Kommentaar

Syferkunde is wiskunde se moses

Wilhelm du Toit 2015-08-26 Stuur vir my 'n e-pos dan kan ons gesels.

Syferkunde is wiskunde se moses

Wilhelm du Toit 2015-08-26 Nog te jonk vir Genius, maar goeie opvoedkundige speelgoed, kreatiewe stimulering en baie geduld sal al baie help.

Syferkunde is wiskunde se moses

Esme van der Merwe 2015-08-26 Dit maak my hart bly as wiskunde-onderwyseres.

Onderhoud, program en inligting: kykNET Silwerskermfees 2015

alet fick 2015-08-26 Die Silwerskermfees gee suurstof aan ons Afrikanerwortels en ons jong talent is besig om te blom plaaslik en oor die waters. Dankie vir wonderlike stories en toegewyde kunstenaars wat ons stories lewend hou!

Syferkunde is wiskunde se moses

Joyce van der Nest 2015-08-26 Kleinkinders nog klein 6 en 7 maar sal baie graag meer wil weet, ook oor afstandsonderrig, aangesien ons in Mpumalanga woon! Baie opgewonde en dankie byvoorbaat. Joyce

Onderhoud: Coenie de Villiers oor 'n Ander wêreld

Elsche Dippenaar 2015-08-26 Ek het elke episode van 'n Ander wêreld saam beleef en verstom gestaan hoe vreemde en anderste wêrelde in deernis ontsluit word. Coenie se opregte deernis met mense het gemaak dat elke episode ons aangeraak het. Ons saam laat lag en huil het. Ek wil

Munisipale verkiesing 2016

Jaco Fourie 2015-08-26 FC Boot Jy skryf: “Die feit is dat hul (die opposisie) ... die minderheid is.” Dit is vanselfsprekend dat ’n opposisie die minderheid in enige munisipale raad is, anders is hulle mos nie opposisie nie, of hoe? In Kaapstad is die DA die regerende p

Enkele hoogtepunte van astronomie die afgelope twee millennia vir Kobus de Klerk

Thomas 2015-08-26 FC Die tong in my kies keer darem dat ek deur die bodem van die vlak van gesprekvoering val. Wag tot jy Kobus se reaksie lees. Groetnis Thomas

Wie se Afrikaans? Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum

Jean Oosthuizen 2015-08-26 Johannes ek dink dit is goed om gesprek te voer oor Afrikaans en ek verkwalik geensins jou deelname aan die gesprek nie en verwelkom dit. Dit is tog sekerlik nie te betwyfel dat daar in Afrikaans, net soos enige ander taal, taalvariëteite bestaan nie. Ek

Syferkunde is wiskunde se moses

Joycelyn Claassen 2015-08-26 Het 'n tienjarige dogter wat gediagnoseer is met 'n tipe hiperaktiwiteit wat lei tot konsentrasieprobleme, ek stel graag belang in hierdie program.

Denise Ackermann en die Man op die geleende donkie

Johannes Comestor 2015-08-26 Retrait? Dit het seker iets met onredbare linksheid en opstandigheid te make.

Nog steeds die mengeltaalkwessie vir Angus

Reusedwerg 2015-08-25 Weet jy Jan, daar is mos maar manne wat altyd beter weet. As jy nie 'n taal suiwer praat nie klink dit swak (amper gebruik ek 'n ander woord wat rym). Dit is soos 'n skildery. Vir een is dit mooi en vir ander nie. Dit pla my erg as iemand sy taal meng, ve

Syferkunde is wiskunde se moses

Elza vd Walt 2015-08-25 Wil baie graag meer inligting en kostes bekom, asb.

Enkele hoogtepunte van astronomie die afgelope twee millennia vir Kobus de Klerk

Panda 2015-08-25 Jaco — Ek dra darem nie al die inligting in my kop saam nie en is ook nie skaam om te erken dat ek bietjie naslaanwerk moes doen en ou aantekeninge moes opdiep nie. Dankie, vir jou belangstelling en kommentaar. FC — Ja, man en ek trap hou vir hou

Syferkunde is wiskunde se moses

Ilse Von Wielligh 2015-08-25 Ek wil graag meer weet oor die kurses.

Nog steeds die mengeltaalkwessie vir Angus

Angus 2015-08-25 Beste Jan, Ek kan eenvoudig nie die logika van al jou redenasies insien nie. Jy maak ʼn stelling en dan weerspreek jy dit όf sommer dadelik, όf jy wag so ʼn maand of twee om die teenoorgestelde te sê. Neem nou maar die laaste paragraaf hierbo. Eers

Boekresensie: Die onbekende Van Gogh deur Chris Schoeman

Naòmi Morga 2015-08-25 Baie dankie vir die kompliment, ek hoop ek het u lus gemaak om die boek te lees, dit is werklik boeiend.

Leesbegripoefening vir Graad 7-leerlinge

Mariaan Prinsloo 2015-08-25 Uitstekende werk. Dankie!

Syferkunde is wiskunde se moses

Lizel 2015-08-25 My seuntjie is in Graad R. Ek sal hom graag wil help van kleins af. Enige inligting sal baie waardeer word. Dankie by voorbaat...

Syferkunde is wiskunde se moses

melody cloete 2015-08-25 Kan ek meer inligting kry asb.

