Ons behoeftes verskil. Wat nou? (Advies van seksterapeut)

  • 18
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Op 15 Januarie het BiegNet ’n brief van ’n leser ontvang wat in so ’n verhouding vasgevang is. Hy sit met sy hande in sy hare – wat staan hom te doen? Die brief het ’n stroom reaksies ontketen van lesers wat in dieselfde situasie sit – mans sowel as vroue.

 

Baie gefrustreerd skryf:

Wat doen jy as jou vrou net nie so seksueel as jy is nie? Ek en my vrou sal seks een keer ’n maand hê (miskien elke nou en dan ietsie meer, maar statisties lyk dit maar sleg), en dan kan ek sien sy doen dit net uit plig en nie dat sy wil nie. Ligte af, in die kamer, met geen opwinding behalwe om dit klaar te kry nie.

Ons is albei professioneel, laat 30’s, twee kinders, en beide van ons, al moet ek dit self sê, kyk goed fisies na onsself. 

Ek het al alles probeer – met haar ernstig gepraat, haar “gewine-en-dine”, grappenderwys dit probeer doen, geen druk op haar gesit nie, baklei, gesmeek, ens. Maar niks werk nie. My vraag is net: Moet ek dit maar nou net aanvaar, al het ek meer behoeftes? Moet ek net aanvaar al is my huwelik hoe gelukkig, ek maar hierdie opoffering moet maak en aanbeweeg?

Ek oorweeg nie egbreuk nie en wil ook nie, maar ek is so gefrustreerd ek wil iets oorkom! 

Wat is die alternatiewe – is daar alternatiewe? 

Ek weet regtig nie meer hoe om my frustrasies te oorkom nie. Voel alle vroue so? Het alle getroude paartjies so min seks en raak dit maar so vervelig na tien jaar? Ek is geen seksmasjien nie – ek sal meer as gelukkig wees om dit dan ten minste net 1 x per week te kry, maar doen ander getroude paartjies dit dan meer? En met meer opwinding?

Baie gefrustreerd

Dit lyk asof dit ’n wesenlike probleem is wat al vir jare aan die gang is, en dringend aangespreek behoort te word.

Sonia Joubert, ’n seksterapeut, het vir Ingrid Botha gesê wat haar laat tick en wat haar afsit

Sonia Joubert vra: Wat nou van die seks?:

Die reaksies van lesers skets ’n baie algemene probleem in huwelike. Dalk is dit ook ietwat meer vrouens wie se lus vir die slaapkamer ontbreek. Dis ’n rooi lig vir die huwelik en skep ’n vakuum vir buite-egtelike verhoudings, onmin en konflik. Wanneer seks weerhou word van ’n lewensmaat, het dit ook ’n negatiewe effek op lg se selfbeeld. Gedagtes soos “Ek is nie meer aantreklik genoeg vir my maat nie” en gevoelens soos verwerping is volop.  

Hoekom gebeur dit?

  1. Dit gebeur dikwels na kinders gebore word. Die ma-rol neem oor ten koste van die rol as sensuele huweliksmaat. Dalk is daar boonop werkdruk. Skielik is daar nie meer krag vir die romanse en sensuele nie.
  2. Vir mans veral is daar soms ’n situasie van ’n lae libido weens prestasie-angs.
  3. ’n Swak liggaamsbeeld; miskien oorgewig.
  4. Die idee dat dit nie van kritieke belang is nie.
  5. Mans lê soms nie genoeg klem op die emosionele troeteling van ’n huweliksmaat nie.
  6. Soms gebruik huweliksmaats seks as ’n wapen om die ander een te straf vir welke rede ook al.
  7. ’n Individu se houding teenoor seks oor die algemeen het ook baie te make met idees oor seks, soos agv opvoedingspraktyke waaraan hy of sy blootgestel is. Mens is dalk geleer dat seks byvoorbeeld iets is waaroor nie gepraat word nie, verkeerd is of nie geniet moet word nie. Ook onnodige inhibisies.
  8. Blote onkunde.

