Destyds het die Dominiee ons vertel hoe beinvloed musiek ons denke en optrede, hy het die Beatles se “Rock ‘n roll music” vir ons gespeel en mens se voete het gejeuk.
Eergister kyk ek (weereens) na Cast Away met Tom Hanks, en as daardie musiek van Alan Silvestri: Cast Away theme, speel, dan raak jy so hartseer en verlang na jou oorle Ma of na enige iets, dit is diep depressing sonder dat jy verstaan hoekom.
Pieter


Kommentaar
Stem saam. Musiek speel beslis 'n rol in my "emosies" en geestestoestand. Daar is musiek wat my gebeentes maklik aan die gang kry. Daar is musiek wat my ook na mense laat verlang wat ek nie ken nie. Ons seun het op 'n stadium musiek by die huis aangebring wat ek "smoking music" (Enigma) noem. Jy moes beslis groenvoer gerook het om dit te waardeer. My vrou noem van my CD' s weer Camel Music. (Willy & Lobo). Ek is nog steeds 'n aanhanger van Rock Musiek, waar daar manne die kitare slaan en geen doef doef of elektroniese mengelmoes uitgekarring word nie.
Musiek is die een ding wat my deur moeilike tye gebring het. Dit sal altyd ’n passie vir my wees om musiek te luister want musiek is nie net klank van ’n instrument nie, musiek is gevoel. Musiek is ’n emosie; musiek is iets wat jou heel kan maak op tye wat jy voel asof jy moet opgee, maar musiek is ook die beste ding wat in my hele lewe my tot een met my emosies gemaak het.
Ek stem musiek speel 'n groot rol in jou lewe, soos bv jy luister 'n hartseer song, dan voel jy daai liedjie se woorde. Dit is maar deel van die lewe. Ek is nou 'n tiener en musiek speel 'n groot rol. In alles wat ek doen, speel daar musiek in die agtergrond. Alles. Ek kan niks doen sonder musiek nie.
Musiek inspireer my.