Kommentaar

AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe 2023-01-20 Dankie Anschen, ek hou ook van Jefthas se verse.

Kennisgewing: Geskiedenissimposium – Die mite van Afrikaner-homogeniteit

Barend van der Merwe 2023-01-20 Dit is nie uniek aan Afrikaners nie. Ander kultuurgroepe het presies dieselfde verskynsel. Hier is goeie voorbeelde van navorsers wat die mite weerlê. Wat van ’n paar voorbeelde van wie dit lewendig hou? Name en shame gerus so bietjie. Ook: Waar vin

IEB-Afrikaansvraestel, graad 10: hersiening van die tweede kwartaal se werk

Leanne Venter 2023-01-20 Ons is in Namibië. My seun is Graad 10. Waar kan ek nog IEB-vraestelle en -memorandums kry, ASB?

“Wrong Fugard”

Ellen Margaret Hancke 2023-01-19 So baie herinneringe het met die lees van hierdie skrywe deur my geflits. My voorliefde vir Athol Fugard se werk ... en my mooi binnenshuise tuin wat Roy sowat 30 jaar gelede vir my geskep het. Roy was 'n kunstenaar in eie reg. Soms het hy vir my soos sy

Saartjie in die reën

Sidney Gilroy 2023-01-19 Dis daai voete-vind wat ons almal sal red.

Wat beteken inklusiwiteit?

Riana Strydom 2023-01-19 Totale inklusiwiteit is 'n sprokie ... dit bewys die WOKE beweging en alles wat daaruit vloei duidelik. Gaan die prof. in die klas my kind inklusief kan behandel as hy sê hy is 'n kat en in die lesingsaal vrae antwoord met katgeluide? Ek is teen marginal

Besinning oor taal en ver-taal I

Abram Kriel 2023-01-19 Ek stem heelhartig saam met Cas Vos, die bronteks moet steeds asemhaal in die omdigting. Dis beslis nie 'n maklike taak nie en verg 'n uiters bekwame digter/skrywer.

General De la Rey and his accidental part in Hitler’s downfall

Eben Viktor 2023-01-19 Thanks for this very interesting article, David! Although you don't mention it explicitly, it is quite clear that you allude in your conclusion to the war in Ukraine. Here a parallel can be drawn: Britain's decision to bomb German cities in response to th

Saartjie in die reën

Everline van Dyk 2023-01-19 Daar word so maklik van sulke tragediese gevalle net weggekyk. "Wat kan ek nou daaraan doen om die situasie te verbeter?" As elkeen van ons net een so 'n vrou kon help om op haar voete te kom ... Goed geskryf.

Prof Christo Viljoen: Denkleier, ingenieur en kultuurmens

Irene Pienaar 2023-01-19 Christo is my neef aan vaderskant. My pa Jerrie was die jongste broer in die familie. My ma was Susanna Mellet Pienaar, gebore Muller. Haar ma was Irene Moll, die jongste dogter van Susanna Moll, gebore Mellet.

Piet de Jager, in memoriam

Deon Lotz 2023-01-18 Wat 'n ongelooflike mens en vriend!! So 'n voorreg om saam met Pieta sy passie te deel vir films en woorde!! Ek gaan jou baie mis, my vriend. Groete aan Eil.

Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie

Irene Schoonwinkel 2023-01-18 Ek is mal oor hierdie storie! Ek geniet die kreatiewe ideas van ruilhandel wat die karakters in Krone se boek uitdink en hoe hulle dit wat hulle het gebruik of in iets anders omskep ... soos Mr. Tshezi. Hy is awesome!

In die fragmentarium 2

Cas Vos 2023-01-18 Beste Breyten, salig is elk-een wat jou dig-woorde op hulle leefreis hoor. Soms net 'n rare fluistering, sag soos die dood se asem. Andermaal weer-galm dit soos 'n laaste kreet vir die een met sy/haar skeet. Per aspera ad astra. Baie dankie vir die asem e

Piet de Jager, in memoriam

Herman Lategan 2023-01-18 Baie mooi.

Wiskunde met LitNet: breuke, graad 8

Stephan 2023-01-17 Dit help my kind ontsaglik baie. Dankie.

Gee jy jou tiende?

Yolandie 2023-01-17 Wat van mense wat glad nie kan gee nie, en op ’n ander manier goed doen vir sy/haar medemens? Hoekom word ons al op aarde gekruisig deur die mens? Tiendes word elke dag nou gepreek. Volgens sekere predikers sal God jou nie seën as jy nie tiendes gee ni

Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

francois verster 2023-01-17 Dit lyk my die "jurie is nog uit" oor hierdie saak. Enige stelling wat nou gemaak word kan dalk oor tien jaar as ’n grap voorgehou word. Toe Roald Dahl in 1953 sy kortverhaal oor kunsmatige intelligensie ("The great automatic grammatizator"*) geskryf he

Lentedraai

Andries Fourie 2023-01-17 Baie dankie Tinie

Voëlvry

Dr. Tinie Möller 2023-01-16 Ek is baie beïndruk met jou gedigte. Jy het hope talent.

