Kommentaar

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Heinrich Matthee 2020-01-27 Wat Afrikaanse poëtika aan betref, bou Coetzee ’n strooipop, uiteraard genderneutraal. Volgens Louise Viljoen (onderhoud Linet, 25 November 2019) is dit waarvoor Coetzee vra reeds daar: “Ek dink daar is byna nie ’n digter in Afrikaans wie se werk n

Hoop ten spyte van

Barend van der Merwe 2020-01-27 Jan Rap dit lyk my jy het jou eie definisie van demokrasie dus. Demokrasie gaan oor konsultasie en gesamentlike besluitneming, iets wat na my mening wel gebeur in Suid-Afrika. 'n Diktatorskap skaf die parlement af soos die Nazi's gemaak het. Natuurlik wor

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Barend van der Merwe 2020-01-27 @Klara du Plessis Ek dink die kritiek is redelik gegewe die argumente in die artikel - en dit nogals met geen praktiese voorbeelde nie. Mens kan nog baie name voeg by die wat Daniel Hugo hier bo noem. Wat van Eben Venter? Marlene van Niekerk? Marita va

FMR-resensie: Toy van Carnarvon deur Stephen le Roux

Andre Bester 2020-01-27 Stephen/Toy, Ek het gister rib gebraai en daarna "Toy van Carnavon" van bl 1 tot 258 vir die tweede keer op die sitkamerbank lê en deurlees. Ek wil in een honderd persent eerlikheid vir jou se dat "Toy van Carnarvon" en "Mr God this is Anna" my twee 'all

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Daniel Hugo 2020-01-27 Klara, dit is presies waarteen ek beswaar maak: dat Azille Coetzee vasval in die ouderwetse, ongeldige metafoor van die laer. Nog die Afrikaanse skrywers nog die literatore nog die taalkundiges maak hulle aan 'n laermentalitiet skuldig. As sy so dink, moe

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Henning Janse van Vuuren 2020-01-27 Die dood presenteer in verskeie liminale gedaantes; so is doodverveel een wyse. Indien een vir Azazel toegelaat word om weer so ʼn relaas op die niksvermoedende publiek los te laat, meld ek sonder verwyl ʼn klag van poging tot moord teen haar en US by

Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 5, intermediêre fase)

LitNet 2020-01-27 Hallo Joe, hier is 'n skakel na die indeks van notas en vraestelle wat op LitNet geplaas is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai hierdeur vir hersieningsvraestelle; dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so ger

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Jean Joubert 2020-01-27 Daar is immer vrugbaarheid te ontgin in nuwerige terreine soos wat Azille betree. En die woordeskat vir sulke nuwerige terreine is nog rou. Daarom kon mens darem so 'n bietjie ruimte vir Azille gun om die weg daar te baan. Vanne soos Coetzee is nie te ond

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Klara du Plessis 2020-01-26 Ek is verstom oor die negatiewe kommentaar op Azille Coetzee se artikel, beide hier en op Facebook waar ek dit eers raakgesien het. Al wat haar artikel regtig sê, is dat Afrikaanse letterkunde bestudeer moet word in 'n internasionale raamwerk, in gesprek

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Sarie 2020-01-26 Dit kan ook beoordeel hoe die dosente oor Afrikaans by ‘n sekere universiteit voel en hoe die Afrikaanse dosente die vak aanbied.

Resensie: Sewe-en-veertig deur Irma Venter

Ina Faber 2020-01-26 Ek wil ook graag weet waar die titel vandaan kom - hoekom ‘Sewe-en-veertig’?

Sensuur: Nog springlewendig en gesond, dankie!

Betsie van der Westhuizen 2020-01-26 Kontroversiële/omstrede kuns bestaan al duisende jare. Waar en wanneer daar kuns is wat gaan oor politiek, geweld, seksualiteit en religie, kan debat ontstaan. Al is die sensuurwette in Suid-Afrika dekades terug al opgehef, behalwe die sensuurwette oor b

Hoop ten spyte van

Hans Richardt 2020-01-26 Ek is bly om te lees in Barend van der Merwe se kommentaar, dat hy Orania as voorbeeld van selfbestuur sien. Dis 'n BAIE duur model van selfbestuur, maar onthou dat Orania Dorpsraad net 'n openbare organisasie van die aandeelhoudingmaatskappy, wat ’n op

Nou in die verlede: Teignmouth Melvill, Nevill Coghill en die koningin se Vaandel

Jacobus Swart 2020-01-26 Deeglik nagevors. Uitstekend aangebied. Inspirerend.

