Naòmi Morgan2015-09-02Hierdie onderhoud is aangrypend op n menslike vlak, en spreek op 'n eerlike en intelligente wyse soveel van die vrae aan waarmee skrywers worstel. Die skryfster wonder wat van Anneke gaan oorbly, maar die antwoord is reeds in druk: hierdie boek. Groter li
fred2015-09-02Vir ’n Afrikaner is daar nêrens om te gaan as jy hulp nodig het nie. Ons het alles oornag verloor en woon nou in ons voertuig nadat ’n sogenaamde vriend ons besteel het. Ek is ’n ambagsman en goed met wat ek doen. Raai wat, my eie mense stel nie be
Jaco Fourie2015-09-02FC Boot
Jou eerste respons op my laaste respons is goed uiteengesit en ek het waardering daarvoor.
Maar die kern van die saak is dat sonder om 'n professionele persoon hoef te wees, indien rioleringstelsels in duie stort; waar daar korrupsie is (PE); wa
Pieter Malan2015-09-02Ek het al met baie rubriekskrywers gewerk en min van hulle ewenaar Herman se toewyding. Seshonderd woorde kom nie vanself nie. Hy is een van die beste rubriekskrywers in Afrikaans van die huidige generasie. Ek is saam met hom bly dat hy, veral na die vers
F C Boot2015-09-02Jy is baie braaf om op ouderdom 40 nog te probeer.Toe skoollaaities my begin 'Oom' noem en met 'n paar tree klop oor die skuinste (hoek tot hoek- van doellyn tot doellyn) van die rugbyveld het ek besef ek behoort op die pawiljoen en nie op die veld nie.
Helize van Vuuren2015-09-02Die verwysing na bostaande ongepubliseerde artikel is as volg:
"Lied en liriek: ’n ontleding van die teks en toonsetting van vier Ingrid Jonker gedigte"
(2004)
Alyssa Carvalho, Riëtte Olivier & Helize van Vuuren
Nelson Mandela Metropolitaanse Unive
Helize van Vuuren2015-09-02Hier is 'n ontleding van "Ontvlugting" (uit 'n ongepubliseerde artikel van Carvalho, Olivier en Van Vuuren) wat hopelik nog duidelikheid kan bring:
Die gedig word vanuit ’n eerstepersoonsperspektief aan die leser oorgedra – ’n spreker is dus aan di
Jaco Fourie2015-09-02Jan.
Bewusmaking sonder aksie beteken niks. Rooi Daantjie, die ene bek, waag geen aksie nie. Enige hofbevel wat hy verloor, gaan hom uitroei. Hy was ampertjies met die Scholtz saak uitgeroei gewees.
Duitswester2015-09-02Dag Hennie,
Ek dink ek lewe presies soos jy, behalwe dat ek dit op die eiland Tasmania doen. Ek lewe nie tussen my volksgenote nie, maar ek lewe tussen Europese afstammelinge, dis 'n groot verskil tussen hier en by jou.
My dae is baie besig, eerste lig
Helize van Vuuren2015-09-02Miskien bring onderstaande toeligting uit 'n artikel van Van Zuydam verheldering op die saak:
SW VAN ZUYDAM [UIT: PERSPEKTIEF EN PROFIEL, BAND 1:514-526]
Ingrid Jonker is op 19 September 1933 op Douglas, in die Kaapprovinsie, gebore. Haar lewe word uit
Jan Rap2015-09-02Jy dwaal op sommige plekke hier. Die akademici, politici, teoloë edm waarvan jy praat se ouers en grootouers, in die oorgrote meerderheid van die gevalle, was plaatmetaalwerkers, skrynwerkers, messelaars, myners, die soort van mense. Mense wat hulle vi
F C Boot2015-09-02Die optrede toon nogal 'n ooreenkoms met die optrede van die farao's van Egipte. Nadat van die Hyksos ontslae geraak is, is die se nalatenskap en alles wat hul tot stand gebring het deeglik verwyder.
Dit was nodig om die Egiptiese kultuur te herstel en d
Johannes Comestor2015-09-02Die Universiteit Stellenbosch is klaarblyklik nie wat dit was nie. Niks op die foto's dui daarop dat studente daar is om te studeer nie.
Stephan Lategan2015-09-01'n Mooi onderneming. Maar hoekom sluit jy nie ook opnames van Afrikaanse koormusiek by die CD in nie? Ons kore is werklik uitstekend, van die beste ter wêreld en die Nederlanders en Vlaminge sal baie daarvan hou.
Jan Rap2015-09-01Geluk; om op 40 uit te draf wil gedoen wees.
