Drie pare digtersvoete loop na Wellington

  • 1

Vlnr: Foto deur Cloete Breytenbach (verskaf), Joan Hambidge (foto: Antonia Steyn) en Dominique Botha (foto: verskaf)

Kom luister Sondag 1 Maart om 18:00 in Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach Sentrum in Wellington hoe Breyten Breytenbach, Joan Hambidge en Dominique Botha op innoverende wyse en om die beurt van hulle jongste gedigte voorlees. Hulle lees ook mekaar se gedigte.

Joan se nuwe bundel, Konfessies, kaarte en konterfeitsels, verskyn later vanjaar en Dominique se debuutbundel, die mooiweer en warm koninkryk is binnekort op die rakke.

Kaartjies is R100 per persoon. Sitplek is beperk en bespreek gou by Chris by teater@breytenbachsentrum.co.za of Jessica by 021 873 2786. Pizzas en wyn en ander drinkgoed is al van 17:00 te koop en weer na die tyd wanneer gesellig gekuier en gesels kan word.

  • 1

Kommentaar

  • Sandra Pretorius

    Ek hoop nie Breyten raak kwaad as Joan Hambidge haar flikkers vir Dominique Botha gooi nie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top