
kompasloos, rigtingloos
val elke dag se somer
met bitterwit verlange
wat verblindend brand
as versteende uurglassand
druppend na benede
meng nugter denke
en seer verlies
van stamelende verwonding
van dit wat moes wees
in my wêreld waar
soveel skadu’s hurk
so sparteldra ek daagliks
(met verswakte vlerke)
my littekens deur die ure
en meëdoenlose lugleegtes
van vallende
nuttelose
sand


Kommentaar
Jy bly een van my gunstelinge x
Wow Anze, jou groei in digkuns is uitstaande. hierdie praggedig spreek daarvan.
Baie dankie Francois ek waardeer baie
Baie dankie Driekie ek waardeer jou saamlees en mooi kommentaar
Baie dankie Driekie ek waardeer jou saamlees en mooi kommentaar baie
Pragtig!
Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Cornien ek waardeer baie
Uitmuntend!!
Baie dankie Cornien ek waardeer jou saamlees en kommentaar baie
Baie dankie Estelle ek waardeer jou saamlees en kommentaar baie
Wow, ek kan so identifiseer, soos die pad van rou.
Baie mooi.
Baie dankie Afrikaners is plesierig, ek waardeer baie