Valentynsdagkompetisie: Skryf ’n liefdesbrief aan ’n verlore of anonieme geliefde

LitNet 2020-01-26 Jou inskrywing moet in Afrikaans wees: https://www.litnet.co.za/valentynsdagkompetisie-skryf-n-liefdesbrief-aan-n-verlore-of-anonieme-geliefde/.

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Barend van der Merwe 2020-01-26 Dis nou interessant want net verlede week vertel ’n Afrikaans dosent my hulle het nou meer studente as ooit tevore. Mens sal na statistiek oor die saak moet kyk in plaas van anekdotiese waarnemings. Indien dit waar is dat Afrikaanse letterkunde op unive

Valentynsdagkompetisie: Skryf ’n liefdesbrief aan ’n verlore of anonieme geliefde

Zebeth 2020-01-26 Kan ons net Afrikaanse briewe instuur, of kan ek ’n Engelse inskrywing stuur?

Homoseksualiteit – ’n studie deur die ouers van ’n gay seun

Schalk 2020-01-25 Ek is ook getroud met 2 kids en ja, ek is ook spyt ek was nooit eerlik teenoor myself en my vrou nie want dan het ek haar nie so seergemaak nie. Sy weet van my. Ek was moeg om ’n leuen te lewe, dit vreet aan jou mense wat nie in dieselfde bootjie is ni

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Gustaf Claassens 2020-01-25 Die vrou bevind haar in ’n kulturele menopouse. Mens moet (eintlik) nie notisie neem van diegene soos sy wat hulle geroepe voel om met ongegronde en oordrewe veralgemenings donshael op gevestigde Afrikaanse letterkundiges af te vuur nie. Wát buite d

Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster

Marina Brewis 2020-01-25 Waar kry ons vrae en antwoorde ivm die boek?

Wiskundehulp: Faktorisering vir graad 10-leerders

Roleen Groenewald 2020-01-25 Goeie môre. Ek is dringend op soek na notas vir landboubestuurspraktyk graad 10. Ek moet die vak hierdie jaar aanbied maar is nie opgelei daarvoor nie. Daar is ook nie ’n handboek by die skool vir graad 10 nie en die notas is baie onvolledig volgens di

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Daniel Hugo 2020-01-25 Ek het Azille Coetzee se tipering van die Afrikaanse letterkundige establishment as 'n (wit) Afrikaner-laer 'n "ernstige veralgemening" genoem. Ek trek dit terug. Dit is 'n ernstige, ongegronde aantyging.

Sensuur: Nog springlewendig en gesond, dankie!

Te dik vir 'n daalder 2020-01-25 Dis goed en wel om te beweer dat mnre Kannemeyer en Botes met pornografie as tema "vooroordeel en skynheiligheid ten opsigte van seks, godsdiens en politiek" aan die kaak stel. Dis natuurlik snert, net soos om te beweer dat dis soos om te wil hê apartrhe

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Dirk Vercuil 2020-01-25 Azille Ek stel voor julle skryf so spoedig moontlik Die Dao van Daan van der Walt van 'Andries Buys' en beide Hendrik Groen internasionale topverkoper 'blok'boeke voor, wat tersiêre studente se lewensuitkyke oor 'n magdom (dikwels onnodige) kontensieuse

Riana Scheepers (1957–)

Dirk Vercuil 2020-01-24 Uitstekende boeiende biografie van Erika wat soos 'n droom gelees het. Ek wens dit kan wyd en syd gelees word? Ek is so dankbaar dat ons Daan Jacobs, oftewel "Klip", as legendariese Afrikaanse onderwyser kon beleef het by Vryheid Hoërskool. Chris Mö

FMR-resensie: Toy van Carnarvon deur Stephen le Roux

Margareth Steenkam 2020-01-24 Voorwaar ’n “walk down memory lane” saam met ons ou klasmaat. Sy verhouding met sy ma is aangrypend,sy eerlikheid oor homself en sy situasies is ongelooflik en hy skets sy verhaal glashelder. Ons wat al die karakters persoonlik ken, weet dat almal e

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Daniel Hugo 2020-01-24 Daar is geen manier waarop die Afrikaanse letterkunde sedert die 1960's as 'n laer getipeer kan word. Skrywers soos Breyten Breytenbach, Andre P. Brink, Bartho Smit en Etienne Leroux se werk is deur die staat verbied juis weens die "volksvreemdheid" daarv

Afrikaans as liminale transnasionale literêre sisteem: ’n paar gedagtes oor ontlaering uit QwaQwa