Wat kan daaraan gedoen word?

  1. Huweliksmaats moet besef dat seks ’n normale en kritieke deel van die huwelik is. Dis sement of gom vir die verhouding. Dis die intiemste manier van kommunikeer. Die vraag duik dalk ook op ten opsigte van hoeveel seks normaal is. Ek sou sê so drie keer per week is die gemiddeld. Praat met mekaar daaroor en kom ooreen wat haalbaar is. 
  2. Prioriteite rondom werk, kinders en individuele belangstellings moet herrangskik word om dit moontlik te maak, die tyd vir mekaar. ’n Gesonde en wedersyds vervullende verhouding is een van die grootste geskenke wat ouers aan hul kinders kan gee.
  3. Skerp fisieke kontak met mekaar op, die drukkies ens. Bespreek dat dit nie altyd tot seks hoef te lei nie.
  4. Besef dat seks ’n kuns is wat aangeleer kan word. Lees meer en miskien saam. Wat van Fifty shades of grey? Sommige paartjies besoek selfs ’n sekswinkel saam of kyk ’n bietjie na pornografie.
  5. Besoek ’n professionele persoon om te help. Dit kan saam of individueel gedoen word. Dit kan ook ’n wonderlike geleentheid wees om selfondersoek in te stel en obstruktiewe denke oor seks te verander.
  6. Doen moeite om jouself as sensuele wese te ontdek. Vind uit wat jou plesier en ook jou maat.
  7. As daar ’n fisiese probleem is, win mediese kennis in.
  • 18

Kommentaar

  • Ek is 'n getroude man van 50 jaar wat na myself kyk en nog goed lyk. My persoonlike ondervinding is dat van my vriende se vrouens hul bene toe knyp om dat hul mans sex sien as 'n verpligting van die vrou. Daarby gepaard doen hul geen moeite om toe te sien dat hul vrouens klimax beryk nie. Twee van my vriende kla gereeld dat hul vrouens te koud is vir hulle. Ek het 'n baie oop persoonlikheid en het hul vrouens openlik al gevra of hul hul sexlewe geniet, dit by gesê nadat ons gekuier het op 'n wyntjie of Tequila, die Tequila doen altyd die ding vir my. My verbasing was dat die meeste mans nie eers weet waar 'n vrou se klitoris sit nie en dat hul geen orale sex het met hul vrouens nie. Nog met elke vriend of vriendin van my vrou waarmee ek geslaap het, het hul my elke keer pluimpies gegee en weer terug gekom vir meer. Ek dink dit het baie te doen met die opwinding wat daar mee gepaard gaan. Ek probeer my bes om elke geleentheid met my vrou so opwindend as moontlik te maak. Wat ook bydra is om sommer in die ry met haar te speel terwyl sy bestuur en dan op 'n afgeleë plekkie te stop en haar te raps. Mans moet besef dat vroue daarvan hou om multi-klimax te bereik en as jy te gou kom Mmmmm dat moet jy maar jou tong gebruik my vriend anders sal daai bene toe bly, bly hul rerig toe ???. 60% van alle vroue speel daagliks met hulself en 80% speel met hul self na sex omdat hul behoeftes nie bevredig was nie. Praat liewer met jul vrouens oor waarvan hul hou en geniet en nie oor hoeveel keer jy wil sex hê per week nie. Druk dra net meer toe aan die toe-been-sindroom. Daar is baie mans soos ek daar buite wat op die uitkyk is vir geleenthede vir opwinding, vir my is dit beter om my kop tussen 'n vrou se bene in te druk en met my tong haar gelukkig te maak as om met haar sex te hê!!! My een vriend se vrou is Bi, ons verstaan mekaar en het al verskeie 3-sums saam gehad en beplan nog baie saam. Ons volgende stap is 'n Swingers Club waar ek en sy ons self gaan uitleef, moet nog net 'n verskoning vir my vrou opdis. 

