou herinneringe terug. Snaaks, maar 'n mens is geneig ...
Irma Joubert se Verbode Drif ’n lekkerlees-treffer
2009-06-02 Met storieprospekteerder Irma Joubert se verbeelding skort daar niks. Haar jongste fiktiewe skat, Verbode Drif, straal die kontrasterende ideologiese wêrelde van Afrikaners en Jode uit, verweef taal en godsdiens vernuftig, en wys dat ’n onwrikbare geloof in liefde enige probleem die hoof kán bied.
Moerbuityd stel Daleen Maas se vakmanskap deeglik ten toon
2009-06-02 Die bui is moerig, beangs en verward. Vianne gaan deur ’n krisis, hoofsaaklik weens haar frustrasie veroorsaak deur die onvermoë om haar senutoestand en fragiele geestesgesondheid te verstaan.
Bokomo-brekfisbrief; 02/06/09: Voorspoedige Nuwejaar
2009-06-01 Die middernagdiens is verby en haar vriende laai haar by die huis af. Die tuin is vol bruinpapiersakke met brandende kerse in sand geanker. Om die huis brand gekleurde stringe liggies. Sy loop verby die dansende mense, verby die donker ...
Bokomo-brekfisbrief; 01/06/09: Naas, my Koevoet-vriend (vir Oester)
2009-05-30 Hy was my vriend se ouer broer, groot sterk Naas. Sy van los ek maar, sy familie is nog rou. Dekades later.Goeie sportman, effe lui met die skoolwerk, maar slim. Baie slim. Altyd effe aan die eenkant, al het hy baie tjomme en girls ...
Bokomo-brekfisbrief; 31/05/09: Ateïs in die hemel - finale episode?
2009-05-30 (Hiermee volg die finale episode van Ateïs in die Hemel en die oplossing van die vierde vlak.)In die vorige episode het die woedende engel "hel" as bestemming op beide kaartjies geskryf, waarvan Gabriel een moes kies. ...
Bokomo-brekfisbrief; 30/05/09: Om 'n SêNetter te wees
2009-05-29 E-pos is die grondslag van die wonder van SêNet. Hier sit ek alleen op 'n pragtige dag en kyk oor die see en kan, as ek so voel, my gedagtes deel met mense waarvan ek moontlik nog nie 'n enkele een gesien het nie. Wat ek ...
Bokomo-brekfisbrief; 29/05/09: Brood vir die geelvink
2009-05-28 Ek maak vroegoggend die agterdeur oop. Ek gaap lui terwyl ek my voorkop teen die veiligheidshek se tralies druk. Lekker lui en halfwakker beskou ek my klein agterplaas.Die tuinslang lê in die een hoek en die storm het laasnag ...
Bokomo-brekfisbrief; 28/05/09: Ouetehuise en weeshuise, FW
2009-05-27 Jy is reg. Waar ek ookal in Afrika of die Ooste was, is ouetehuise en oues wat nie deur hul naastes versorg word nie, iets vreemd. Ditto kinders.Die oues het klaar hard gewerk, maar hulle het nie opgehou werk nie. Hul pligte is nou meer ...
’n sagte Kaapse winternag
2009-05-27 stil en killer word die dae en veraf die nagte soos skepe, en bros uitgeroes die luike teen die vlae van milde reën wat mot en muf en in eikehoutvate sterker oud word, soos geparste Shiraz. - - - - - - - - - - - ...
Met vreemde karakters en intriges sal Harde woorde jou tyd opslurp
2009-05-27 Harde Woorde, deur die veelsydige en veelbekroonde skrywer Francois Bloemhof, is ’n speurverhaal met ’n kinkel.
