Navraag oor watter soort sonnet "Krisis" deur Elisabeth Eybers is: help, asseblief!

  • 3

Elisabeth Eybers (foto: https://www.litnet.co.za/elisabeth-eybers-die-vrou-met-n-blou-fiets-in-amsterdam/)

Ek wil graag hoor as watter tipe sonnet jy “Krisis” van Elisabeth Eybers sal klassifiseer?

Die uitleg lyk Italiaans (oktaaf en sekstet), maar die rympatroon stem ooreen met die sonnet - uit "Malvern" van SJ Pretorius wat ’n Engelse sonnet is – en die inhoud lyk soos een gedagte met ’n hoogtepunt in die koeplet. Dus lyk dit soos ’n Engelse sonnet?

Help asseblief.

Anoniem

Lees ook:

Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Elisabeth Eybers (1915–2007)

 

 

  • 3

Kommentaar

  • Dag! Ek hoop die onderstaande help.

    Ek het onlangs 'n aanlyn les oor hierdie gedig ontwerp en ek staan by die Italiaanse of Petrarkaanse sonnet vir twee redes.

    1. Volgens struktuur is dit Italiaans, dit word ook volgens die riglyne in A+ Afrikaans Chop-Chop (2021, Hugo, R. Et al. LAPA Uitgewers. 96.) so aangedui. Dit word ook so in Verskuns vir Eerste Addisionaele Taal Graad 12 (Vosloo, R. 2015. Macmillian) aangedui.

    2. Indien daar slegs op grond van die struktuur gehandel word, is variasie in verband met strofes moontlik in die Italiaanse Sonnet. In die geval van die Engelse Sonnet of Shakespeariaanse Sonnet is slegs 3 kwatryne en 1 koeplet as struktuur 'n vereiste.

    "Krisis" het 2 kwatryne, en pas daarom op grond van struktuur binne die Italiaanse sonnet.

    Laastens word sonnette as digvorm op grond van hul struktuur geklasifiseer. 'n Sonnet sal dus nie 'n sonnet wees as dit 'n ander struktuur het, maar by 'n bepaalde onderwerp bly nie. Struktuur in hierdie geval is die bepalende faktor.

    Ek hoop hierdie verduideliking help om die verwaring op te klaar.

  • Die sonnet berus op konvensies. die digter en die leser ken die "reëls van die spel". Digters wyk soms opsetlik daarvan af om die leser se aandag daarop te vestig en by die proses te betrek. Voorbeelde is waar die oktaaf en sekstet omgeruil word of die vaste rympatroon gebreek word. 'n Interessante voorbeeld is Breyten se twee Isis-gedigte in Yk, waar die slotreël ontbreek om die "onthou" tydens sy gevangeskap te toon - onthou soos die dink aan die geliefde en onthou soos die gemis aan seksuele kontak (die Egiptiese god Isis se verspreide liggaamsdele is teruggevind, behalwe sy penis wat deur die Nylkrappe opgevreet is).

  • Sal dit dus korrek wees om nie die gedig as 'n Italiaanse of Engelse sonnet te klassifiseer met die oog op onderrig vir graad 12's nie, maar eerder as 'n sonnet met eienskappe van beide?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top