Munisipale verkiesing 2016

  • 44

Volgende jaar is die munisipale verkiesings.

Die nasionale nut daarvan – dien uitsluitlik as maatstaf hoe kiesers al hoe nader aan die opposisie, en veral na die DA begin oorhel al dan nie, ’n aanduiding hoe die regering moontlik in 2019 daar gaan uitsien.

Maar wat is die plaaslike “track” rekord van die opposisie tot datum? Absoluut swak om die minste daarvan te sê!

Op nasionale vlak presteer die opposisie opsigtelik goed, plaaslik sien en hoor ’n mens niks van hulle nie. Die gemiddelde stads/dorpsburger wat vir die opposisie gestem het, weet nie eers wie die leier van die opposisie in hulle onderskeie munisipale rade is nie. Riolering; onsuiwer drinkwater; beskadigde elektriese onderbrekings; amptenary korrupsie; ens waar die opposisie vir opskuddings behoort te voorsien, is hulle tjoepstil! AfriForum tree nou op plaaslike vlak in die bresse waar die opposisie hoort in te getree het, maw funksioneer as die “de facto” amptelike munisipale opposisie.

AfriForum wat deur ’n klein sektor van die gemeenskap gefundeer word is gereeld in die nuus, veral wanneer hulle met munisipaliteite wat hulle aanvat bots weens gebreke in dienslewering tot voordeel van die hele gemeenskap. Oral in die land het AfriForum plaaslike takke gestig tot voordeel van hulle lede, voordele waaruit die breë gemeenskap voordeel ook trek.

Voorbeelde van AfriForum se daadwerklike toetredes tot munisipale sake tot voordeel van die plaaslike gemeenskap:

1. Swak riolering; Secunda-omgewingsramp, Lichtenburg-krisis, help Bethlehem met rioleringbeplanning, herstel van pompe om rioolstorting in die Vaalrivier te keer, ens.

2. Drinkwater: Amsterdam geen drinkwater, Nkatoane watersuiweringswerke, Paulpietersburg krane loop leeg, takel waterprobleme in Coligny.

3. Brandweerwaens: Secunda weerloos sonder brandweerwaens.

4. Elektriese verbindings: Munisipaliteit sleep, AfriForum maak reg in Inkwanco, eis kostes van munisipaliteit wat hof aan hulle toestaan, Hibuskus kus (Margate) ontbinding van onwettige elektriese aansluitings, welke gesteelde elektrisiteit deur gehoorsame burgers dienooreenkomstig onwillig gesubsidieer word.

5. Eiendomswaardasies: Vra aan vir herwaardasie in Phalaborwa tot voordeel van die plaaslike bevolking.

6. Korrupsie: Joubertina “mini Inkandla” vervolging. Eis van Port Elizabeth R6 miljoen se bedroggeld om aan die munisipaliteit terug te betaal.

’n Absolute stilswye deur die munisipale opposisie-raadslede in al bogenoemde gevalle.

Wel, ek gaan nie as deel van ’n barometer vir die 2019 nasionale verkiesing dien nie, dus kry niemand my munisipale stem nie. Na regte behoort AfriForum in die verkiesing hulle eie kandidate te stel. Vir hulle sal ek stem.

  • 44

Kommentaar

  • Beste Jaco Fourie
    Munisipale rade is net so goed soos die raadslede wat daarop dien en die personeel wat in diens is.
    Dit is nie so dat opposisieraadslede net stilsit en niks doen nie. Die feit is dat hul
    behalwe in die Kaap en op 'n paar ander plekke die minderheid is. Hulle proteste val op dowe ore want hulle word of in 'n stemming verslaan of deur die 'speaker' buite orde verklaar.
    Dit is prysenswaardig dat AfriForum aktief toetree maar dit het ook die nadeel want nou doen die ANC-raadslede nog minder, want iemand anders doen nou die werk waarvoor hulle ruim betaal word.

  • Vir diegene wat belangstel, in Forum Nuus http://forumnuus.co.za
    kan oa die volgende aktiwiteite van AfriForum gelees word:-

    munisipale buurtwagte
    onwettige grondbesetting
    selfverdediging
    Afrikaner-kultuursake
    plaasmoorde
    straat- en dorpnaamsveranderings
    werkskeppingsprojekte
    studenteprobleme
    Afrikaanse taalstryd
    moedertaal-onderig
    haatspraak teenoor minderhede
    menseregte-vergrype
    gedenkteken-onterings
    skaliegas
    Voortrekkermonument se jaarlikse musiekfees
    ens, ens!

  • FC Boot
    Jy skryf: “Die feit is dat hul (die opposisie) ... die minderheid is.”
    Dit is vanselfsprekend dat ’n opposisie die minderheid in enige munisipale raad is, anders is hulle mos nie opposisie nie, of hoe? In Kaapstad is die DA die regerende party en die ANC die opposisie.
    My kritiek hierbo is nie teen enige regerende party in enige munisipale raad gemik nie, maar teen enige opposisie party in enige munisipale-raad, wat nie die uiters belangrike funksie vervul om die regerende party op hul tone te hou nie. In Kaapstad funksioneer die opposisie soos wat van ’n opposisie verwag word, en juis as gevolg daarvan is dit een van die redes hoekom die plaaslike regering daar so goed funksioneer. Ehrenreich (ANC) is gedurig in die nuus en die DA durf hom nie tot eie nadeel ignoreer nie. Waar enige opposisieparty apaties in die raad teenoor enige regerende party staan, verskans dit swak plaaslike regering, wat wel die geval in die meerderheid munisipale rade voorkom, en dit is juis daar waar jy AfriForum se toetredes tot voordeel van die plaaslike bevolking sal vind.
    Jy sluit af met: “Dit is prysenswaardig dat AfriForum aktief toetree maar dit het ook die nadeel want nou doen die ANC-raadslede nog minder, want iemand anders doen nou die werk waarvoor hulle ruim betaal word.” (Eintlik verkwalik jy AfriForum se toetredes, maar terselfdertyd openbaar jy hoe oningelig jy is rakende munisipale regeringsfunksies).
    AfriForum doen nie die “werk” wat ANC raadslede hoort te doen nie, soos jy valslik beweer. Volgens wet mag hulle nie. Wat AfriForum wel doen is om hewige druk op die regerende party te plaas, selfs hof toe te vat indien nodig, welke druk deur die opposisie versuim is om te plaas.
    Nou hoekom moet ek volgende jaar vir swak opposisie stem?

  • Dit klink vir my maar dieselfde as die vorige verkiesing. En die een voor dit ook. Derde-wêreld fiasko.

    Duitswester

  • Beste Jaco
    Jy lys die volgende sake waarin AfriForum volgens jou aktief optree:
    "Voorbeelde van AfriForum se daadwerklike toetredes tot munisipale sake tot voordeel van die plaaslike gemeenskap:
    1. Swak riolering; Secunda-omgewingsramp, Lichtenburg-krisis, help Bethlehem met rioleringbeplanning, herstel van pompe om rioolstorting in die Vaalrivier te keer, ens.
    2. Drinkwater: Amsterdam geen drinkwater, Nkatoane watersuiweringswerke, Paulpietersburg krane loop leeg, takel waterprobleme in Coligny.
    3. Brandweerwaens: Secunda weerloos sonder brandweerwaens.
    4. Elektriese verbindings: Munisipaliteit sleep, AfriForum maak reg in Inkwanco, eis kostes van munisipaliteit wat hof aan hulle toestaan, Hibuskus kus (Margate) ontbinding van onwettige elektriese aansluitings, welke gesteelde elektrisiteit deur gehoorsame burgers dienooreenkomstig onwillig gesubsidieer word.
    5. Eiendomswaardasies: Vra aan vir herwaardasie in Phalaborwa tot voordeel van die plaaslike bevolking.
    6. Korrupsie: Joubertina “mini Inkandla” vervolging. Eis van Port Elizabeth R6 miljoen se bedroggeld om aan die munisipaliteit terug te betaal."
    Hierdie is alles sake wat deur plaaslike Besture hanteer behoort te word. Glo my ek weet waarvan ek praat want ek was vir meer as 35 jaar in regering en Munisipale diens en het op talle komitees gedien en was voorsitter van die komitee belas met die oorhandiging van Munisipale bates aan die maatskappy belas met rioleringswerke ens.
    Op raadsvergaderings het ek gesien hoe amptenare en ander partye met absolute minagting deur die ANC en sy meelopers behandel is.
    Enigiemand wat belangstel kan gerus Owerheidsfinansies deur JSH Gildenhuys aanskaf. Dit behandel in besonder die kenmerke van Owerheidsdienste en funksies.
    Ek hoop jy besef nou hoe hopeloos jy uit die kol is met : (Eintlik verkwalik jy AfriForum se toetredes, maar terselfdertyd openbaar jy hoe oningelig jy is rakende munisipale regeringsfunksies).
    Boetie hier is nuus vir jou: "Think before jou ink."

