Kommentaar

Is ons regtig verbaas oor die proteste?

Stuiwer 2018-07-19 Die teenantwoord kan wees dat jy met die afbreek ’n uitlaatklep soek, net jou eie selfsugtige behoeftes bevredig. Dit doen niks vir jou gemeenskap nie. Dit is seker nie verregaande om te vra: Wil so 'n gemeenskap ipv mors en brand en klipgooi, nie oum

Is ons regtig verbaas oor die proteste?

Johan Beyers 2018-07-19 Ek het die artikel skepties begin lees, maar moes baie gou saamstem met wat gesê is. Baie dankie vir die oog-oopmaker - somtyds is dit baie nodig om die waarheid te hoor.

Is ’n filantroop met ’n skildery bedrieg?

Francois Verster 2018-07-18 Uitstekende artikel, getuig van wat 'n kennersoog kan uitwys.

Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 1)

Rosien Keyser 2018-07-18 Kan nie wag vir die volledige Bybel in Kaaps nie.

’n Onvoltooide tapisserie: fakkeldraer Vearey se Jeremy vannie Elsies

Johnnes Comestor 2018-07-18 Daar is ooreenkomste en verskille by mense. Deesdae word die ooreenkomste beklemtoon en is daar die neiging om verskille te ignoreer. Ek deel Vearey se bekommernis oor die tirannie van homogeniteit. Geen twee mense is eenders nie; selfs nie identiese twee

Kreolisering, die Afrikaanse letterkunde en kultuur: ’n onderhoud

Johnnes Comestor 2018-07-18 Twee soorte globalisering is hier ter sprake: geografies (bv kolonialisme en die internet) en kultureel. Daar is uiteraard ook wisselwerking tussen hierdie twee. In Westerse lande (bv in Amerika en Europa) is daar tekens van hernude en toenemende belangst

Vrystaat Kunstefees 2018: Afrikaans nie op kunstefeeste gered nie

Johnnes Comestor 2018-07-18 Marnus, dit is ironies om te spesifiseer waar begin moet word om mense ten bate van Afrikaans te aktiveer. Eerstens, Afrikaansinstansies soos die ATKV, ATM, ATR, FAK, LitNet en die SA Akademie vir Wetenskap behoort byeen te kom en gesamentlik op 'n plan v

Graad 12-rekordeksamen 2017: vraestelle en memoranda

Liezel Bekker 2018-07-18 Hi, enige hulp vir Graad 12 Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskap?

Ek vistaan

Delicia Arendse 2018-07-18 Pragtig my kind

Winter in die Bo-Karoo

Ricardo 2018-07-18 Vreeslik dance, Samira, ek waardeer dit baie.

Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey: ’n resensie

Erika Oosthuysen 2018-07-18 Die wies en die wats het ons in die redigeerproses laat kopkrap, maar ons het so min moontlik ingemeng met Jeremy se trefseker gebruik van verskillende taalregisters. Wie word algemeen erken as standaard-Kaaps. Bly jy het die boek geniet. Die uitgee daa

Graad 7-wiskundevraestel: kwartaal 1

LitNet 2018-07-18 Hallo! Hier is 'n skakel na 'n indeks waar al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is, aangedui word: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi

Onderhoud: Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry

LitNet 2018-07-18 Hallo Johannes, dankie vir die navraag. Ek is jammer om te hoor jou kind sukkel met wiskunde. Op ons webwerf kan sy gratis vraestelle aflaai en dit vir oefening gebruik. Daar is ook 'n memorandum/antwoordstel by elke vraestel. Hier is 'n skakel na die ind

Leeskringe: uithangplekke of ’n amulet teen die vuur?

Theo 2018-07-18 Alle boekklubs wat by ons hotel byeenkom kry 'n wesentlike afslag op akkommodasie, of bring 'n gunsteling skrywer saam wat gratis gehuisves sal word. Karoo Art Hotel, Barrydale. www.karooarthotel. co.za

Onderhoud: Marise Oberholzer vertel hoe jou kind wiskunde onder die knie kan kry

Johannes 2018-07-18 Hallo en dankie vir die geleentheid. My meisiekind is in Graad 7 en sukkel erg met wiskunde. In Graad 6 was haar jaareindpunt 65% en nou in Graad 7 met die Junie eksamen slegs 35%. Hier is niemand wat ekstra klasse aanbied nie. Ons bly op 'n baie klein do

Graad 7-wiskundevraestel: kwartaal 1

Francis 2018-07-18 Gr 7 en gr 8 vrae stel vir 1ste en 2 de kwartaal 2018

Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans

JC 2018-07-17 Dankie Mercy, ek is verskriklik dankbaar om 'n medestryder vir ONS pragtige taal in jou te hê. Ons as Afrikaanses en broeders en susters met 'n gemeenskaplike erfenis, geskiedenis en natuurlik taal, MOET verenig en ons magte konsolideer sodat ons die toe

Graad 7: SW (Geskiedenis), vraestel en memorandum

Jacky Retief 2018-07-17 Baie dankie hiervoor. My kleinkind bly by ons en sukkel om te leer. Dit sal baie help.

Wanneer Pretoria wakker skrik ...

Reusedwerg 2018-07-17 Haw bo Yuri, waarvan praat jy nou? Pretoria het demokratiseer en transformeer. Wat probeer jy so tussen die lyne tuisbring? Was verlede maand na 'n afwesigheid van vier jaar weer in Pretoria. Die stad het net 'n bekoring wat geen ander stad het nie. Johan

Onteiening van grond sonder vergoeding: implikasies vir die definiëring van politiek in Suid-Afrika

Hans Richardt 2018-07-16 SA Grondwet word bollie gemaak, sou grondonteiening gebaseer op ras voortgaan. Almal is gelyk voor die reg, mbv Ingonyama-trust uitgesluit? Onsamehangend op sy beste.

