Skelfseebrandings

  • 9

asof in toewyding
het my voete
sleepvoet geslenter
want net soos daar in oorlog
geen wenners bestaan
kan ondeurdagte woorde
selfs die Skelfsee
sonder ontsag
in twee laat skeur;
dieper wonde slaan
en vuurvlamme se tonge
bakhand laat staan
terwyl ’n ander se siel
verdroog, verskeur –
vergaan

Lees ook

Goue bergbeloftes

my kleivlerke

 

  • 9

Kommentaar

  • Laantie lê Roux

    "sleepvoet geslenter" is twee woorde in jou werk waarvan ek baie hou. Jy skryf pragtig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top