Wie se Afrikaans? Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum

Johannes Comestor 2015-08-25 Jean Oosthuizen verkwalik my dat ek durf skryf op grond van berigte pleks van, soos hy, die byeenkoms by te woon. Met sy beskuldiging dat ek vir Nico Koopman woorde in die mond lê, dien hy terselfdertyd politieke korrektheid. Koopman laat hom reeds jare

Munisipale verkiesing 2016

Jaco Fourie 2015-08-25 Vir diegene wat belangstel, in Forum Nuus http://forumnuus.co.za kan oa die volgende aktiwiteite van AfriForum gelees word:- munisipale buurtwagte onwettige grondbesetting selfverdediging Afrikaner-kultuursake plaasmoorde straat- en dorpnaamsvera

Munisipale verkiesing 2016

F C Boot 2015-08-25 Beste Jaco Fourie Munisipale rade is net so goed soos die raadslede wat daarop dien en die personeel wat in diens is. Dit is nie so dat opposisieraadslede net stilsit en niks doen nie. Die feit is dat hul behalwe in die Kaap en op 'n paar ander plekke

Enkele hoogtepunte van astronomie die afgelope twee millennia vir Kobus de Klerk

F C Boot 2015-08-25 Beste Thomas Dit is werklik betreurenswaardig dat jy dit nodig ag om tot die vlak van gesprekvoering te daal om 'n punt te bewys.

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 5 | Diary of a teacher

F C Boot 2015-08-25 Beste Ms January As jy dalk wonder of die aanrander van my vrou vervolg is, dan is die antwoord 'nee'. Nadat 'n klag by die plaaslike polisiestasie ingedien is en 'n saak geopen is, is dit gesluit want volgens die ondersoekbeampte het hulle nie oor die

Afrikaans en Afrikaner

Jaco Fourie 2015-08-25 Thomas Dankie vir jou respons. Jy het ooglopend 'n traumatiese ondervinding mbt "Afrikaner" gehad wat betreurenswaardig is. Feit bly staan dat daar 'n oorwig getalle blanke Afrikaanssprekendes is wat hulself as Afrikaner beskou, myself as gay ateï

Tien vrae en 'n uittreksel: Boer kry 'n vrou deur Jan van Staden

Rika 2015-08-25 Gister aand boek klaar gelees. Voel jammer vir Hannalie en Marilet, duidelik was hulle nog nooit in 'n bekwame man se hande nie. Dames, 'n vrou kan BAIE meer as 3 keer 'n orgasme bereik, ek praat uit ondervinding. Ek dink net ook Juan is heeltemal te buit

Waar is Sus en Daan en Boet en Saartjie?

marius enslin 2015-08-24 Waar kan ek die Sus en Daan reeks kry?

Les-idees en werkkaarte rondom tienerroman Hoopvol

Heather Egling 2015-08-24 Onderwys

Syferkunde is wiskunde se moses

Lecia 2015-08-24 Stuur asb vir my meer inligting. Het 'n tweeling in graad 8.

Die fusillerings van Johannes Morgendaal en Lambert Colyn

Handre Brand 2015-08-24 Carmel alle sukses met jou navorsing. Ek sal graag jou publikasie wil lees.

Ons het ons verlede vergeet

Jurgens Hendriks 2015-08-24 Dankie Danny vir die herinnering aan Russel Botman en sy rol. As wit dosent aan die Fakulteit Teologie op Stellenbosch het ek ons finalejaars gereeld na die VGK in Wynberg geneem waar Russel hulle sy storie vertel het en waar baie van ons se oë oopgegaan

Afrikaans en Afrikaner

Thomas 2015-08-24 Jaco Jy het vergeet om te noem dat 'n Afrikaner per definisie 'n christen is. Ek moes destyds uit die Afrikanerbond bedank omdat ek nie meer kon verklaar dat ek 'n belydende christen is nie. Ek dink natuurlik hierdie mistieke Afrikaner wat jy probee

Enkele hoogtepunte van astronomie die afgelope twee millennia vir Kobus de Klerk

Thomas 2015-08-24 Panda Weereens ’n weldeurdagte skrywe wat die bogpraatjies van die Sê se spirituele intelligente onthul vir wat dit is – blote bogpraatjies sonder enige substans. Ek gaan probeer om Kosie voor te spring en antwoorde namens hom te verskaf op jou 12 s

Syferkunde is wiskunde se moses

Hendrik Jansen 2015-08-24 Stel belang

Syferkunde is wiskunde se moses

Melanie 2015-08-24 Onderwyser in Namibia en leerders sukkel baie met Wiskunde en ek dink die probleem is dat hulle nie syfervaardig is nie. Wat beloop die koste aan jou program?

Syferkunde is wiskunde se moses

mitzi. stelzer 2015-08-24 My klein seun is amper 3 jaar oud en ek will nou al begin om hom te help met syferkunde kan u vir my help met dit asb. Baie dankie byvoorbaat.

Robert Conquest is dood

Jaco Fourie 2015-08-24 Johannes Ek wens ek het die tyd gehad om kwaliteit leestof te kan lees, soos wat jy blykbaar doen. Nietemin, jou juwele bydraes met jou opsommings prikkel die verhemelte om die onderwerpe te wil navors. Dankie daarvoor.

Enkele hoogtepunte van astronomie die afgelope twee millennia vir Kobus de Klerk

F C Boot 2015-08-24 Beste Panda Is dit werklik nodig om 'n goeie storie met feite te bederf?
Top