Daniel Hugo 2020-01-24 "Die Afrikaanse letterkunde as establishment verteenwoordig steeds ’n laer, in formasie getrek om dit wat binne is te beskerm teen dit van buite. ’n Strewe na tydlose suiwerheid, gekenmerk deur vrees vir dit wat vreemd is, melankolie oor alles wat alt

Skepping vs evolusie - nog steeds

Angus 2020-01-24 Beste FC Boot, Ek wou jou skrywes hier al beantwoord het, maar dis so 'n gegorrel dat g'n mens kan verstaan wat jy nou eintlik wil sê nie. Ek skommel hulle rond en dan lyk dit vir my daar kom so vae gedagtetjie by party deur. Al wat sin maak is die aanh

Eskom se eis vir prestasiebonus: toppunt van vermetelheid

Hans Richardt 2020-01-24 Wat min besef, is dat Eskom baie privaat kontrakteurs het om kragstasies instand te hou. Dan oor prestasiebonusse, wie moet dit nou kry, topbestuur, middelbestuur of privaat kontrakteurs? Kontrakteurs kwalifiseer NIE vir prestasiebonusse nie. Topbestuur

Skepping vs evolusie - nog steeds

F C Boot 2020-01-24 Beste Barend Jy sal teen die tyd opgemerk het,dat ek afgewyk het van die normale patroon van dinge gewoonlik gedoen word. Hipoteses kom uit die Grieke en is voorlopige veronderstellings terwyl teorie in die wetenskap 'n verduideliking van dinge is onderst

Bybel in Kaaps: Psalm 2 en 3

Olivia 2020-01-24 Lol Anna, ek's bly om te hoo dat die teks bly met jou, en dat dit jou lat goed voel, en lekke voel. Ek dink dis tog wat Got wil hê, die Woord moet geniet wôt en ôs moet wiet ôs het niks om oo te warrie nie. Lol, you know, die goed wat ôs moet deumaak

Skepping vs evolusie - nog steeds

Barend van der Merwe 2020-01-24 O aarde, net nie die Heidenberge Kataklismes nie!!!

Skepping vs evolusie - nog steeds

Daniel 2020-01-24 Daar is dinge wat ons brein nooit sal verstaan nie. Hoe kan daar nie 'n einde aan die heelal wees nie? Waar kom materie vandaan? Wetenskaplikes reken hulle gaan oor 10 jaar dit regkry om lewe te skep in self vervaardigde selle. Ek twyfel. Ag Here, skenk g

Waar is die hemel en waar is die hel? In ons heelal of in ’n ander tydlose dimensie?

Joggie Peters 2020-01-24 Ek was verbaas om na so 'n lang tyd (2017.10.17) weer by u rubiek uit te kom en my kommentaar daarin op te merk. Dit het net weer aan my getoon hoe lank ek al besig is om te soek na begrip van my 'afleiding' dat beide die 'hemel' en 'hel' duidelik in 'n a

Ons raaiselpad met alzheimersiekte deur Elise Nel: ’n resensie

Laantie le Roux 2020-01-24 Puik resensensie Louise. Omdat ek ook al familie moes versorg (terwyl my eie kinders klein was, later tieners en toe ook ouer geword het) kan ek my bykans vereenselwig met die versorgingsituasie. Dit was 'n alleentyd, worstel tyd maar die koestertyd was

Godsdiens vir ateïste

F C Boot 2020-01-24 Beste Angus Lekker om bietjie nonsens te praat op LitNet. Nee hulle het nie in grotte geskuil vir die nie,maar as veiligheidmaatreëls teen wilde diere en ander wat 'n ogie op hul vrouens en voorrade gehad het. Grotte is ook as begraafplase gebruik.Dit

Skepping vs evolusie - nog steeds

F C Boot 2020-01-24 Beste Barend Jy kan nie noual moeg raak nie, die chaos is ‘n verwarring in jou en ander se verstand en dit lei tot chaos in die wêreld.Ongelukkig vir ons werk ons breine dag en nag soms meer ander tye minder –as dit nie meer werk nie,is ons dood.

Bybel in Kaaps: Psalm 2 en 3

Anna van Wyk 2020-01-24 Spot-on, nuwe Bybel-vertaler Coetzee! Jy laat mens lekker lag met dié: "Innie aand kan ek lekke gat slaap sonne om te lê en rond rol van warrie."

Ôs vroulike geloofleiers is nie ’n new age dingie

Barend van der Merwe 2020-01-24 Moeder Teresa is geen held nie. Alles behalwe. Sy is eintlik 'n tragiese figuur. Self 'n slagoffer van die kerk se valse indoktrinasie. 'n Reaksionere figuur wat voorbehoedmiddels teegestaan het net soos haar kerk haar geleer het. Dit is tragies om te
Top