Wen die splinternuwe HAT6!

  • 3

Ken jy jou idiome? Stuur die 10 woorde om hierdie blokraai te voltooi, saam met jou posadres en kontaknommer, aan wen@litnet.co.za. Die eerste drie korrekte trekkings wen elk die splinternuwe HAT6. Sluitingsdatum: 14 Augustus 2015.

Lees 'n onderhoud met die HAT6 se redakteur Jana Luther.

 

1 2
3
4 5
6 7
8
9

 

Dwars

  1. Hy het in die _______geval. (Hy het spierwit klere aan.)
  2. Hy pronk met anderman se _______. (Hy spog met iets wat nie syne is nie.)
  3. Jou _______ is nat. (Jy het geen kans op sukses nie.)
  4. ’n Gevoelige _______ aanraak. (’n Gevoelige onderwerp aanraak.)
  5. Iets met lang _______ doen. (Nie lus wees om iets te doen nie.)
  6. Ek gaan ’n _______ knip. (Ek gaan bietjie slaap.)

Af

  1. Praatjies vul geen _______ nie. (Met ’n blote gepraat rig ’n mens nie veel uit nie.)
  2. Met vlieënde _______ slaag. (Met groot sukses slaag.)
  3. Hy hamer altyd op dieselfde _______. (Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp.)
  4. Hy is so kaal soos ’n _______. (Hy is brandarm.)

hat250

 

Wenners:

  • Dewald Koen
  • Adri Strauss
  • Michiel Heyns
  • 3

Kommentaar

  • Is dit werklik 10 antwoorde?
    Met net 9 vrae :-).
    Ek het elkeen van die 9 idiome (hopelik korrek) - maar sukkel om nr 10 op te spoor. Dit het spoorloos verdwyn, maar ek sal my oor op die grond hou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top