  • FC Boot,
    Lyk my dat die 35 jaar in munisipale dienste jou nie veel wyser gemaak het met jou vorige stelling van "nou doen die ANC-raadslede nog minder, want iemand anders (AfriForum) doen nou die werk waarvoor hulle ruim betaal word." Het jy hierdie stelling van jou vanuit Gildenhuys se boek aangehaal?
    Jy bontspring oudergewoonte; voorheen die godsdiensdebat en nou weer hier.
    Nêrens in my brief het ek enigiets oor enige munisipale amptenary en hul funksies geskryf nie.
    Vir die derde maal, my kritiek gaan oor sekere munisipale rade se OPPOSISIE se geopenbaarde onvermoë om behoorlik hul rol as opposisie te volstaan. Nou wil jy vir my met jou jongste respons sê dat omrede die opposisie die minderheid is en deur die regerende party geboelie word, hulle netsowel maar moet hensop en gaan platlê! Waar dink jy sal die nasionale opposisie vandag staan indien hulle hierdie einste houding sou ingeneem het? Wat keer die plaaslike rade se opposisie om nie soortgelyk op te tree om sodoende positiewe resultate van die regerende party te probeer bekom nie, en indien nie suksesvol nie, dat sodanige gebreke gedurig onder publieke "scrutiny" geplaas word.
    Soos reeds in my vorige respons genoem, nie net die inwoners van Kaapstad weet van Ehrenreich nie, (ANC opposisie), maar selfs die hele land. Dit is hoe opposisie hoort te geskied! (Kan jy nog onthou hoe die ANC opposisie die Kaapstad se munisipale regering met die "Toilet" debakel "embarrased" het, wat resultate van die DA regerende party afgedwing het!)
    Dan probeer jy uit die hoogte 'n boek, sonder om daaruit aan te haal, teen my kop te wil slinger, sonder om te bewys dit handel oor die onderwerp, nl die opposisie se rol in die plaaslike raad, wat ek in my brief hierbo bespreek.
    Die feit dat jy oudergewoonte ellendige lang aanhalings van ander bronne kwoteer om jou stellings te probeer staaf (gewoonlik sonder sukses), en dit glad nie hier doen nie, sê vir my jy tree hier nie eerlik op nie.

  • FC Boot
    Hieronder is 'n voorbeeld van hoe munisipale-opposisie-partye kan optree wanneer hulle gefrustreer word, nie net polities soos in die voorbeeld hieronder nie, maar ook tov gebrek aan dienslewering soos; riolering; water sanitasie; eiendomswaardasies; ens.
    CAPE TOWN – Opposition parties in the City of Cape Town have indicated they will approach the courts to interdict decisions taken at a council meeting they were barred from attending.
    http://ewn.co.za/2015/01/30/ANC-opposition-to-interdict-decisions-taken-at-council-meeting

  • Wat moet 'n raadslid doen? Behalwe dat raadslede die gemeenskap waaruit hul gekies is verteenwoordig is hul ook die waghonde van die gemeenskap en moet hul bestuurders en hoofde van departemente tot verantwoording roep as die die funksies waarvoor hul aangestel is nie uitgeoefen is nie of die doelwitte in die begroting gestel nie bereik is nie.
    Maar om die rol te vervul moet jy of opgelei en die nodige ondervinding uit die aard van jou beroep/werk opgedoen het om die rol te vervul. Daarom moet rade dan ook saamgestel en verkies word dat daar kundige raadslede is wat 'n oordeel kan uitspreek om bv 'n gesondheidsdepartement sy funksie behoorlik te vervul.
    Vir die doel sou 'n raadslid met 'n mediese agtergrond geskik wees. Dit is dus duidelik dat enige raad se saamstelling sou moet wees dat raadslede in staat is om 'n oordeel oor die werksaamhede van die raad uit te spreek.
    Gebeur dit nie gaan amptenare die raad aan 'n lyntjie hou en met moord wegkom, veral waar kontrakte toegeken moet word en raadslede nie in staat is om amptenare se aanbevelings te beoordeel nie.
    Dit is om die rede wat talle rade hulself in 'n groot gemors bevind want raadslede en amptenare is in baie gevalle ewe onbevoeg. Dit is dan die rede dat siviele organisasies toetree en dan die rol begin vervul wat amptenare en raadslede versuim om uit te voer.
    Maar die toetrede los nie die kern van die probleem op nie en maak dan die doel van verkiesings belaglik en plaas 'n ernstige vraagteken oor die volle betaling van munisipale rekeninge. As munisipale rade hul plig versuim en geen diens ten volle lewer nie en siviele organisasies moet toetree behoort 'n deel van die betaling dan vir hul geoormerk te word nie? Dit is tog hulle wat die diens lewer.

  • Beste Jaco
    Jy skryf: "Jy bontspring oudergewoonte; voorheen die godsdiensdebat en nou weer hier."
    Jy het soos gewoonlik in die godsdiensdebat totaal die kluts kwytgeraak. Toe ek vir jou aan die verstand probeer bring het dat Moses nie die skeppingsverhale kon geskryf het nie, maar dat hul in 538vC deur die bannelinge geskryf is, maak jy die gevolgtrekking dat ek sê dat Moses nie kan skryf nie.
    Kom ons kyk wat sê Willie Esterhuyse op bladsy 13 van sy boek God en die Gode van Egipte daaroor: "Genesis is beskryf as die eerste van die sogenaamde Vyf Boeke van Moses: die Pentateug - die Tora-lering of wet. (Let nou mooi op Jaco wat hy verder skryf.) "Tot my ontsteltenis moes ek later agterkom dat Moses dit nie kon geskryf het nie en dat ons dit nie as betroubare dokumentêre weergawes van historiese gebeurtenisse kan lees nie."
    Jy het dit wat ek oor dit geskryf het in twyfel getrek. Ek stel dus voor dat jy die gesprek
    oor Moses en die skryf van Genesisverhale verder met Willie Esterhuyse opneem.
    Dalk oortuig jy hom en publiseer hy dalk 'n regstelling.

  • FC Boot
    Jou eerste respons op my laaste respons is goed uiteengesit en ek het waardering daarvoor.
    Maar die kern van die saak is dat sonder om 'n professionele persoon hoef te wees, indien rioleringstelsels in duie stort; waar daar korrupsie is (PE); watersuiwering nie na wense is nie; herwaardasies aanvra word; ens en die regerende party nie die betrokke amptenare daaroor aanspreek wat die regerende party se verpligting is om te doen nie, dan het die opposisie die verantwoordelikheid om die regerende party daaroor vas te vat, en indien nodig, hof toe te sleep. Doen hulle dit nie, dan versuim hulle ook in hulle verpligtinge
    Bv met PE se korrupsie van R6mil het die opposisie blykbaar weinig iets daaromtrent gedoen, en nieteenstaande is die verwagting vir 2016 dat hulle die stad se munisipale verkiesing gaan wen. As gevolg van ontevredenheid, tree AfriForum nou in die bresse!

  • Sonder om die godsdiensdebat tussen ons twee weer aan te wakker, wil ek net kortliks herhaal waaroor dit eintlik tussen ons twee gegaan het.
    Kobus as Christen aanvaar die hele Ou en Nuwe Testament as die WOORD van God. Jy in teenstelling versnipper beide indelings soos jy deur Bybelse hoër kritici beïnvloed word.
    Wanneer Kobus vanuit die Bybel kwoteer, doen hy dit met die innerlike wete dat dit van sy God afkomstig is. Wanneer jy vanuit die Bybel kwoteer om ’n godsdienstige stelling te maak of te staaf, maak jy jouself geveins omrede jy self die Bybel nie as goddelik gesaghebbend beskou nie.
    Ek het by herhaling vir jou gevra, indien nie die Bybel nie, deur middel van watter gesag kan jy jouself ’n Christen noem. Wat is die oorspronklike BRON wat jou beweeg om Christen te wees? Indien jou antwoord “oorlewering” is beweeg jy jouself in ’n groter moeras as die Bybel. Jy het my herhaaldelik in die vorige debat oor jou BRON soos hierbo aangedui, ontduik.
    Maar ja. Indien jy kans sien, kan ons die debat voortsit onder ’n ander opskrif.

