Francois Verster2020-01-31Die pen(is) skerper as die swaard. Van lemme/messe gepraat, objektiwiteit en gebalanseerde perspektiewe is deesdae belangriker as ooit, gewewe die invloed van die elektroniese Hermesse soos Whatsapp en Facebook. Veral veralgemenings sny soos warm messe de
Marga Stoffer2020-01-31In my reaksie hierbo (op 29 Januarie) noem ek dat ek (as uitgewersbestuurder van NB-Uitgewers) aan Vrye Weekblad geskryf het. Ek het verwag dat hulle my brief sou plaas, maar kon dit nie opspoor in vandag se uitgawe nie. Ek plaas dit dus onveranderd hier:
Angus2020-01-31Susara, jy sal my asseblief moet reghelp, want ek verstaan nie jou reaksie op my skrywe nie.
My opmerking dat mense mekaar behoort te groet as hulle by mekaar verby loop, is vir jou 'n bewys dat ek bogenoemde artikel nie verstaan nie. Hoe kry jy die klo
Elizabeth Keenan2020-01-31'n Moet lees boek... Vol inspirasie! Oomblikke van pret, hartseer, lag, huil, stout wees, romanse en nog meer. Ek hoop daar gaan nog een wees!
Cliff Smuts2020-01-31Hierdie boek raak jou hart...
In Toy van Carnarvon vertel die skrywer van sy skooljare as arm kind van ’n spoorwegwerker en roep hy die swaarkry en allerhande komiese insidente, kwajongstreke, avonture en onnutsighede op waardeur hy ervaring opgedoen h
Henning Janse van Vuuren2020-01-31In my hartroerende memoires (die dikste boek ooit in Afrikaans) sal ek dit só onthou:
Vir baie Afrikaners lê daar steeds veiligheid in verkramptheid. Toe my dogter later gebore is, is sy van kleins af vertrou om te jy-en-jou. Só anders as wat ons gr
Barend van der Merwe2020-01-31Die "suiwerheid" is 'n battle wat ek fight nie. Ek sien swarigheid. Maar die Akademie ooms se taalreëls is tog beskikbaar vir enige een wat dit wil gaan lees. Ek dink nogal armoede is heel aktueel. Ek sou graag na al die referate daar wil gaan luister.
Henning Janse van Vuuren2020-01-31"Lolita, light of my life, fire of my loins. My sin, my soul." ‒ Lolita, Vladimir Nabokov
"Lolita is a 1955 novel written by Russian-American novelist Vladimir Nabokov. The novel is notable for its controversial subject: the protagonist and unreliabl
Waldemar Gouws2020-01-30Geagte me Coetzee, sonder om 'n voet in die veld van planttaksonomie te sit, wil ek beswaar maak teen u beskrywing van penwortels as synde totaliserende en verdringende geaardhede te hê. Ek breek dus 'n (falliese) lansie vir die boontjie, die kapokbossie
Koos Holtzhausen2020-01-30As 'n vryskut en amateuragtige vertaler lê my simpatie by Michiel Heyns. Vertalers word dikwels misken, dikwels nie eers genoem nie.
Ek was by 'n bekendstelling van die Afrikaanse Buys. Anker het dit toe duidelik gemaak dat hy sy inspirasie uit die
Hennie vd Merwe2020-01-30Dankie, Michiel vir 'n goed geformuleerde antwoord op 'n interessante dog agterdogwekkende artikel deur Steinmair. Ek het nie Red Dog gelees nie, maar wel Buys (twee keer) en met self 'n diepgaande kennis van die historiese karakter Buys was ek verstom ho
Susara2020-01-30Dirk, my laaste sin is "Foei." Ek weet nie hoe jy alles in jou kommentaar in daardie een woord kan lees nie. Die artikel is maklik verstaanbaar: tropgedrag en inisiasie in die groep bestaan in die diereryk. Ontgroening /inisiasie by skole mimiek die gedra
Stuiwer2020-01-30Lees tog eers vir Buys, voordat jy hom sommer voorhou as die simbool vir alle nie-wittes se gruwels in Afrika en asof alle nie-wittes in Afrika net gruwels gepleeg het. Ek dink ook nie dat dit die roman se bedoeling is nie. Geen skrywer wat sy sout werd
Johannes Comestor2020-01-30Barend van der Merwe het blykbaar 'n kitsmening oor enige onderwerp en ag dit so waardevol dat dit opsluit gepubliseer moet word. Daar kan in Afrikaans oor enige onderwerp gepraat word, maar sommige onderwerpe is nader aan die kern van die Akademie se ver
Sandra Pretorius2020-01-30Ek vind dit in die eerste plek bedenklik dat Vrye Weekblad nie eers die moeite gedoen het om Willem Anker te bel vir sy kommentaar om saam met Steinmair se aantygings gepubliseer te word nie. Dis mos standaardpraktyk in die joernalistiek?
