Gesigmaskers

  • 20

People in South Africa is buying this effective mask ...

Dus: te moer met vars lug, ons is hier om geld te maak! As jy nie daarvan hou nie, boggerôf of kry vir jou een van ons maskers. Jy is gewaarsku. (Maar moet asseblief nie doodgaan nie, want ons het jou en jou geld nodig.) 

Werkskepping, bru, waar’s jou geesdrif! 

Dís die ironie. Hipoteties gestel, indien 99% van die wêreldbevolking vandag hul selfdood bewerkstellig en rekenaars instaan, sal ’n magdom gieriges doel- en sielloos ronddobber en geesdriftig prokreasie aanmoedig (soos Poetin tans). Die genot lê in die “mag” oor ’n mens, nie rekenaar nie. Christopher Wylie (skrywer van Mindf*ck) het met só ’n individu te make gehad: “As Nix watched the screen, I began to watch him, taking such deep, nasty pleasure in the chance to ridicule and exploit others.

Die film Dark Waters beklemtoon die hardvogtigheid vir medemens en dier al lei besoedeling tot misvormde babas, kanker en chroniese siekte. Voortplanting behoort ook gestaak te word tot ons weer ’n gebalanseerde verhouding met Moeder Aarde het.

Druk jou masker in jou gat, man.

Ons durf nie ons laaste vars(-erige) lug verswendel nie!

  • 20

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Ek bly in karoo. Elke paar maande brand besproeiingsboere hul lande skoon.
    Is dit gerookte vars-erige lug?
    Daar is nêrens supra na oorbevolking verwys as oorsaak nie, die afval en rioolwerke se bydrae nie. Maskers help nie met bevolkingontploffing nie.
    In 1967 was daar vier biljoen op aarde, nou nege biljoen wat voortplant, byna soos katte...

  • Hans Richardt

    Vyftig jaar van 1967 se vier biljoen, wat millenniums gevat het om te bereik. Net in 50 jaar meer as verdubbeld? Maw oor 25 jaar kan daar 18 biljoen mense parasiteer op aarde.

  • Henning Janse van Vuuren

    Die word 'verkeersknoop/verkeersop(een)hoping' sal as die v-woord bekend staan.

    Sosiaal bloot: FV. (F-woord en V-woord)

    Of iemand die FW-woord sal onthou, dit is 'n ander vraag.

  • Hans Richardt

    FW het eintlik niks met ons Afrikaners se kollektiewe probleme te make nie.
    Daar was 'n Volksstaatraad na aanleiding van 23 April 1994 Vredesakkoord ingestel. Die voorsitter was 'n wit man wat net sy eie opinie wou afdwing en hy wou glad nie ander mense of kollektiewe organisasies se insette oorweeg nie. In 1998 was hierdie Volkstaatraad, wat itv Art 235 van Grondwet bestaan het dan ook ontbind en is ons uitgelewer.
    Die proses van Selfbestuur vir Afrikaners om selfbeskikking, eerder as Staatsbeskikking, te doen, is deur hierdie diktator houding van die gewese voorsitter, vir dekades gestriem.
    Werkskepping vir wittes is ook problematies, want wittes verwag opgrond van hul kleur, meer geld as die minimum lone verwag.

  • ’n Mens sou dink dat afgeleefde politici eers mooi na sou dink oor vastrekvrae wat deur liberale en “gewaande rigtinggewende” media-lede op tv-kanale/programme gestel word.Kan sulke “eenkantgeskuifdes” nie verder as hul neus dink nie? Dink sulke ou manne nie daaraan dat die dae wat hul woorde substans kon gehad het, lank reeds in die niet verdwyn het nie? Wat is erger as vir hulle om ’n aanvaarding van ’n verskoning en apologie af te smeek by die ouens wat vir jou “eff off” geskreeu het? As ons ander miskien dink dat dit geen impak het nie, dink weer. By die betaalpunte van die supermark waar ek gewoonlik goetjies aanskaf word ek nou nors aangekyk waar dit eens glimlagte was.

  • OMF, met hipoteses is enigiets moontlik. Gestel ’n dinousouriese meteoriet wis die mensdom uit, dan is my geld op die sjimpansee om oor miljoene jare hom te bekommer oor gesigmaskers, en waarvoor hulle bedoel is. Op die oomblik gee hy nie om nie; hy druk dit in sy gat.

  • Henning Janse van Vuuren

    Gisteraand, tydens Bettie die klein springbokkie se program, begin ek spontaan sing: “Die ander dag toe voel ek lam / Ek wou 'n klein bietjie ontspan / En 'n boer maak 'n plan / Ek sit my TV-set toe aan / Jy sal nie glo wat ek sien / Daar op my TV screen / Dit was 'n nare gesig / Dit het my heeltemal ontwrig / Dit was 'n moerse klug / Dit was Carl Niehaus se gesig ...” (Sit dit af – Johannes Kerkorrel)

    Oi, so byna-byna kry ek toe die wildewegholstuipe. Dís toe dat ek dink aan die sinvolle gebruik van gesigsmaskers.

