Seetaal

  • 3

Seetaal

Foto: Canva

daar moet oerwoorde wees
om oor die see te praat
woorde wat van baie ver af droom
soos lang riviere wat oor kontinente stroom

  • 3

Kommentaar

  • Leendert Dekker

    Ons soek oer en oer woorde ─ hoe anders?
    Hul verwaai ongryplik, skuim van branders.
    'n Lang rivier stroom van ver ondersee.
    Verdroomde kontinente voer hy mee
    na 'n duiker in 'n poel, naby land,
    wat daar, wortels van wiere in die hand,
    ritmies saam wiegel en die oerpols voel.

  • Annora Eksteen

    en dan vaar ons oor die water
    tot ons 'n veraf stippel sien
    van 'n onontdekte eiland
    met 'n ongerepte strand
    ons voete raak die sand
    en ons herken onsself
    in 'n oeroue Tuatara

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top