vandag wil ek my kleivlerke sprei
op die klanke van Mendelssohn
tot verby die Jordaanrivier
om daar ’n olyftak te soek
wat nuwe drome
sal bring
my voete sal kwartelspore maak
op Vivaldi se vier seisoene
wat dool op die wind
sweef op die groenduif se vlerk
’n sfeer van voldoening
laat kring
dartels van my hande vry laat tas
deur Wolfgang Amadeus
se elfde sonate-klanke
wat deur die donker eklips
sal dring
vandag wil ek my kleivlerke sprei
bedelbakkies met my hande maak
onbeheersd huppel en dans
terwyl my voete luid
hallelujas sing



Kommentaar
Baie dankie vir die erkenning en blootstelling LitNet, ek waardeer baie.
Dankie vir die erkenning en blootstelling LitNet, ek waardeer baie.
Pragtig!
Sjoe. Dit is pragtig ❤️. Ek voel die klanke in my hart.
Heng dis mooi vertel.
Pragtig geskryf, Anze.
Pragtige werk Anze!
Baie dankie Loretta, ek waardeer jou altyd.
Baie dankie Gert, ek waardeer baie.
Baie dankie Lynelle ek waardeer baie.
Baie dankie Amanda ek waardeer jou altyd!
Baie dankie liewe Cornien, ek waardeer baie.
Baie goed Anzé.
Ek maak dit sommer my nuwejaarsvoorneme ook!
Baie dankie Andries ek waardeer jou saamlees en voorneme!
Mooi verwoord, Anze!
Baie dankie Driekie ek waardeer jou altyd.