  • Beste FC Boot. Nav my skrywe "Moet ek of nie" het mnr Fourie 'n relaas gelewer. Ek kan die man net bedank dat hy hom verwerdig het om 'n opinie op my skrywe te lug. Ek waardeer dat hy my brief gelees het maar ek glo nie hy het die trant van my brief heeltemal verstaan nie. Ek laat dit maar daar want ek het regtig nie lus om in 'n sinnelose bekgeveg met enige iemand betrokke te raak nie. Ek is egter onthuts oor die trant van reaksies van en op sommige skrywers. Ek as emosioneel volwasse respekteer enigiemand se opinie of sienswyse. Ek haal daaruit wat ek as leersaam sien/gebruik en laat die res my verby gaan. Enige mens het die reg op 'n opinie of om vrae te vra. Soos die wetsgeleerdes in Ingels sou sê, "I rest my case"

  • Beste Jaco
    Die antwoord op jou vraag is tog heel eenvoudig. 'n Christen is 'n volgeling van Christus. Vra jouself nou die volgende eenvoudige vraag? Hoekom het die Jode Christus laat kruisig?
    As jy nou eerlik met jouself is berus die verhoor van Christus op 'n wanvertolking van die ou Testament, want die wat Hom verhoor het kon nie deur hul eie skrifblindheid sien dat Christus werklik die Een is waaroor geskryf en geprofeteer is deur hul profete.
    Nou Jaco dit is dan ook jou skrifblindheid gelykstaande aan die van die Jode wat jou verhinder om Christus werklik as jou Enigste Verlosser en middelaar tussen God en mens te aanvaar en te erken, wat jou 'n ateïs gemaak het.
    Verstaan jy dan nie dat: "Die lewe wat Jesus gelei het, Sy wonderwerke, die woorde wat Hy gespreek het, Sy dood aan die kruis, Sy opstanding en Sy hemelvaart - alles dui heen op die feit dat Hy nie bloot 'n gewone mens was nie, maar meer as 'n mens. Jesus het gesê: "Ek en die Vader is een" (Johannes 10:30). "Wie my sien, sien die Vader" (Johannes 14:9), en "Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." (Johannes 14:6).
    Jou het jouself in 'n moeras van onkunde gedompel wat dit aanbetref. Dit verander niks aan die saak dat die Genesis-skeppingsverhale finaal deur die banneling in +- 538 vC op skrif geplaas is.
    Jy hoef nie vir 'n dominee te 'geswot' het nie want die beeldspraak van tuin ens is kenmerkend van die tyd waarin dit geskryf is. Jy is ook duidelik tiperend van iemand wat nie die argument kan voer op grond van feite nie.
    Doen dit wat ek skryf nou afbreuk aan die kernboodskap van die Bybel? Natuurlik nie Jaco want elke gelowige word gelowig binne die kennis van sy tyd. Die feit dat ons voorgeslagte Darwin se teorie totaal misverstaan het het mos niks met hul geloof uit te waai maar is hoogstens 'n aanduiding dat hul sekulêre kennis wat dit aanbetref en deur die kerk beïnvloed uiters beperk was.
    Jy se: “Maar ja. Indien jy kans sien, kan ons die debat voortsit onder ’n ander opskrif.”
    Liewe Jaco daar moet tog in enige debat ’n platform wees waarop die debat gevoer word.
    So ’n platform vereis dat oor basiese feite saamgestem word.
    So hier gaan ons.
    Ek sê: 1. Die Bybelverhale is geskryf binne die bestaande kennisbron van die tyd en is baie kere sameflansing en samevoeging van bestaande skeppingsverhale.
    2. Die ‘kerk’ se vertolking van tekste is bewys van tyd tot tyd verkeerd te wees, soos bewys deur Galileo Galilei en het dan ook gelei tot die hervorming van “ Martin Luther (10 November 1483 – 18 Februarie 1546 in Eisleben, graafskap Mansfield) was ’n Duitse monnik en Rooms-Katolieke priester wat in die 16de eeu die grondlegger was van die Protestantse Hervorming in die Christendom.[1] Hy was sterk gekant teen die idee dat kwytskelding van God se straf vir sonde met geld gekoop kan”
    3. Die versoeningsboodskap van God soos vervat in die Bybel is onfeilbaar – maar menslike vertolking daarvan laat soos bewys deur Kobus de Klerk veel te wense oor, want enige mens wat feite soos deur die wetenskap ontdek en bewys ontken doen die tydlose Skepper van alles skade aan deur ’n onhaalbare tydskedule aan die skepping te koppel, soos bv. ’n 6000 jaar oue aarde ens.
    Het jy geweet die maan beweeg weg van die aarde af ? http://news.discovery.com/space/astronomy/moon-earth-wobble-tides-nemesis-130726.htm
    (Hoekom lees ek niks daarvan in die Bybel nie?)
    Dit is voorlopig genoeg. Verneem graag wat jou feite-gebaseerde standpunte daaromtrent is.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Daar doen jy dit weer. Jy ontduik die vrae opsetlik, want jy het nie antwoorde daarvoor nie. Jy aanvaar nie die Bybel, asook die Nuwe Testament ingesluit as goddelike openbaring of selfs geloofwaardigheid nie, tog kwoteer jy gereeld van beide asof die tekste wat jy kwoteer wel goddelike openbaring en geloofwaardigheid bevat om te gehoorsaam, dienooreenkomstig toon jy jouself geveins.
    Ek het hierbo gesê: "Ek het by herhaling vir jou gevra, indien nie die Bybel nie, deur middel van watter gesag kan jy jouself ’n Christen noem. Wat is die oorspronklike BRON wat jou beweeg om Christen te wees?" Dit is die uitsluitlike platform van my debat met jou.
    Jy sê Christus is jou bron. Nou jou kennis van Christus kom uitsluitlik vanuit die Nuwe Testament, want buite die Nuwe Testament is daar nie 'n geskiedkundige Jesus nie, en tog verwerp jy die gedagte daaraan dat die Nuwe Testament enige goddelike openbaring bevat. Dus op sterkte waarvan, indien nie die Nuwe Testament, kan jy sê dat Jesus die Seun van God is; enige gesag aan die woorde van Jesus in die Nuwe Testament as goddelik toeskryf; selfs sy maagdelike geboorte wat jy glo? En watter enkele BRON openbaar dit? Uitsluitlik die Nuwe Testament wat jy nie as geloofwaardig beskou nie.
    Nou bontspring jy oudergewoonte en warra warra oor die skeppingsverhaal, verskillende kerklike vertolkings van die Bybel, Galileo, Darwin, Martin Luther, ens heeltemal van die punt af, suiwer ten doel om vir jou die geleentheid te kan skep om lesers te wil bewys jy besit “pseudo” kennis.
    Indien jy die debat wil voortsit, doen so om by die enkele punt te bly, naamlik indien nie die Nuwe Testament nie, wat is die Bron van jou kennis en geloof in Jesus?

  • Reusedwerg
    Nou waarvoor tjank jy by FC Boot? Hy het nie eers op jou brief reageer nie.
    Jy moet eintlik met my praat. Ek kan dit vat.
    Ek het niks teen jou persoonlik nie, ek ken jou nie eers nie, maar wanneer jy of enigiemand anders “opinies” en selfs feite hier op SêNet plaas, dan moet sodanige persoon response verwag, sonder om seergemaak gevoel te wees indien dit nie die verlangde respons lok nie.
    In jou brief het jy sekere stellings gemaak (volgens jou ’n “opinie” gelug), sonder om vooraf jou huiswerk oor die onderwerp te gedoen het. Met die een asem het jy gesê Afrikaners moet saamstaan, tekkie op die teer tot aksie, en met die ander asem het jy die enigste Afrikaner-organisasie wat wel aan jou verwagtinge sal kan voldoen, as ’n uitbuiter afgekraak.
    Nou hoe dan?

