Skryf in vir kykNET se Plaasjapie en wen groot pryse!
Kan jy vir een maand op ’n plaas oorleef? Skryf in vir kykNET se nuwe realiteitsprogram, Plaasjapie, en bewys dat jy ’n boer is wat ’n plan kan maak.
Plaasjapie is kykNET se splinternuwe realiteitsreeks wat deelnemers die geleentheid gee om te wys of hulle die deursettingsvermoë het om op ’n plaas te oorleef. 20 stads- of dorpmense (wat geen plaas- en boer ervaring het nie) word weggevoer na ’n plaas om vir ’n maand in ’n skuur te leef en werk. So as jy dink jy kan harde bene kou, maar ook uithouvermoë het en slim genoeg is, dan is Plaasjapie vir jou.
As jy dink dat dit kinderspeletjies is om op ’n plaas te woon en werk, dink weer, want met Plaasjapie gaan jy met die basiese elemente op ’n plaas moet oorleef – dit beteken geen van die luukshede wat op vandag se moderne plase te vind is nie. Diegene wat hul spanmaats uitoorlê in die uitdagings sal die geleentheid kry om sekere luukshede vir hulself te wen, maar die res sal maar moet voel hoe dit was om op ’n plaas van jare gelede te woon.
Plaasjapie gaan nie net oor oorlewing en fisiese werk op ’n plaas nie – allesbehalwe. Dit gaan oor strategie, deursettingsvermoë en slimmer wees as die res van die deelnemers. En planne beraam, want dis tog wat ’n boer doen. Sommige van die uitdagings vind plaas in spanne, en ander is individuele uitdagings. En, daar mag dalk ’n gekonkel agter jou rug wees, wat jy tot jou voordeel kan gebruik, of wat jou moontlik jou kaartjie huis toe gaan kos. So, maak seker jy weet wie jou ware vriende is en wie is wolf in skaapklere ...
So, as jy kans sien vir die uitdaging van woon en werk op ’n plaas, slim alliansies kan vorm, strategieë kan uitwerk, ’n plan soos ’n boer kan maak, en, belangrikste van alles, ’n maand sonder die luukshede waaraan dorps – en stadsjapies gewoond is, maak seker jy skryf voor 15 Februarie 2020 by kykNET.tv in. Nie net staan jy die kans om as kykNET se eerste Plaasjapie aangewys te word nie, maar daar is groot pryse op die spel.
- Voornemende deelnemers kan op kykNET.tv inskryf.
- Inskrywings sluit op 15 Februarie 2020.



Kommentaar
Hallo, dit lyk na 'n baie lekker uitdaging. Ek is 'n juffrou by 'n kleuterskool en dink dit kan 'n baie goeie uitdaging wees.
Klink na 'n lekker uitdaging, sal graag wil deel wees.
Ek sien kans en stel graag belang!
Ek dink dit is n baie goeie idee en sien uit om self deel te word van die program.
Ek dink dis n baie goeie idee en sien uit na die uitdaging.
Ek dink dis n baie goeie idee,om te kyk hoeveel van ons nog die uithouvermoë het om te kan doen wat ons voorvaders gedoen het ... Ek sien uit na die uitdaging.
Jissou ek wens ek was nog jonk en vol energie en krag!!! Nogal nuuskierig oor die pryse ook? Klink lekker opwindend!!
Hi daar! Ek kan nie wag om op die plaas te begin nie. Dit is lekker op die plaas!👍👍👍
Hello hoe het jy ingeskryf want ek sukkel met dit?
Hierdie is 'n uitdaging wat ek wil deel van wees. Dit kan groot pret wees en uitdagings hou jou op die punte van jou tone.
Sien kans.
Klink na ’n lekker uitdaging. Lekker afleiding van die stad. Klink ook na pret.
Ek het ingeskryf, maar hoe weet ek dat hul my inskrywing gekry het? Ons het baie swak seine, of GEEN deesdae met al die loadsheding.
Probeer inskryf maar kry dit nie reg nie.
Ek het 'n paar keer probeer om in te skryf, maar ek kry dit nie reg nie! Help asb!
Ek stel ook belang om in te skryf, maar die vorm wil nie oopmask nie. Help asb.
Amanda
Ek het probeer inskryf en weet dit al verby datum. Help asseblief.
Ek is so reg as wat kan kom vir die uitdaging!
Vragie: Hoe gaan geweet word, of hier nie oneerlikheid tussen die aansoekers is nie, byvoorbeeld dat hul op plaas groot geword het, of op 'n plaas gewerk het?
Watter ouderdom kan inskryf?
Goeie Naand.
Is inskrywings nog oop?
Ek is in
Groot groot teleurstelling vir my.
EK HET INGESKRYF EK WOON IN KWA-ZULU NATAL DURBAN. EK IS N SKOOL SEKRETARESSE. EK IS SO OPGEWONDE EK WIL UIT MY VEL UITSPRING VIR DIE NUWE REEKS EN DIE UITDAGINGS WAT DIT KAN BRING.EK KAN NIE WAG OM VERDER TE HOOR WAAR N MENS STAAN NIE.EK BID HULLE KIES MY.
Gaan daar 'n paar plaasjapies gesoek word vir Seisoen 2?