Bokomo-brekfisbrief; 26/11/09: Eenvoudig

  • 3

"... jy moet guts hê, en alles sê voor God. Never mind the judge of die koort van hierdie wêreld, maar voor die Here moet jy erken ..." - Map Jacobs uit Adam Small se Krismis van Map Jacobs.

Op die hoek van Andrew Gordon en St Josephlaan in Eersterust, Pretoria is daar 'n eenvoudige kleuterskool. Die kleuterskool verbloem egter 'n storie wat sinoniem met Suid-Afrikaanse teater en televisie is.

Dit was die woonhuis van Lulu Strachan - wat in lewe 'n strydros in die teaterwêreld was. Onder die produksies wat sy as aktrise aangepak het, was Kanna hy kô Hystoe en Krismis van Map Jacobs. Wat my genoop het om oor Tant Lulu te skryf is haar verskyning op die heruitsending van Die Mannheim-sage. En onlangs was sy op DSTV se M-Net Stars in Mamza verskyn.

My vriend Anthony "Speedo" Wilson skryf die volgende oor haar:

Lulu Strachan het saam met ons vir ERUK (Eersteruste Raad vir die Uitvoerende Kunste) gespeel in die musiekblyspel Noah. Die regie was behartig deur Douglas Thistlewhite en ons voer die premiere hiervan in die Piet vd Walt Teater - Pretoria Skougronde op.

Lulu was saam met ons in produksies vir TRUK in:
1. Kanna hy kô Hystoe - Regie Louis van Niekerk en skrywer Adam Small.
2. Kruispaaie - Vertaling en regie deur Louis van Niekerk - Dié stuk is die vertaling van die Russiese dramaturg Maxim Gorki se Lower Depths.
3. Krismis van Map Jacobs - Regie Louis van Niekerk en skrywer Adam Small. Ons het ook die premiere van die stuk gedoen. Ons cast pryk op die voorblad in die gepubliseerde weergawe van dié drama.
4. Ek en Lulu speel saam is die Alba Bouwer kinderreeks Stories van Bergplaas vir SABC. Die reeks is destyds in Paarl verfilm en ons kon net met die kinders na-skool werk. Daar was nogal 'n groot polemiek oor dié produksie. Sien Die Burger van destyds. Regie en aanpassing van die teks vir TV deur dr Hermien Dommisse.
5. Ons speel ook saam in die SABC-reeks Rosie, die pienk kar Regie: Bronwyn Cawood. Die reeks is geskoei op die Engelse TV-reeks The Yellow Rolls Royce. - Obviously aangepas vir SA. Jy weet mos hoe kon sommige mense maak asof hulle so oorspronklik was.
6. Lulu se grootste rol was in die SABC-produksie van die FA Venter roman Geknelde Land.
7. Sy speel die titelrol in die speelfilm Mamza, wat sopas al 'n aantal keer op DSTV uitgesaai is. Sy's die shebeen-eienaar. Hierdie film is geskoei op die toneelproduksie Gryskatte onder spinnerakke wat in improvisasie geskep is deur - Anthony Wilson, Paul Jacobs, James Winkler, Zeona Jacobs en Lulu Strachan. Die regie is destyds (1981) behartig deur Johan Blignaut. Die produksie toer deur die ou Transvaal. Die teks is vir TV aangepas deur Anthony Wilson en Johan Blignaut. Mamza is 'n storie wat in die bruin gebied (Cape Location) Marabastad - Pretoria afspeel. Die Kaapse Lokasie (Cape Reserve) bestaan vanweë die groepsgebiedewet nie meer nie. Die teks is toe aangepas en in Coronationville, 'n bruin gebied in Johannesburg, verfilm. Regisseur en vervaardiger: Johan Blignaut. Assistent-regisseur Anthony "Speedo" Wilson.

Wat egter uitstaan van haar loopbaan is dat sy 'n baanbreker was. Baie van vandag se vermaalikheidspersone uit die bruin gemeenskap besef nie watter opofferings is daar gemaak deur hul voorgangers nie. Apartheidsgriewe, probleme oor kleur en dies meer.

Tog, ondanks haar baanbrekerswerk was sy 'n eenvoudige mens - soos die huis getuig. En 'n "Môre Auntie Lulu" was altyd genoeg vir haar - daarvan het haar glimlag getuig.

Dit is eers nou wat 'n mens besef sy was werklik 'n reus.

Yuri

  • 3

Kommentaar

  • Hi Yuri
    Dankie vir jou skrywe oor my ma. Ek was vandag eers hierdie link gegee en het elke stukkie geniet. Ek stem veral saam dat sy 'n "unsung heroine" in hierdie moderne tyd is en dat sy een van die belangrike baanbrekers in ons land was. Dankie ook aan jou Speedo vir jou konstante herinnering aan hoe awesome sy was!

  • Dankie Yuri en oom Speedo vir die wonderlike sê oor my ma, sy was ’n held en sal altyd een bly in die harte van baie. Sy was ’n wonderlike persoon met ’n hart van goud en enigeen kon met vrymoedigheid dee Al haar flieks wat ek onthou was wonderlik. Groete, Tanya Strachan.

  • Abigail Roodt Cheong.

    Hi yuri,
    As the youngest sister of Lulu Strachan, I read this with sweet melancholy. So touched that people remember her in such a beautiful way. Thank you Anthony for this informative piece of the life she portrayed both on screen and stage.

    Yes, my sister was the most humble person I know. Never complained. She loved the arts, was an ardent reader of the best novels ever written. Thank you for reawakening the memories of a loved mother, sister, aunt and friend of many.

    To all 13 of her children, your mum was a legend. Her life story would make the best autobiography the world could ever read.

    Lulu Roodt Strachan, gone but not forgotten.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top