  • Beste Jaco
    Jou antwoord is geen debat nie maar 'n emosie-gedrewe tirade.
    Dit is dus nodig om die begrip ‘goddelike openbaring’ eers te omskryf en dan aan die hand van die omskrywing te bepaal of jou stelling enige waarheid bevat.
    Op die webblad http://www.faithequip.co.za/products/product.php?product_id=272
    word die begrip soos volg omskryf. Ek plaas dit sodat dit toeganklik is vir alle lesers wat die ‘stryery’ volg. Laat weet my of jy daarmee kan saamleef en dan kan gesprek dalk koers kry.
    “Is daar ’n God? Ja daar is. As daar ’n God is, kommunikeer Hy? Ja Hy doen. En as Hy kommunikeer, hoe doen Hy dit en wat sê Hy?
    Hierdie artikel bespreek die korrelasie tussen die Skrif en God se openbaring.
    God kan alleenlik geken word omdat Hy Homself openbaar. God is ’n oneindige wese; die mens is beperk, ’n geskape wese met beperkte kennis. Teologie is basies ’n sistematisering van wat God geopenbaar het. Daar is hoofsaaklik twee tipes Goddelike Openbaring, naamlik Algemene Openbaring en Spesiale Openbaring.
    Algemene Openbaring verwys na die manier waarop God Homself in die algemeen aan alle mense van alle tye openbaar. Hierdie is dinge waarvolgens dit vir enigiemand op enige plek in die wêreld moontlik is om van God te weet, want God het Homself op ’n algemene manier aan almal geopenbaar. Die aard van Algemene Openbaring is dat hierdie openbaring omvat word in dinge. Die metodes hoe God in die Algemeen Openbaar het, is deur die natuur, deur God se voorsienigheid in die geskiedenis, deur God se bewaring van wat Hy geskep het en ook in die gewete van elke mens. En tog is Algemene Openbaring beperk in die mate waartoe dit twee aspekte kan openbaar, naamlik redding en veroordeling.
    Die aard van Spesiale Openbaring is dat dit omvat word in woorde. Waar Algemene Openbaring omvat is in dinge, is Spesiale Openbaring omvat in woorde. In Spesiale Openbaring maak God Homself bekend op spesifieke tye, deur spesifieke persone, en op spesifieke maniere. Spesiale Openbaring van God is nodig om die waarhede van Algemene Openbaring korrek te vertolk of te verklaar; om die mens te voorsien van ’n openbaring van redding en om dit wat voorkom as weersprekende elemente in Algemene Openbaring, te harmonieer. Hoe vind Spesiale Openbaring plaas? God het dit gedoen deur teofanieë, wonderwerke, direkte kommunikasie, engele, die vleeswording van die God-mens, Jesus Christus en deur die geïnspireerde Skrif. Dit is die Skrif wat die So spreek die Here bevat.”
    Ons - dit is die Christene - sê dan ook: Bybel A-Z. “Die Christendom sê God het Hom deur Jesus Christus aan die mens kom openbaar. Jesus is God se Woord (of openbaring Joh.1.11), die beeld van God (Kol 1:15) In Jesus word die gordyn weggetrek sodat ons God kan sien en leer ken. In Jesus wys God vir ons hoe en wie Hy is.
    ‘Die ou en nuwe testament is dan die basiese bron wat alles bepaal wat ons doen en glo. Die ou Testament getuig van God se teenwoordigheid onder sy volk. Die mense van die ou testament het Drome/profete/Gesigte/Engele ... In die nuwe testament kom Jesus God openbaar in die geskiedenis.
    Hiermee probeer ek dan ’n platform vir die debat te skep - iets wat jy klaarblyklik nie in staat is om te doen nie.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    OK! Jy wil maar eenvoudig my direkte vraag hierbo aan jou steeds ontduik, sonder om 'n eenvoudige antwoord te wil gee, dat indien nie die Nuwe Testament, waar bekom jy jou geloof in Jesus? Ek gaan spesifiek nie van hierdie vraag aan jou afwyk nie, synde dit die platform is waaroor ek met jou wil bespreek.
    Jy kwoteer van 'n skrywer die volgende. God openbaar homself deur twee middele, nl "Algemene" openbaring en "Spesifieke" openbaring.
    "Algemene" openbaring is 'n VERALGEMENING, uitsluitlik deur gelowiges van enige tipe godsdiens, dat God deur middel van die natuur en wetenskap tot alle mense spreek, sonder enige bewyse van enige aard, daarvoor nie. Nog minder sal enigeen "Algemene" openbaring aan Jesus sal kan toeskryf, weens die menigte non-Christelike godsdienste betrokke onder hierdie veronderstelling.
    "Spesifieke" openbaring gaan juis oor my vraag aan jou, nl die "goddelike" openbaring van die Nuwe Testament, die enigste oorspronklike BRON wat Jesus aan die mensdom openbaar, welke openbaring jy nie in 'n goddelike lig erken nie, en ook nie as betroubare bron beskou nie, weens jou menige stellings in die verlede daartoe.
    In teenstryd met jou gesproke sieninge, kwoteer jy: "Die ou en nuwe testament is dan die basiese bron wat alles bepaal wat ons doen en glo. Die ou Testament getuig van God se teenwoordigheid onder sy volk. Die mense van die ou testament het Drome/profete/Gesigte/Engele ... In die nuwe testament kom Jesus God openbaar in die geskiedenis"
    Dit is juis Kobus se siening, maar nie joune nie! Weereens. Jou geveinsdheid ken geen perke nie.

  • Beste Jaco
    Luister nou mooi wat ek vir jou sê.
    Daar is net een God wat Hom aan die mens geopenbaar het op die manier in die ou testament soos wat ek in my vorige kommentaar uitgelig het. As jy nou mooi gelees het: 'deur God se bewaring van wat Hy geskep het en ook in die gewete van elke mens'. Elke mens weet dus deur sy gewete dat die mens nie vanself op hierdie planeet ontstaan het nie. Om die rede soek mense van elke nasie na antwoorde op die volgende algemene vrae.
    1.Waar kom ons vandaan?
    2.Wat soek ons hier?
    In al die godsdienste is daar konsensus dat die ontstaan van die heelal 'n bonatuurlike gebeurtenis was, dit het dus buite die natuurlike omgewing plaasgevind.
    Daarom skep godsdienste 'gode' om betekenis te gee en te verkry van hoe alles gebeur het. En word dit in die natuur vergoddelik, dus tot 'godstatus' verhef so bv die son en maan en die god wat die vloede beheer, soos in Egipte.
    Moses het egter die monoteïsme geformuleer en gepropageer onder die Jode want hy het 'n ontmoeting met God gehad – wat sigself as die Enigste God aan Moses bekend gemaak het.
    Omdat Moses as 'n Egiptiese prins grootgemaak is was hy bekend met die Egiptiese godsdiens en hul baie afgode afkomstig uit die natuur en daarom vra hy vrae om die identiteit van die God waarmee hy later verdere ontmoetinge sal hê vas te stel. Die Egiptenare het dus ‘God’ in die natuur gesoek. Dit sou nooit gebeur het as die natuur nie op ’n besondere manier met hulle gekommunikeer het.
    In die nuwe testament het dieselfde God wat Moses ontmoet het Hom deur Jesus geopenbaar. Wanneer daar gepraat word van basies word daarmee bedoel die algemene riglyne waarvolgens 'n Christen sy lewe moet inrig. Ons doop en besny nie ons kinders nie.
    Daar was dus dinge wat spesifiek gerig was op die volk Israel en wat nie van toepassing is op ons nie. God het aan Israel 'n spesifieke landstreek belowe en nie aan die Afrikaner nie. Ek kan my dus nie op die belofte beroep nie.
    Jy fouteer verder deur te sê dat dit Kobus se siening is. Kobus glo aan 'n letterlike vertolking van bv die skeppingsverhale.
    Dit is oor en oor bewys dit dit nie as letterlik gelees kan word nie. Verder moet jy tog maar die word geveins gaan oplees want ek kom agter dat jy niks verstaan wat ek jou aan die verstand probeer bring nie.
    Ek dink ons moet die gesprek maar hier eindig want verder sal ons nie vorder nie.

  • FC Boot
    Ek aanvaar jy waag nie verdere bespreking oor die onderwerp met my nie, dus gaan ek jou geloof as “christen?” (LW die klein “c” suiwer in jou geval) soos volg opsom:
    1. Jy was nêrens bereid om ’n enkele antwoord op ’n enkele vraag te beantwoord nie. Jou antwoorde was altyd ’n langsame Kaapse draai om die onderwerp heeltemal te omseil en te verbloem, nl Indien nie die Nuwe Testament nie, wat is jou “Spesifieke” BRON vir jou geloof in Jesus as God?
    Beide die Ou en Nuwe Testament, synde “Spesifieke” openbaring, volgens jou eie aangehaalde internet skakel hierbo, is jy geensins oortuig hulle bevat GODDELIKE asook geloofwaardige openbaring vir jou geloof nie, en tog wanneer dit jou pas, sal jy beide aanhaal om ’n godsdienstige stelling te wil benadruk.
    2. Aangesien beide “Spesifieke” asook “Algemene” goddelike openbaring in jou geval ontbreek, het jy in werklikheid geen BRON om jou geloof in Jesus te staaf nie. In die Christen se geval, maak “Algemene” openbaring sin suiwer deur middle van “Spesifieke” openbaring, nl. die Ou en Nuwe Testament, want buite dit is daar geen manier dat enigiemand die Jehova God asook Jesus in die natuur en wetenskap sal kan gewaar nie.
    Jy glo wel daar is ’n god, en dienooreenkomstig, op beste sal jy jouself as ’n “Theist” en nie as ’n Christen kan beskrywe nie