Piet Prinsloo2020-01-30In haar verslag oor die Ontlaeringskongres op die QwaQwa-kampus van UV, verklaar Azille Coetzee: "Om oor ontlaering te dink is anders as te ontlaer. En makliker." Dit is die reine waarheid. Die kongresgrangers het elke aand met groot moeite op Clarens gaa
Karen de Wet2020-01-30Dankie Hans. Nugter, ingelig en netjiese aanvoering. Inderdaad, vir: "die transkontinentale aard van ’n deurslaggewende periode van gewelddadige kolonialisering van mense wat as wit mense se minderes beskou is".
Dirk2020-01-30Susara, jou opinie het nogal water gedra tot daardie laaste sin. Ongroening is al deel van die samelewing sedert die begin van die mensdom. Dit gebeur in alle kulture, deurkruis tale en geslagte. Om apartheid, en die weermag (veral die SAW) daarvoor veran
Die Land Van Tjank2020-01-30Ek vind dit ironies dat "vir 'n satirikus niks heilig is nie" en tog is die bepaling van 'n sogenaamde vrye mark wat nie hulle goed wil uitdruk nie 'n "uiterste vorm van ondraagsaamheid". En ons is nou in 'n "humorlose tyd", maar die feit dat aanvraag vi
Barend van der Merwe2020-01-30Nou praat jy darem onverdunde onsin Johannes Comestor. Met armoede as tema doen die Akademie presies juis dit wat hulle missie stel, hulle bevorder Afrikaans. Of het Afrikaans nie die woordeskat om oor armoede te praat nie?
Jan Rap2020-01-30Hoe ironies dat na 'n lang stryd teen verengelsing word die jong geslag nou uit vrye wil Engels - hulle reken dit gee hulle 'n 'beter kans in die lewe'. Terloops, hoekom sou dit? Dink maar aan Japie van Zyl by die JPL; jy hoef nie Engels te wees nie; baie
martin oosthuizen2020-01-30'n Resensie met soveel insig en begrip, Maryke.
U skryfwerk is iets om te lees,te genie en waardeer.
Ek stem heeltemal saam met u opinie oor die boek en die skrywer.
Dankie.
Mary Sadler2020-01-30Veels geluk! Dit moes kopkrap gewees het vir die beoordelaars en Hef Aan lê nog voor vir hulle. Sterkte aan julle tien met die wag!
Kabouter Nel2020-01-30Liefste Toy. Dankie dat jy hierdie ongelooflike mooi en eerlike boek geskryf het. Ek is so trots op jou en weet dat jou ma Kate dieselfde en nog meer sou voel. Die skrywe van hierdie boek straal soveel motivering uit, die kinders van vandag met so
Anton Kannemeyer2020-01-30Vir Johan Pieterse wil ek net sê dat die artikel handel oor sensuur, nie die kwaliteit of morele inhoud van die werk nie. Dit lyk asof hy die boeke gelees het en beswaar maak teen die inhoud - maar ek betwyfel ten sterkste dat hy wel die boeke gelees he
Johannes Comestor2020-01-30Armoede is 'n futlose onderwerp. Wanneer wend die Akademie 'n poging aan om gevolg aan die volgende in sy missie en doelstellings te gee: "die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans"?
Sybrandus Adema2020-01-30Die vreemdste ding is daardie mense wat hoog opgee oor die belang van 'n diversiteit van spesies, idees, musiek, gender ens, skielik stil word as veeltaligheid genoem word. Om alewig te mik vir eentalig Engels wees, is werklik geen kopskuif vorentoe....in
Jan Rap2020-01-30Wat Bettina hier sê oor verkragting stem ek mee saam. Wat haar vraag oor die afgodstatus van slebs betref - dis maar 'n menslike ding. Die dood van 'n plaasboer wat byna weekliks plaasvind, of die honderde wat daagliks aan die Koronavirus sterf is vir fa