  • Ek is n bejaarde man. My sexdryf is vir my ouderdom hoog. My vrou weer (ook bejaard) het geen behoefte vir sex nie. Inteendeel sy is sex dood. Ons het al herhaaldelik daaroor gepraat. Dit pla haar nie, sy het ingestem dat ek ’n sexmaat kan kry. Wat moet ek doen? Dit gaan nou al so aan vir ’n baie lang tyd. Berading wil sy niks van weet nie.

  • Ja,impotensie is 'n groot probleem in die huwelik, gelukkig is daar hulpmiddels,papavarine penis-inspuitings werk baie goed met 'n lang ereksie, ook salwe wat op internet geadverteer word. Baie vroue hou nie daarvan nie, hulle sê dit moet self gebeur. Ek gebruik dit in die geheim; dit werk vir my.

  • My vrou het met 'n man wat baie welbedeeld was uitgegaan en dikwels seks gehad voor ons ontmoet het. Ons is nou 30 jaar getroud en sy sal dikwels noem dat sy weer eendag met 'n welbedeelde man wil seks hê. Bly die herrinering en genot daarvan haar steeds by? Ek het al oorweeg om vriende te maak met welbedeelde mans om haar uit te help want sy is ook welbedeeld. Daarom sal sy ons sekssessies vinnig aframmel en nooit romanties wees tydens seks nie en sal sommer oor allerhande dinge gesels. Is sy verveeld met my en dink sy aan iets groter tussen haar bene?

  • Ek is 39 en ek en my man is 17jaar saam 12jaar getroud. Sy seks drang is gemiddeld, hy het al in die verlede vir my genoem ek is orig, nie op 'n grappige wyse nie. Ons het 2 kinders maar mooi getrain dat ons dit probeer doen as dit veilig is. Ek is baie avontuurlustig en sal enige plek enige tyd, maak nie saak nie. Hy is die regte oudtydse op dieselfde manier, selle tyd, selle plek. My seksdrang het die laaste 2jaar verskriklik opgetel en ek is seker dit gaan nog erger word. Ek het al baie daaroor gepraat maar niks gebeur nie. Hy treat my glad nie, geen orale seks nie, net vinnig speel en 99% van die keer mis ek die klimaks maar ek help hom tot op die einde. Nou my vraag is hoe nou gemaak, ek wil nie rondkyk nie, ek is verveeld met hom en raak sommer kwaad as hy sê ons moet want ek weet dit gaan net vir hom lekker wees. Ek het al raad gekry om sommer net met myself te speel in die bed voor hom dat hy die skimp sal vang maar daarvoor het ek nie guts nie. Ek speel maar met myself maar dis nie dieselfde nie. Ek hou baie van die 1ste man se boodskap, dit is belangrik dat dit vir beide lekker is,anders begin iemand rondkyk en drome he oor ander partners met baie lekkerder seks. Raad sal waardeer word. Dan die 2de man wat vra oor die "grote" want sy vrou se vorige liefde was "groter" dit maak definitief 'n verskil maar bederf haar soos die 1ste man sê, dan maak "size" nie saak nie.

  • Ek en my vrou is 64 en is nog gereeld intiem. Geniet dit elke keer en op verskillende maniere. Ons giggel nog daaroor en doen dit op alle maniere. Bevredig mekaar en hou die vlam aan die brand. Dit is vir ons belangrik om mekaar te bevredig en te bederf. Jou man moet nie net aan homself dink nie en besef hy verwaarloos jou.