  • Beste Jaco
    Jou vrae is tot vervelens toe beantwoord. Jou uitgangspunt is duidelik as 'n antwoord jou nie tevrede stel nie bly jy aanhou neul soos 'n kind wat nie sy sin kan kry nie.
    Jy bly praat van die Bybel asof dit 'n enkel boek is wat nogal vreemd is vir 'n persoon wat vir dominee geswot het.
    Ek gaan die gesprek nou afsluit met iets wat ek al voorheen elders geskryf het:
    "Kinders aanvaar nie meer alles soos ek en ander dit in ons jeug aanvaar het toe die dominee en onderwyser die toonaangewende lede in die kerk en skool was. Daar was immers geen rede om hul kennis en woord in twyfel te trek nie. As Genesis vertolk word as ’n letterlike 6-dae skepping en ’n 6000 jaar oue aarde. Dan is dit so. Enige bevraagteken kon nare gevolge hê.
    Die Bybel is ’n besondere boek, eintlik ’n versameling van boeke. Huidige skrywers doen deeglik navorsing oor hul onderwerp en neem dit soms jare van skryf en herskryf voordat boeke gedruk word en op die rak vir verkoop geplaas word.
    Die Bybel bevat 66 boeke, 39 in die Ou Testament en 27 in die Nuwe Testament. Die Katolieke het egter 46 boeke in die Ou Testament. Die Jode het 24 boeke in die Ou Testament omdat hul die 12 kleiner profete as een boek beskou.
    Die woord Bybel is afgelei van die Egiptiese woord vir perkament ’byblos’. Die Grieke het die woord ‘biblios’ gebruik, boeke of rolle, wat daarna in Latyn vertaal is as ‘biblia’ boek. Die Bybel is egter meer as een boek. Dit is ’n ‘at biblia,’ ‘die boeke’. Net soos in ’n biblioteek kry ’n mens ’n verskeidenheid van boeke, prosa, digkuns, liedere, gebede, geskiedenis, volksoorleweringe, sages, wysheid, briewe, gelykenisse, spreuke, profesieë ens.
    ’n Mens kan maar sê dat die Ou Testament, die Hebreeuse geskrifte is en die Nuwe Testament die geskrifte van die Christene. Die woord testament het ’n ander betekenis en is nie ’n wettige dokument van hoe ’n mens oor jou aardse goedere beskik nie.
    Die is afgelei van die Latynse woord ‘testamentum’ wat ’n vertaling is vir die Hebreeuse woord ‘verbond’ ‘berith’. ’n Verbond is ’n ooreenkoms tussen twee partye. Hier tussen God en die mense van God. As jy glo dat God nie bestaan nie kan daar ook nie ’n oorkoms wees nie.
    Deur Moses het God ’n ooreenkoms met die mense van Israel gesluit. Die ou verbond. ’n Kern van die verbond was dat daar ’n Verlosser gebore sou word. Hierdie belofte is vervul in Jesus Christus, wat egter deur die Jode verwerp is.
    Jesus Christus is dan die ‘nuwe verbond’ want: Johannes 14: 6: Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7: As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
    Oud beteken egter nie dat dit nou weggegooi kan word nie. Dit beteken eerste of die Hebreeuse geskrifte. Die Bybel is belangrik omdat God belangrik en daarom bly die Bybel die norm of kanon, ’n norm of maatstaf waarvolgens Christene hul handel en wandel moet bedryf.
    Saam met die Jodedom, Islam, is die Christendom openbaringsgodsdienste. Christene glo en bly dat God hom deur Jesus Christus aan die mensdom geopenbaar het.
    Jesus is God se woord, God se openbaring. Die skryfkuns was nie almal beskore in die ou tyd nie en mense het dit deur vertelling oorgedra van geslag to geslag. Jesus het self niks neergeskryf nie.
    Dissipels het eers nadat Jesus opgevaar het gepreek oor dit wat hul gesien en gehoor het. Omdat elke mens se ervaring uniek is, is dit duidelik dat daar oor verskille sal wees wanneer hul praat oor wat hul gesien en gehoor het. Persoonlik sou ek baie meer bekommerd gewees het as bv. alle evangelies woordeliks dieselfde was. Dit sou op ’n sameswering en knoeiery gedui het.
    Hoe jy die Bybel lees hang af van hoe ’n mens die Bybel sien. Gebruik jy die Bybel omdat jy glo dat dit magiese kragte beskik en dra bybelversies vir beskerming of laat die Bybel oopval en die eerste vers wat jy sien is dan ’n direkte boodskap van God?
    Die Bybel kan dogmaties gelees word. Daar word na verse gesoek om leer of tradisie te bevestig en so gaan die boodskap verlore. Dit kan allegories gelees word deur aan alles ‘n geestelike boodskap te gee. Die Bybel kan ook net in historiese konteks gelees word. Rondom dit is verskillende metodes ontwikkel.
    Hoe jy vir jouself bepaal het wat die Bybel is, gaan bepaal hoe jy die Bybel lees. Die Bybel het oor ’n lang tydperk tot stand gekom. Die eerste dele van die Ou Testament 3500 jaar gelede. Die Nuwe Testament ongeveer 2000 jaar gelede. Wetenskaplike kennis het ook geweldig vermeerder.
    Waar Moses bv in net 31 sinne die hele skepping beskryf (later vasgestel dat dit eintlik die Jode in ballingskap was wat dit opskrif geplaas het) is daar vandag derduisende boeke op die mark en in biblioteke oor dié onderwerp. Ongelowiges het ook dan baie kritiek oor die historiese korrektheid van veral die Ou Testament. Waar is die bewyse vir die uittog uit Egipte word gevra.
    Wel daar is talle potskerwe op die plekke waar die Israeliete gekamp het. Die probleem is egter dat hul nie gedateer kan word na die tydperk waarvolgens die Israeliete Egipte verlaat. Die skrywers van die Ou Testament het hul min gesteur aan die datering van hul verhaal, want hul het geweet dat die mense vir wie hulle dit op skrif geplaas het geweet het waarvan hul praat.
    Verhale is gekoppel aan groot gebeurtenisse of heersers van die tyd. By Tell Mardikh die antieke Ebla in Sirië is ‘n groot aantal kleitablette opgegrawe waarop daar heelwat name soortgelyk aan hul Hebreeuse eweknie voorkom. Daar is ook baie verwysings na gode en ook ’n skeppingsgedig. Baie gode is in die stad aanbid.
    Baie Christene aanvaar dat die sondvloed die hele aarde bedek het en weier dan om te glo dat dit slegs die aarde was soos dit aan die mense in die tyd bekend was. Deur die wetenskap weet ons dat ongeveer 97% van al die water op ons planeet soutwater is en slegs drie persent vars water, waarvan een persent vloeibaar is, die res is in die yskappe van die pole en gletsers vasgevang.
    As die hele aarde bedek was, was daar geen plek waarheen water deur swaartekrag kon wegvloei nie en sou alle vars water bronne versout gewees het en moes daar oral ’n soutlaag gevind word.
    Die Bybel is vir my ’n geloofsboek en aanvaar ek gelowig dat die beloftes daarin vervat ook vir my bewaarheid sal word. Ek het die Bybel A-Z, die Katolieke aanlyn ensiklopedie, Britannica Ultimate Reference Suite, Owen Chadwick, History of Christianity, en ander geraadpleeg en erken dan ook die skrywers hiermee.
    Sonder hul kennis sou my lewe so veel armer gewees het.”
    So Jaco as Christus dus die openbaring van God aan die mens, hoe kan jy dan aanhou vra wat die bron van my geloof is. Weet jy dan nie wat geloof is nie?
    Geloof is en bly dan altyd 'n vaste vertroue dat al die beloftes vervat in die Bybel eendag ook vir my 'n werklikheid sal word en lê my geloof geanker in Christus, want in Johannes 14 lees 'n mens:
    1
    “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.
    2
    In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.
    3
    En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
    4
    En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.”
    5
    Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?”
    6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
    7
    As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”
    8
    Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.”
    9
    En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’?
    10
    Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. "
    Die probleem met jou en alle ateïste is dat Christus in jul pad is en dat om verby Hom
    te kom moet sy bestaan of eers ontken word of gereduseer word tot 'n gewone mens.
    Ruk 'n mens dan nog verder die evolusieteorie onder julle uit en maak dit deel van die proses wat deur Christus begin is biljoene jare gelede as die oorsprong van die Oerknal, dan verval julle en jy in besonder terug op die letterlike vertolking van die skrif en sê dan dat sulke mense wat myself insluit nie gelowig kan wees nie.
    Moet my nie weer vra wat die bron van my geloof is nie, as jy dit nou nog nie verstaan nie sal jy nooit nie. Jy behoort te weet uit Lukas 12 dat dit juis die verwerping van Christus en sy boodskap is wat lei tot verdeeldheid self in huisgesinne.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Jy is die een wat soos 'n nukkerige kind, wat tot vervelens toe dieselfde ontwykende lang en non-toepaslike gebrabbel uit jou mond laat skuim, wat eintlik niks sê nie, om te verbloem dat jy geen goddelike BRON het, hetsy "Spesifiek" of "Algemeen" om jouself as Christen op te kan beroep nie.
    Ek het ernstige stellings teenoor jou gemaak, wat jy nêrens ontken het nie, wat vir my sê jy is eens met my, waarvan die jongste stelling was dat jy geen Christen is nie, wel 'n "theist"; Latyns = "deist", maw, glo in :"intelligent design" maar nie die God en Messias van die Bybel nie, want die Bybel met al sy boeke is die uitsluitlike "Spesifieke" BRON wat die Jehova God en die Jesus Messias aan die mensdom openbaar, en suiwer deur middel van die Bybelboeke word die Jehova God en die Jesus Messias in die natuur en wetenskap, as "Algemene" openbaring waargeneem.
    Die Hindu; die Boeddhis; asook alle ander non-Abrahamse gelowe, ervaar nie dieselfde goddelike openbaring hetsy "Spesifiek" of "Algemeen", suiwer omrede hulle die Bybelboeke, net soos jy, as non-goddelik verwerp!

