Op ’n verlate eiland
het ek na jou gedelf
maar al wat ek kon kry
was versteende ghwano
op die vensterbanke
van ’n gepantserde
Alcatraz.
Swart tralies het
jubelklanke toegespin
terwyl die kras van die seemeeue
die bleek uit my irisse steel
en verdwaalde krappe
het sku onder die gruis
van my voete kom teel.
© Anzé Bezuidenhout


Kommentaar
Jailhouse rock!
Baie dankie vir jou stilstaan en saamlees Adriaan.
Nog 'n spog gedig Anze, jy maak ons Inkers trots!
Sjoe, dit is so pragtig Anzé!
Dankie vir die deel.
Pragtig Anze!