Ek is dit eens met jou oor " ... die reg om te assosieer met wie ek wil." Dié wat ek die Portugese span in die afgelope twee sokkerwêreldbekertoernooie ondersteun het; die SA-sokkerspan maak geen geheim daa
Jan Rap2015-09-01Reusedwerg
Om belasting terug te hou gaan nie gebeur nie; dit sal groot organisasie verg en sou dit realiseer gaan als tot stilstand kom (alles het alreeds amper tot stilstand gekom, maar ons het darem nog water, so 'n bietjie elektrisiteit en hier en da
Gisela Ullyatt2015-09-01Karin, dit is belangrik om leerders/studente daarop attent te maak dat die 'spreker' van 'n gedig nie die 'digter' is nie. Alhoewel daar natuurlik sekere outobiografiese elemente in 'n gedig 'opgespoor' kan word en as belangrike agtergrondkennis mag dien,
Louis de Villiers2015-09-01Ek verstaan nie met die beste wil in die wêreld waaroor hierdie beweging eintlik gaan nie. Om iets oop te maak impliseer mos dat iets gesluit of geslote moet wees. In watter opsig is US geslote? Dit wás wel 'n wit universiteit, maar die nie-wit studente
renee norman2015-09-01Knap kreatiewe werk. Dis nie te verweef met klomp gekompliseerde kuberkletserasies nie. Werk vir ouens soos ek wat nog bietjie agterlik is met die druktaal van 'n qwerty-bord. Voorspoed met al jou ander projekte.
akkedissie2015-09-01Oooh nou dis wat ek noem opstaan vir jouself! En by the way, ek het nie op die Kaapse Vlaktes groot geword nie,maar op 'n Karoo-dorpie en even vir my was Nathan baie offensive teenoor die sogenaamde kleurlinge van die flatse! Want wat hy beskryf gebeur en
Karen de Wet2015-08-31Beste Karin
In plaas van om die teks (uitsluitlik of hoofsaaklik) outobiografies te lees, kyk ook hierna: "Uit HIERDIE Valkenburg" - maw die Valkenburg in die reël kan na 'n metaforiese Valkenburg verwys. Die "ontvlugting" (van die titel, in die gedig)
Jaco Fourie2015-08-31Thomas
Dit is verblydend om te sien dat jy wel trots is op jou Afrikanerskap, en soos jy in jou respons laat deurskemer het dat Afrikaners sekere besonderse unieke positiewe eienskappe besit soos doelgerigtheid, ’n werksetiek koester, en ek sê daarby,
Jaco Fourie2015-08-31Angus
Ek het beide jou en Jan se bydraes mbt Afrikaans met belangstelling gelees, en moet bieg dat ek nie naastenby die mas teenoor jou sal kan haal mbt die onderwerp nie.
My benadering is eerder ideologies as taalkundig, en as sulks sal dit seker nooit
Jaco Fourie2015-08-31Reusedwerg
Dink bietjie na wat jy alles hierbo kwytgeraak het.
Jy skryf: “Help my reg, het die regering al ooit ag geslaan op hofbevele/gedinge waarin hul ‘skuldig’ bevind is?” Die antwoord is ’n besliste JA daarop! Indien jy met my verskil, g
F C Boot2015-08-31Beste Jaco
Jy skryf: "Jy bontspring oudergewoonte; voorheen die godsdiensdebat en nou weer hier."
Jy het soos gewoonlik in die godsdiensdebat totaal die kluts kwytgeraak. Toe ek vir jou aan die verstand probeer bring het dat Moses nie die skeppingsverha
Duitswester2015-08-31Dag Reusedwerg,
Ek is lankal uit Afrika weg, maar ek onthou die emosies soos gister. Ek handhaaf my opinie, sonder grond het die witman niks, absoluut niks. Hy sal vertrap word, opgevreet word, mishandel word, uitgebuit word, belieg word en saam met alle
Jan Rap2015-08-31Beste FC Boot
Interessante skakel wat jy gegee het. Ek het dit nog nie gelees nie maar Van Eeden het 'n klomp werk ingesit waarby ek seker is ons gaan baat.
Daar was jare gelede 'n Hollander wat dieselfde voorstel gehad het en ek het vir hom gesê hy's
Duitswester2015-08-31Panda, om daaroor te spekuleer gaan baie mense woedend maak. Ek lees wat ek lees en vorm my opinie oor dinge daarvolgens. Maar daar is feite wat almal wat kyk kan sien.
Duitswester
F C Boot2015-08-31Wat moet 'n raadslid doen? Behalwe dat raadslede die gemeenskap waaruit hul gekies is verteenwoordig is hul ook die waghonde van die gemeenskap en moet hul bestuurders en hoofde van departemente tot verantwoording roep as die die funksies waarvoor hul aan
Karin Mitcham2015-08-31Baie dankie vir die terugvoer. Wat dink jy van die verwysing na die verbroke liefdesverhouding? Ek het 'n studiegids opgespoor uit die 50er jare wat reeds beweer dis 'n liefdesverhouding, maar niemand het nog dit regtig bewys of bevraagteken nie.
Gert2015-08-30'n Vriend van my het my hierdie week herinner dat Degenaar my 0 (zero) vir my eerste opstel vir hom gegee het.
"Beauty is truth, het jy geskryf in daai opstel as ek reg onthou. Ek reken Degie het 'n mooi lewe gehad. Nie as gevolg van die groot soeke na