  • Beste Jaco
    Skryf iets oorspronklik. Jy vra vir my wat is 'n Christen. My antwoord 'n volgeling van Christus. Dit is dus duidelik dat Christus dus ook die bron is en omdat Hy in die skrifgedeelte aangehaal Homself verbind met die Vader -met wie Hy een is - behoort dit selfs vir jou duidelik te wees dat die God van die ou en nuwe testament dieselfde is.
    Jy misluk totaal in jou redenasie van intelligente ontwerp. Ek gee vir jou 'n eenvoudige voorbeeld. Wanneer jy in die oggend jou motor aanskakel dan vind daar 'n verbrandingsproses in die enjin plaas en die ontploffing druk suiers verbind aan stootstange af wat dan weer die krukas in beweging bring en krag deur die vliegwiel druk en koppelaarplaat verder oordra na die ratte in die ratkas.
    Wat sê ons nou as Christene? Biljoene jare gelede het daar 'n wonderwerk plaasgevind in die oneindigheid. 'n Oneindigheid is grensloos en het dus ook nie 'n middelpunt nie - dit word nie groter nie - dit is net daar vir ewig en altyd.
    Hierdie oneindigheid was egter nie 'onbewoon' nie daar was 'n enkelvoud - 'n 'singularity'.' 'n Algemene omskrywing is: "According to the standard theory, our universe sprang into existence as "singularity" around 13.7 billion years ago. What is a "singularity" and where does it come from? Well, to be honest, we don't know for sure. Singularities are zones which defy our current understanding of physics. They are thought to exist at the core of "black holes." Black holes are areas of intense gravitational pressure. The pressure is thought to be so intense that finite matter is actually squished into infinite density (a mathematical concept which truly boggles the mind). These zones of infinite density are called "singularities." Our universe is thought to have begun as an infinitesimally small, infinitely hot, infinitely dense, something - a singularity. Where did it come from? We don't know. Why did it appear? We don't know. "
    Hierdie enkelvoud was soos die saad van 'n blom wat wag om gesaai te word en het alles wat nodig was vir die ontstaan van ons heelal en ons bevat, net soos die saad van 'n blom alles bevat om te kan blom in die regte omstandighede.
    Hierdie enkelvoud was saam met die oneindigheid altyd daar. Nou wat was die oorsaak wat die enkelvoud geaktiveer het om soos geplante saad te ontkiem? Die antwoord lê in die Bybel en ek gaan nie die Bybelvers aanhaal nie. Dit kan jyself doen. So die antwoord is eenvoudig - soos jy 'n proses in jou motor inwerking stel so bely ons as Christene het Christus die proses wat die ontstaan van die heelal gelei het in werking gestel.
    Net soos ek aanneem jy jou motor veilig bestuur en die verbrandingsproses wat plaasvind beheer, beheer Christus deur die natuurwette ons heelal en net soos jy jou motor netjies parkeer is ons planeet op net die regte plek in on heelal - want soos enige afwyking gedurende jou stuur van jou motor tot 'n ongeluk sal lei - so is ons bestaan nie moontlik wees as ons planeet nie op die regte plek was nie.
    Nou wat is die kans dat alles net toevallig is? As jy die hele Amerika vol muntstukke pak en berg tot by die maan bou en die opdrag kry om die een afwykende muntstuk te soek, so klein is die kans dat ons planeet toevallig op die regte plek is. Vra jou slim vriende om dit uit te werk.
    Net soos jy moet bestaan om jou motor te kan bestuur en aan te skakel so bestaan Christus daar vir ewig en altyd in die oneindigheid, saam met die enkelvoud.
    En dit is die ontdekking wat die Jode gemaak het en later op skrif geplaas het wat Moses ook moes leer ,die ontstaan van die heelal het net een oorsaak (GOD)en nie baie afgode nie.
    Ons heelal is nie oneindig nie – dit het ’n begin en dus ook ’n einde en sal dit terugkeer tot sy oorspronklike staat ’n enkelvoud in die oneindigheid. Maar die Bybel leer my dat daar uit die enkelvoud ’n nuwe hemel en aarde geskep sal word met nuwe bewoners die wat Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar het.
    Is dit moontlik? Ja as mense is ons pratende, wandelende, en handelende inligtingsisteme. Maar inligting vergaan nooit nie – nie eers in ’n swart gat nie. Sou ek dus die harde skyf van my rekenaar uithaal en dit opmaal is die inligting nie verlore nie maar net onherwinbaar. Net soos Christus ’n proses in werking gestel het wat tot ons bestaan gelei het so sal daar ’n herwinningsproses plaasvind en lewendes en dooies saam in die finale oordeel verskyn. Dit is mos immers ’n belofte wat in die Bybel is. As ek dit nie glo nie kan ek netsowel die Bybel weggooi, want geloof is ’n vaste vertroue dat al die beloftes vervat in die Bybel vir my en miljoene ander gelowiges ’n werklikheid sal word.
    Ek oorskry die 600 woorde - verstaan jy iets Jaco of rol dit soos water van ’n eend se rug af omdat jy soos die Jode Christus verwerp ?
    Mag dit met jou goed gaan.

  • F.C. Boot
    Jy skryf: “Wat is 'n Christen? My antwoord 'n volgeling van Christus.”
    Ek het nooit enige problem met sodanige antwoord nie, indien dit afkomstig is van ’n Christen wat geen in-diepte studie oor die ontstaan van sy geloof gedoen het nie. Ek verwag geen beter antwoord van my Christen-tuinman nie. Die feit dat jy wil voorgee dat jy wel in-diepte studie doen, verwag ek van jou ’n beter antwoord, veral waar ek jou vra, indien nie die Bybel, veral die Nuwe Testament nie, wat is dan jou “Spesifieke” BRON van goddelike openbaring, wat jy steeds nie ondubbelsinnige beantwoord het nie.
    Ek haal jou hieronder aan: “Maar die Bybel leer my dat daar uit die enkelvoud ’n nuwe hemel en aarde geskep sal word met nuwe bewoners die wat Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar het ... As ek dit nie glo nie kan ek netsowel die Bybel weggooi, want geloof is ’n vaste vertroue dat al die beloftes vervat in die Bybel vir my en miljoene ander gelowiges ’n werklikheid sal word.”
    Hierdeur wil jy voorgee dat die Bybel wel jou “Spesifieke” BRON van geloof is, maar met ander skrywes en selfs in van jou response hierbo, belieg jy dit. Jy het by herhaling ontken dat die Bybel (vele boeke daarin vervat ingeval jy weer die stelling maak ek sien dit as een boek) ’n betroubare weergawe van goddelike openbaring is.
    Net om ’n voorbeeld te noem waar jy sê: "Ek en die Vader is een" (Johannes 10:30). "Wie my sien, sien die Vader" (Johannes 14:9), en "Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie" (Johannes 14:6).
    Met die polemiek tussen ons twee by ’n vorige skrywe, het jy gesê niemand het God ooit gesien nie. Ek het Joh 14:9 wat jy nou ook kwoteer vir jou gekwoteer om die teendeel uit te wys, nl dat die Christen wel vir God sien. Jy het geredeneer dit was nie ’n juiste weergawe van wat Jesus gesê het nie, weens die tydsaspek na Jesus se dood toe Johannes geskryf het. Jy is nie konsekwent nie.
    Jy sê: “As ek dit nie GLO (geloof vereis nie bewyse) nie kan ek netsowel die Bybel weggooi, want GELOOF is ’n vaste vertroue dat al die beloftes (en voorstellings, skeppingsverhaal inkluis) vervat in die Bybel vir my en miljoene ander gelowiges ’n werklikheid (is en) sal word”. Weereens belieg jy hierdie stelling met jou vele “pseudo” (kamma) wetenskaplike redenasies tot die teendeel.
    Die kruks van die hele oorspronklike saak is dat ek dit kan aanvaar wanneer bv Kobus vir my my “sondes” as gay man uitwys en die Bybel kwoteer om sy oordeel oor my te regverdig, want hy GLO ALLES wat daarin staan dat dit van God afkomstig is, waar jy inteendeel dit nie GLO nie. Wanneer jy die Bybel kwoteer, weens jou beskouing oor die Bybel as geensins gesaghebbend nie, is enige kwotasie deur jou vanuit die Bybel, geveins en sonder enige krag.
    Terloops. Ek mis Kobus se godsdienstige bydraes hier op SêNet. Ek hoop dat hy homself geensins heeltemal onttrek het nie.