  • Ek is 'n man van 55 en my seksdrang is tans op 'n baie hoë vlak. My vrou se seksdrang daarenteen is uiters laag...noem dit maar dood. Vir my moet seks 'n aanhoudende avontuur wees tussen twee lewensmaats, 'n bindende faktor wat mens onweerstaanbaar vir mekaar maak. Beide moet eweveel genot hieruit kry, maar juis daarom moet albei ook ewe gretig hieraan deelneem en probeer uitvind wat vir die ander persoon lekker is en waarvan daardie persoon hou. My vrou sal niks uit haar eie doen nie, wys glad nie emosie nie, en ek kry die gevoel sy probeer die daad net so gou moontlik agter die rug kry. Ek hou baie van orale seks - gee sowel as ontvang, maar dis nie vir haar noodwendig opwindend nie. Ek mis dit geweldig! Huidiglik is my frustrasievlakke hemelhoog en ek voel of ek naby aan breekpunt is...
    Dis nie my idee van 'n gelukkige huwelik nie en ek voel my begeertes en behoeftes verdien meer as dit. My vrou wil ook nie verstaan dat - as alles in die slaapkamer opwindend en lekker is, sal die res vanself volg ... meer drukkies, intieme aanraking, ens.
    Ek is al op so laagtepunt en negatief oor die verlies aan seksuele genot dat ek glad nie voel om enigiets in ruil te gee nie. Ek is ook nie 'n tiener wat myself wil bevredig om van voortdurende opgekropte frustrasie ontslae te raak nie.
    Wat staan my te doen, en is daar enige medikasie of aanvullings wat sy kan neem om haar drange te lig?

  • Giep, skies hoor, ek is nou die verkeerde persoon om te vra. Ek besef hierdie drange verskil almal, veral met ouderdom. Ek het gedink vroue s'n verhoog en manne s'n verlaag, maar jy bewys my verkeerd. Al raad is gesels en laat haar special voel. Ek weet nie, ek kort dit self in my lewe, so dis vir my maklik om te praat. Sterkte, ou maat, die lewe is nie 'n grap nie 😛

  • Ek stem heelhartig saam. My Skilpaadjie en ek geniet mekaar, giggel nog in die privaatheid en vloel hier en daar soos jong mense. Ons is 65 en ondervind geen seksprobleme nie. As die man of vrou koud raak, is daar 'n ander prolbeem wat aanleiding gee. Kyk na ander lywe, struwelings of siektetoestande. Seks is in die kop en min in die lyf. Dit gaan oor vashou, ervaar en 'n behoefte aan een wees wat daai prikkeling veroorsaak. 'n Drang na die siel en ligaam, en nie na seks nie.

  • Soek dringend raad! Albei van ons is in 'n tweede huwelik! Ons is 16 jaar getroud! Ons verhouding baie goed! Op seksuele gebied goed gegaan, totdat my vrou alle seks gestop het!!! Sy't my ingelig dat sy gedurende omgang seerkry en GEEN seks meer moontlik is nie!!!! Wat nou gemaak??? Ek is iemand wat dit baie nodig het!!! Gee ASB raad!! Ek wil nie in sonde verval nie!!! Ek is baie lief vir my vrou, MAAR is nou raadop!!!

  • Wat as jy nie goed genoeg voel vir jou man van die begin af nie, omdat hy jou altyd sleggesê het en vergelyk het met sy vorige seksmaat en jy na al die jare nog nie seks kan geniet nie, want jou man kyk ook gedurig porn wat jou nog meer minderwaardig laat voel? En jy weet nie meer hoe om te voel as daar seks is nie, want is dit met my wat hy seks het of is dit met die porn girls wat hy gekyk het? Ek is moeg om soos niks te voel nie, hy is my eerste man met wie ek nog ooit seks gehad het en ek weet nie hoe om beter oor myself te voel nie. Ek wil net een keer seks hê en goed voel daaroor sonder om te wonder waar is my man se kop as ons seks het.

  • Simone Van NIEKERK

    3 maande getroud. Sal my altyd bedags drukkies gee en sê ek is lief vir jou, maar seks het verdwyn. Hy werk net nagskof, 2 of 3 dae af intussen, wat kan die rede wees vir die seksgedeelte?

  • Wonder oor die nagskof ... dalk saam met iemand. Ek moes na 7 jaar uitvind dat die oorsaak nie vir my aangenaam was nie. Die kopseer of moeg en nog 'n paar ander redes. Voel ek kan almal in daai bootjie net vasdruk en die seer wegvat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top