
Die standbeeld van Cecil John Rhodes op die kampus van die Universiteit van Kaapstad voordat dit verwyder is | Foto: Danie van der Merwe, Openbare domein, Wikimedia Commons
Opedag by UCT
Rhodes se statue is nou toe,
maar wie benefit en hoe?
Die tyres het gebrand,
die land was in opstand.
Wie benefit en hoe?
Hippies run nog die show,
maar hulle sê dis net vi nou
Rhodes se statue is toe.
Met grys cardboard
Wat is dai suppose om te mean?
Die outlook?
Die future?
Ons future?
Is dit ook gewrap in grys?
Ek wil graag wiet:
Wie benefit en hoe?


Kommentaar
Pragtige, oop en oneindige vraag! Vir die nasie ...
Skitterend!
Die vrae!