  • Beste Jaco
    Vir 'n man wat beweer dat hy vir predikant geswot het is jou antwoord sagkens gestel wat betref beide jou bybeluitleg en vermoë om wetenskap en Bybel met mekaar te versoen.
    1.Inligting en ‘Black holes’
    Gaan na http://physicsworld.com/cws/article/news/2004/jul/22/hawking-loses-black-hole-bet
    Hier kom Hawkins tot die volgende gevolgtrekking:
    “In their bet, which was made in 1997, Hawking -- who is based at Cambridge University -- and Thorne argued that information was lost in a black hole, whereas Preskill said that it was not. The winner or winners of the bet had to provide the loser or losers with an encyclopaedia of their choice "from which information can be recovered with ease".
    Now Hawking has conceded defeat by saying that information can escape from a black hole and therefore is not lost. If he is right, making a such a significant breakthrough in the search for a quantum theory of gravity should overcome the disappointment of losing the bet and having to hand over an encyclopedia of baseball to Preskill. "It is great to solve a problem that has been troubling me for 30 years," said Hawking, "even though the answer is less exciting than the alternative I suggested."
    Hawkins is nogal spyt dat hy die weddenskap verloor het en sê in sy oorspronklike toespraak dat in plek daarvan om ‘encyclopedia’ te oorhandig kan hy dit netsowel verbrand het en die as oorhandig het. Hawkins het later die teorie effens verander, maar nie die kern daarvan nie. Hy sê verder:” Hawking also dismisses his previous suggestion that the information might have leaked into a different "Baby" universe. "The information remains firmly in our universe," he told the conference. "I am sorry to disappoint science fiction fans, but if information is preserved, there is no possibility of using black holes to travel to other universes. If you jump into a black hole, your mass energy will be returned to our universe, but in a mangled form which contains the information about what you were like, but in an unrecognisable state." Hieruit is dit duidelik dat inligting nie verlore gaan nie en dat dit belangrike is uit ‘n Christelike oogpunt veral wat die wederopstanding en verskyning vir God in die finale oordeel aanbetref. Verstaan jy dit?

  • FC Boot
    Nou wat het al jou gebrabbel hierbo te doen met my blywende vraag wat jy eenvoudig net nie wil beantwoord nie, nl Indien nie die Nuwe Testament nie, wat is jou alternatiewe "Spesifieke" BRON van inligting, dat Jesus die God is wat jy voorgee jy aanbid? My vraag bly spesifiek, weens jou vele redenasies dat die Nuwe Testament asook die Ou Testament NIE betroubare asook gesaghebbend bronne van goddelike openbaring bevat nie.
    In die afwesigheid van enige ondubbelsinnige erkenning van enige "Spesifieke" BRON van goddelike openbaring, is jou "geloof" in Jesus op fiksie, 'n mite gegrond, asook die afwesigheid van enige bewyse dat Jesus wel 'n geskiedkundige persoon was.

  • Beste Jaco
    2. Uitleg van Johannes 14.9
    Jy fouteer in jou uitleg van Johannes 14.9. Die hoofstuk se opskrif is “Jesus wys die pad na God”. Uit die aard van jou opleiding behoort jy te weet dat jy nie die betrokke vers in isolasie los van ander skrifgedeeltes kan lees nie veral nie Eksodus 33 vers 18 tot 23 nie wat handel oor Moses wil sien hoe die Here lyk.
    Die verse lees:
    18.Toe vra Moses: ”Kan ek asseblief sien hoe U Lyk?”
    19.Die Here sê toe vir hom: “Ek doen graag iets vir iemand as Ek dit self besluit. Ek bederf graag mense wat Ek ‘n guns wil bewys. Ek sal jou wel iets van my grootheid laat sien. Ek sal dat jy my stem hoor wanneer Ek my Naam ‘Here’ voor jou sê.
    20.Jy mag egter nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly lewe as hy die Here se gesig moet sien nie.
    21.Kom,hier is ‘n rots waarby jy kan staan.
    22.Wanneer Ek met my Goddelike grootheid hier verby gaan, sal Ek jou tussen die rotse laat staan en jou met my hand beskerm totdat Ek verby is.
    23.Wanneer Ek verby is en my hand wegvat, sal jy my van agter af kan sien. Niemand mag my egter van voor af sien nie.
    In Johannes 14 onder die opskrif “Jesus wys die pad na God” praat Jesus met sy dissipels.
    Die opskrif sê eintlik alles en weerlê jou stelling dat ‘n mens God kan sien. Jou stelling berus op ’n foutiewe letterlike vertolking wat in stryd is met God se gesprek met Moses.
    Jesus antwoord Filippus soos volg:
    9. “Ai,Filippus,Ek is al so lank by julle en nou weet julle nie wie Ek regtig is nie. Luister mooi. Wie My gesien het, het ook die Vader gesien. Hoe kan jy nou nog vra dat Ek julle die Vader moet wys?
    10.Glo julle nie dat Ek en die Vader soos een is nie? Waar Ek is, is Hy en waar Hy is, is Ek. Dink goed aan alles wat Ek al vir julle gesê het. Ek het dit nie so op my eie gesit en uitdink nie. Die Vader is by My en is deel van alles wat Ek doen. Wat Hy gedoen wil hê doen Hy deur My.
    11.Dit moet julle aanvaar: Ek is in die Vader en die Vader is in My. Vind julle dit moeilik om te glo wat Ek sê? Wel, kyk dan na wat Ek doen. Oordeel maar self of dit van God af kom of nie. Glo dan op grond van wat julle sien.
    Die les hier Jaco is, wie Jesus in aksie gesien het God (sy Vader) in alles wat Jesus gedoen en gesê het, maar niemand geen mens , behalwe Jesus het sy Vader gesien en bly lewe nie, want Hy en die Vader is een in woord en daad in sy kort lewe hier op aarde. Dus elke keer wat 'n mens tot bekering kom en Jesus Christus as sy enigste Verlosser aanvaar is dit God in aksie deur die werking van die Heilige Gees - die beloofde Trooster (hoofstuk wat volg op aangehaalde skrifgedeelte) want geloof is 'n genadegawe van God.
    Volgende keer wat is geloof nou werklik.
    Mag dit goed gaan met jou.

  • FC. Boot
    Eerstens, die opskrif "“Jesus wys die pad na God”, vorm nie deel van die oorspronklike manuskrip nie, en is 'n invoegsel van die vertalers van die betrokke hoofstuk.
    Tweedens, ek wil nie die polemiek mbt "Wie God gesien het al dan nie" hier opnuut voortsit nie, aangesien dit met 'n vorige bespreking afgehandel was. Dit was alleenlik as een van vele moontlike voorbeelde genoem, waar jy die inhoud van die Nuwe Testament versnipper en die Nuwe Testament as onbetroubaar uitmaak. 'n Ander moontlike voorbeeld was toe jy gesê het Jesus kon onmoontlik gesê het "Moses het van My geskryf", weens jou voorlegging dat Moses dit nie kon geskryf het nie, want Moses se skrifte is eers gedurende die ballingskap deur onbekende skrywers geskryf, honderde jare na die dood van Moses. Twee voorbeelde waar jy Jesus se eie woorde as twak uitmaak.
    Derdens, jy wyk steeds af van die besprekings platform, nl Indien die die Nuwe Testament nie, wat is jou alternatiewe "Spesifieke" BRON van jou geloof in Jesus as God?