    Maar eers meer oor sjimpansees en hul hipotetiese gebruik van gesigsmaskers oor miljoene jare. Nee, ek glo nie: “Despite our shared lineage, humans are pushing chimpanzees toward extinction. Chimps have already disappeared completely from four countries and are under tremendous pressure everywhere else they live.” (https://www.worldwildlife.org/species/chimpanzee)

    Voor ek na Karel terugkeer, meer oor Ham die sjimpansee: “On January 31, 1961, Ham was secured in a Project Mercury mission designated MR-2 and launched from Cape Canaveral, Florida, on a suborbital flight. Ham's vital signs and tasks were monitored by sensors and computers on Earth. The capsule suffered a partial loss of pressure during the flight, but Ham's space suit prevented him from suffering any harm. Ham's lever-pushing performance in space was only a fraction of a second slower than on Earth, demonstrating that tasks could be performed in space. Ham's capsule splashed down in the Atlantic Ocean and was recovered by a rescue ship later that day. His only physical injury was a bruised nose. His flight was 16 minutes and 39 seconds long.” (https://en.wikipedia.org/wiki/Ham_(chimpanzee))

    Hoe beoordeel mens Carl Niehaus met sy medusahoof teenoor Ham die sjimpansee? Wikipedia berig: “He stepped down as ANC spokesman in February 2009 after admitting to maladministration of his own finances, extensive borrowing from political contacts and fraud. He is a vocal and noteworthy supporter of former President Jacob Zuma.” Hierdie Eolus, grofbenige huisvlieg van die voormalige grootmoegoe tesame met die gebasel van ander huurlinge sal mens na défaitisme dryf. Die rugkrappery om die esprit de corps onder die oud-kaders hoog te hou, maak naar.

    “Every man is the child of his own deeds,” reken Migual de Cervantes. Karel is dalk by die huis, maar op Eskomkrag.

    Bettie, gee groot asseblief volgende keer vir hierdie inkruiperige outomaton ʼn gesigmasker om die femel te suiwer.

  • Raed-na-Gael, 'n hipotese kan darem nie sommer so uit die lug gegryp word nie, en dis presies wat jy doen. Ek drink nie eens wyn nie; dit gee 'n mens kopseer. My hipotese daarenteen is op die bewysbare evolusieteorie gebaseer.
    Hou dus op met jou gewynsuipery, en klink met my 'n glasie Johnnie Walker Blue Label.

  • OMF, julle ouens, ons het 'n Don Quixote in ons midde. Gelukkig het het ons nie windmeulens in ons land sover ek weet nie, maar wat van al die Eskompilare? Is dit dit wat al die beurtkrag dalk veroorsaak?

  • Aitsa, niks verkeerd met jou hipotese nie, behalwe dat daar 66 miljoen jare geen mense was nie en as daar was, is die kans op oorlewing skraal, want 80% van alle lewende wesens is uitgewis.

    Gelukkig vir ons en die chimps het daar uit die oorblywende 20% iets oorgebly wat tot die ontstaan van die mens gelei het. Gebeur dit vandag is alles wat op planeet aarde beweeg in sy moer en is die kanse dat êrens diep in die diepste oseaan daar nog lewe oor is om ’n nuwe siklus te begin.

    Hopelik is die natuur nie so stupid nie en laat weer mense tot stand kom met hulp van bo, want vader alleen weet die mense het genoeg kak aangejaag om ’n eweigheid te hou.

  • Ons kerkvors lyk nogal na padda -- 'n brulpadda met 'n pampoenbril. Oppas maar ook vir kikvors; dit gee jou vratte as jy nie masker dra nie.

  • Henning Janse van Vuuren

    ʼn Kirkvors wou gaan opsit by sy kiesers in die vlei, ahum
    ʼn padda wou gaan opsit by haar kiesers in die Vlak, ahum
    die vraat wou gaan opsit by skaapsels in die vlei
    maar ʼn hanslam om te soen kon hul nêrens kry
    ahum, ahum, ahum

    *

    “Een kikvors of kikker (Latien: Anura) is een amfibisch beest uut de orde van de kikvorsachtigen, die in verschillende landen en weelddelen veurkomt. Een kikvors leeft op 't land, bieveurbeeld in 't gres en sommige soorten in bomen, maar meestentieds in zoet water.

    In zout water kunnen ze niet overleven.” ‒ (Wikipedia)

    *

    2 liter seewater of eerste spoeg van die oggend kan vratte wat vors lewe fluks verdryf.

    Neem die handskoen op, weg met gesigmaskers.

  • Henning Janse van Vuuren

    Ek's 'n Afrikaner in die stad, ek dra my masker soos 'n kat
    deur donker stegies en geboue, vat vyf, my broer, vat vat
    en iewers in my onderbewussyn sien ek nog die Karooson skyn
    hoor ek die grensdrade se gesing
    voer ek die kabouters in my tuin
    ek rook ingevoerde fags, ek lees engelssprekende mags
    ek gaan nooit kerk toe nie, want dis 'n drag

    Ek's 'n boer in beton soos oom Paul op ou kerkplein
    niemand weet van my pyn, want dit is goed vermom
    ek's 'n boer in beton

    (Boer in Beton - Koos Kombuis @ https://lyricstranslate.com)

  • Henning Janse van Vuuren

    Baie mense gril vir paddas. Is dit iets wat jy self sing?

    Het jy nie iets oor koek nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top