Vrystaat Kunstefees 2018: Afrikaans nie op kunstefeeste gered nie

Matthys Strydom 2018-07-16 Ek stem saam dat Afrikaans nie by kunstefeeste gered kan word nie – ook nie by enige Staatsopvoedingsinrigting nie. As daar nie privaatskole en universiteite kom wat Afrikaans as noodsaaklik beskou nie, sal ons taal 'n argieftaal word. En wat moedertaa

Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans

Johnnes Comestor 2018-07-16 'n Beter invalshoek is dat almal wat Afrikaanssprekend is hulle beywer vir 'n Afrikaans wat so vry moontlik van onnodige Engelse woorde is.

Week van de Afrikaanse roman

Ingrid Glorie 2018-07-16 Die volgende Week van de Afrikaanse roman word gehou in September 2019. Nou is dit eers tyd vir die vierde Festival voor het Afrikaans: 22 en 23 September 2018 in De Brakke Grond in Amsterdam. Met onder meer Laurika Rauch, Sandra Prinsloo, Gert Vlok Nel,

Afrikaans se grootste topverkoper

Gert Maree 2018-07-16 Goeie dag ,ek is ook al lank op soek na ’n eerste Afrikaanse vertaling ,maw ’n 1933-vertaling, sonder enige sukses. Ek wil nie ’n digitale weergawe hê nie ,ek soek ’n Bybel wat of op my koffietafel of lessenaar kan lê.

Philip Wilson: die finale spyker in die Rooms-Katolieke kis?

Dawid 2018-07-15 Hierdie verslag is die produk van swak navorsing. Die Katolieke Kerk het wel protokolle ontwikkel en geïmplementeer in elke bisdom. Die verskynsel van misbruik van kinders binne religieuse instansies (Katolieke kerk ingesluit) is laer as in ander sekulÃ

Video: Die Afrikaners word bekendgestel

Gerda Thiart 2018-07-15 Hi het julle die 26 uitgawes soos verskyn op TV nie op n cd nie? Ek is ’n Geskiedenis-onderwyseres en sal dit graag wil koop om dit saam met my lesse aan te bied in die klas. Ek kyk die program op tv en vind dit regtig baie leersaam en vir die kind wat

Wenners van die nasionale skryfwedstryd van Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) bekend

Ronel Dunn 2018-07-15 Ek is trots Afrikaans. Dit is duidelik dat ons baie talent het. Graag sal ek wil weet wie is die wonderwerker by DF Malan en waar op aarde is die ander skole!

Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk

Di Lake 2018-07-15 Nee, ek weet nie wat die nuutste in die NGK is nie, maar Barend is reg, net soos ander antieke beskawings, is die Bybelse tye interessant en mense van geloof is eintlik sulke goeie gawe mense. So mens kan in vrede verskil. Pas mooi onderhoud met Dr Bartle

Week van de Afrikaanse roman

Elsbeth Lutsch 2018-07-15 Wanneer trek die skrywers saam?

Terugblik op 60: Wat wou ek hê?

Christelle 2018-07-14 Hi Marita, skoon geskrik toe ek my naam sien. Herinneringe van Stellenboschdae is nog baie helder. Veral ons trippie na Stilbaai een Paasnaweek- dit was actually ’n avontuur. Ek het nes jy vir maande gewroeg oor die nommer 60, maar besef dit is net ’n

Persverklaring: Sara se geheim, ’n nuwe kykNET-dramareeks

Ria 2018-07-14 Ek is so teleurgesteld dat hierdie seisoen nou klaar is, hoop regtig daar gaan nog wees :(

Wiskundehulp: Faktorisering vir graad 10-leerders

Annelle Ungerer 2018-07-13 Julle is Amazing

Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey: ’n resensie

Adinda Vermaak 2018-07-13 Ek vertel net vanoggend vir my susters van Jeremy Veary se boek en ook hoe ek van plan is om vir die Afrikaansonderwysers op my e-pos-lys aan te beveel dat hulle die boek moet koop, dit moet lees en vir hulle leerders moet gee om ook te lees. Wat ek bygev

Thys & Trix: ’n filmresensie

Annette Hansen 2018-07-13 Ek is baie bly oor die eerlike resensie. Ek sal nie die moeite doen om die film te gaan kyk nie. Oor die algemeen vind ek Afrikaanse komedie vervelig, flou en beslis nie snaaks nie. Dis soos party Amerikaanse humor wat nie aanklank vind by baie Suid-Afrik

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid, vraestel 1 en memorandum

LitNet 2018-07-13 Hallo Zandri, jy kan enige vraestel gratis aflaai deur op die skakels te klik. Dis gratis beskikbaar en jy hoef nie te registreer om daartoe toegang te verkry nie. Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.

Wit bevoorregting as beskerming vir swart mense?

Reusedwerg 2018-07-12 Jy het 'n interessante aanname gemaak. Almal is deesdae te bang om hul werklike menings te lug. Dit is 'n vrees om ander te na te kom of te affronteer. Elke saak het drie kante, joune myne en die waarheid/werklikheid. Mense moet ophou om gemoedsbekakkings

Graad 10: Wiskundige Geletterdheid, vraestel 1 en memorandum

Zandri 2018-07-12 Ek sal graag wil registreer en vraestelle wil uitwerk

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Hélène Lewis 2018-07-12 Daar's iets wat Nathan raakvat in sy skrywes wat ek mis by meeste skrywers, (geskiedkundiges ingesluit). Dis asof hulle lykskouings hou met hulle “stories”. Asof hiérdie mens ... hierdie ”lyk” – 'n bloot eendimensionele ding was met plek en d
Top