Kiesers sonder keuse

Dr. Tinie Möller 2023-01-16 Puik!

Lentedraai

Dr. Tinie Möller 2023-01-16 Ek hou baie hiervan. Pragtig.

44 woorde later

Dr. Tinie Möller 2023-01-16 Ek dink dit is puik. Geluk!

Aan Erik. Ter herinnering.

Breyten Breytenbach 2023-01-16 Braam: ek sien vanoggend (die 16de Jannewarie, 2023) eers hierdie stuk van jou. En wil net sê jy is nog nie te lelik om gedônner te word omdat jy ‘n ou mens so snot en trane laat huil nie! Dit was die moeite ("moeite"? nee - dit was die viering en v

Die erwe van die vaders: ’n Blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon

Breyten Breytenbach 2023-01-16 Dis altyd te laat. Marius was ‘n moedige mens en, op sy awelinkse manier, netsoveel van ‘n mentor (vir my, altans) as Jan Rabie. "Hollandse robbies", was sy bynaam onder ons - in liefde bedoel. Op daardie ouderdom is mens nog te lomp om vir ander te w

Kom ons praat oor evolusie

Angus 2023-01-16 Beste Izak, dankie vir die inligting. Ek dink die verwysing na vier pilare in die Bybel vir vir dowes het te make met die vier pilare van die tabernakel. Die aarde rus net op pilare, volgens 1 Samuel 2:8. Wat 'n pragtige beeld! Ek is seker prof CJM Nienab

Verbode voedsel volgens die bybel

Annatjie Bann 2023-01-15 Panda, duidelik is jy nie gevul met die Heilige Gees nie. Die verrukkking van sinne het niks te make met 'n deurmekaar dwelmverslaafde reaksie nie! Dis slegs ondervind wanneer God jou in die Heilige Gees doop en daar 'n blydskap en opgewondenheid in jou d

Kom ons praat oor evolusie

Izak de Vries 2023-01-14 Angus. Dis eintlik interessant. Die Bybel vir dowes is 'n eenvoudiger vertaling. Lees gerus oor die wetenskap daar agter. Ek was ook verbaas.

Die stand van die toerismebedryf

Willem Pretorius 2023-01-14 Ek sien die dame praat meer oor internasionale toerisme na SA. En vergelyk die getalle met 2019, toe daar 'n verbod was op toerisme. Wat van plaaslike toerisme? En vergelyk provinsie vir provinsie met voor Covid se syfers, kyk dan na die pas afgelope vaka

Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Jean 2023-01-14 Hallo Christa. Ek het ChatGPT se Afrikaanse program gebruik. Party mense sê vir my hulle weet nie hoe om hom Afrikaans te laat praat nie, maar by my wys die Afrikaans regs op die skerm in die swart blokkie, dan praat hy Afrikaans as mens daarop klik en w

Eskom se ma se Nersa

Magda Laurens 2023-01-14 Bettina moet nooit ophou skryf nie. Jy skryf soos ons voel. En Flossie, dis goed dat jy ons ook leer. Moenie ophou om ons slim te maak nie.

Kom ons praat oor evolusie

Angus 2023-01-14 Nee, wat, Hans! Die woord vier kom sowat 80 keer voor in die Bybel. In Genesis is daar vier riviere en vier konings, maar geen vier pilare nie. Êrens in die tabernakel moes daar vier pilare wees, maar die nuwe vertaling noem dit style. Laat my weet waar

Netflix TV en films gie ’n virtual experience van Italy

Matli 2023-01-14 Dit wek vi my, hierie writeup. Behalwe die duwwele nie's wat missing is, dan moetik ees die sin oor lies.

Uit Woordenaars: betowering

Anthea Le Roux 2023-01-14 ❤️❤️❤️❤️

Woordverworpe

Pieter du Plessis 2023-01-14 Pragtig! Uitsonderlik! Briljant!

Saartjie in die reën

Julio Agrella 2023-01-14 Sidney, ons ken soveel mense se pyn nie! En tog bly ons oordeel en veroordeel.

Eskom se ma se Nersa

Ou Flossie 2023-01-14 Bettina, djy en djou vriending is natuurlik so paar % reg maar baie % verkeerd op een puntjie. Jy weet seker van die kragstasies wat die afgelope 30 jaar gebou is deur die ANC regering, of weet jy nie? Al gehoor van Kusile en Medupi ens? En dit het mos no

In memoriam: Oom Adriaan Vlok

Snotjan 2023-01-14 Nie 'n kwessie van vergifnis nie. Nie vir my nie. Ek kyk na dié geval en sien net die onreg. Politici hoef darem net nooit pa te staan vir hulle keuses nie. So is dit met die politici. Hulle het nie beurtkrag nie. Hulle krag word vir hulle gekoop. Hulle
Top