  • Beste Jaco
    Jy is ongelooflik oningelig en naïef.
    Daar is deur navorsing bewys dat Moses nie die skeppingsverhale geskryf het nie.
    In die verband het ek jou gewys op die werk van van Willie Esterhuyse. Natuurlik sal jy dit ignoreer want dit pas jou nie. Die vertalers wat die die Boodskap geskryf het, het eenvoudig die kern van die hoofstuk saamgevat in 'n opskrif.
    Het jy tydens jou studie nooit enige hoofstuk saamgevat nie of het jy klakkeloos (sonder om te dink) alles netso weergegee?
    Nou probeer jy Jesus aanhaal wat bloot reageer op wat die Jode glo. Dink jy nou werklik Jesus sou sover hy gegaan het mense probeer reghelp oor wat werklik gebeur het in die skepping en wie nou wat geskryf het.
    As Jesus dit probeer doen het sou niemand hom geglo het nie. Kyk maar na die reaksie op sy preke. VERSTAAN JY NIKS van dit wat ek jou aan die verstand probeer bring?
    Die BRON van geloof van enige gelowige is God self want deur die werking van die Heilige Gees is mense geïnspireer om binne die kennisvlak van hul tyd dit neer te skryf wat mense tot bekering sou bring en versoen met hul skepper. Die mense in die ou Testament het vorentoe gekyk na die Verlosser. Die mense van die nuwe testament kyk terug na die kruis waar hul enigste Saligmaker en Verlosser die hoogste prys betaal het om die wat hom werklik aanvaar vir ewig aangenome kinders van sy vader te maak.
    Jou 'godsbegrip' is beroerd. Jy kan nooit die OORSAAK van die skepping in menslike terme en begrip omskryf of verstaan nie. Die rede hiervoor is doodeenvoudig. Alles in die natuur is 'n gevolg van dit wat biljoene jare gelede plaasgevind het.
    Ons kan dus nie as mense ooit terugkeer na die tydlose dimensie wat voor die skepping bestaan het nie want geen gevolg kan voor die oorsaak geplaas word nie.
    Verstaan jy dit?
    Nou wat is geloof nou eintlik?
    Jy kan Dr Gerrie de Haas gerrie@gedaministries.co.za se artikel google en lang uiteensetting, dit is wat doktore doen. Persoonlik verkies ek egter die kort en kragtige opsomming soos dit verskyn in die Bybel A-Z en wat baseer is op Hebreërs.
    Hiermee volstaan ek en eindig ek dan my bydrae.
    'Geloof behels dat 'n mens jou vertroue stel op dit wat Christus reeds vir jou gedoen het. Dit behels egter ook dat jy jou hoop vestig op dit wat hy nog in die toekoms vir jou gaan doen. Geloofwerk ten opsigte van die beloftes van God in jou lewe soos 'n transportakte ten opsigte van 'n eiendom werk; dit waarborg jou dat jy die besitter is van God se beloftes. Soos wat 'n transportakte geld al het jy die eiendom nog nie gesien nie, so ook God se beloftes oor al die heerlike dinge wat ons nog nie gesien het nie.
    Ns. As jou nog wonder oor wat bedoel word met die mens se 'ou natuur' kyk dan na jouself in 'n spieël en besef dan dat jy die biologiese nakomeling is van oermense soos nou weer ontdek is in Afrika.
    Die oergedeelte van jou brein vertel alles oor jou oorsprong - ons is die eindproduk van ’n proses wat in die skeppingsproses ingeskryf is van die begin af. Daarom lees 'n Mens in Openbaring 4 vers 10 in die slotsin:
    ...Ja U het alles gemaak. Alles in die skepping is daar omdat U dit so wou gehad het.
    Mag dit met jou goed gaan

  • FC Boot
    Steeds brabbel jy hierbo. Alles wat jy skryf omseil jy my spesifieke vraag, nl Indien nie die Nuwe Testament wat jy as 'n onbetroubare BRON van geloof versnipper, en Jesus se woorde as twak afmaak; wat is dan jou alternatiewe "Spesifieke" BRON wat jou inlig dat Jesus en die Vader een is.
    Jy wil my nie 'n ondubbelsinnige antwoord gee nie, want jy het dit waargeneem dat ek besig is om jou in 'n valstrik te lei mbt die feit dat jou geloof geen grondige bestaansreg het nie, welke valstrik jy nie in wil val nie. Jy volg dienooreenkomstig die tipiese pad van arguments-bankrotskap deur nie die bal te speel nie, maar die speler vuil te speel, in tipiese geveinsde christenskap (LW die klein "c" in jou geval).
    Tot dusver het ons oor jou gepraat, nl dat jy jouself deurgaans weerspreek. Jy aanvaar nie die geloofwaardigheid van die Bybel nie, tog wanneer dit jou pas, sal jy geveins heel gelukkig daaruit aanhaal om 'n geloofspunt of stelling te wil benadruk.
    Nou omtrent myself. Mbt die outeurskap en ontstaan van elke indiwiduele Bybelboek, is ek eintlik merendeels met jou eens, dis die dat ek sedert my varsity dae 'n ateïs is. Soos jy, kon ek geen geloofwaardigheid in die Bybel meer vind nie. My geloofsfondament, my "Spesifieke" BRON van my geloof, is dienooreenkomstig onder my voete uitgeruk. Ek kon geen ander alternatiewe "Spesifieke" BRON vind wat my van God se bestaan kon oortuig nie. Oorlewering, (stories oor en oor te vertel met menige byvoegings langs die pad), en 'n "airy fairy" argument dat alle volkere bygelowig in 'n god glo, sal beslis nooit vir my as alternatiewe "Spesifieke" BRON van geloof, oortuig nie.
    Die Christen soos Kobus, wat die hele Bybel ondubbelsinnig as sy "Spesifieke" BRON van geloof aanvaar, verstaan ek baie beter as die "christen" soos jy, wat geen "Spesifieke" BRON vir sy geloof het nie, en wat steeds 'n god-aanhanger wil bly. In jou geval 'n voorstander vir die wetenskaplike benadering tot die Bybel, maar onwetenskaplik in 'n god glo, sonder enige "Spesifieke" BRON vir sy geloof; en die ergste nog, om die Bybel geveins aan te haal wanneer dit hom pas.
    Ek is ten minste eerlik met myself, jy nie.

  • Beste Jaco
    Jy het geen benul waarvan ek praat nie. Ek stel dus voor dat jy 'n webblad soos http://www.factandfaith.co.za besoek en inteken op http://www.biblicalarchaeology.org/ of iets soortgelyk en op hoogte gebring word van die werk van bv die medewerkers aan Die Boodskap en die Bybel A-Z .
    Jou probleem is dat jy Christus se bestaan of ontken of totaal vermenslik het om op dieselfde vlak te beweeg van menslike bestaan.
    Ek los jou met 'n kort uittreksel uit 'the law of cause and effect':
    The Law of Cause and Effect
    Dominant Principle of Classical Physics
    Chance Events?
    Nothing happens by chance! Classical Science, which dominated studies of the physical universe before the Twentieth Century, generally held an opinion that there are no events that happen by chance.
    For many centuries, it seemed obvious that all things were caused by something physical or mental. This idea was expressed by Hippocrates of Cos (c. 460-377 B.C.): “Every natural event has a natural cause.” [1,p.12].
    History of the Concept of Cause and Effect.
    The concept of order maintained by the law of cause and effect is a scientific principle with a history traceable through Hebrew, Babylonian, Greek, and modern civilizations.
    Hebrew Concept of Causality. Certain Hebrews acknowledged the role of causality in the
    universe before the Babylonians and Greeks. These Hebrews denied chance and its off-
    spring chaos:
    That they may know from the rising of the sun to its setting
    That there is none besides Me;
    I am the LORD, and there is no other;
    I form the light and create darkness,
    I make peace and create calamity;
    I, the LORD, do all these things....
    Shall the clay say to him who forms it, “What are you making?”
    Or shall your handiwork say, “He has no hands”?...
    FOUNDATIONS OF SCIENCE
    Reprint/Internet Article
    © 2004, Common Sense Science
    http://CommonSenseScience.org
    August, 2004
    Page 1
    David L. Bergman and Glen C. Collins
    Abstract.
    For thousands of years, the law of cause and effect guided scientific inquiry. In fact, the history of the concept of causality can be traced through Hebrew, Babylonian, Greek and European cultures. Certain Greek philosophers, however, introduced the atomistic concept of chance - events to oppose the common-sense application of causality. The resulting conflict between cause versus chance has not only shaped the history of science but has imposed lasting effects on Western culture as a whole. This conflict intensified during the Twentieth Century as the Heisenberg Uncertainty Principle ( HUP ) became the leading tool of the proponents of chance. More recent findings have now demonstrated that the HUP fails in six actual cases. Common Sense Science counters chance - based philosophy by returning to causality and other principles of Classical Science such as the conservation of energy and the use of physical finite-sized models for fundamental particles (eg the electron). This paper shows how physical models based on the laws of electricity and magnetism fully implement the law of cause and effect in the manner of the four causes required by Aristotle. Chance - based physics is exposed as false science based on erroneous assumptions about supposed chance - events instead of causal relationships.
    I have made the earth,
    And created man on it.
    I — My hands — stretched out the heavens....
    For thus says the LORD,
    Who created the heavens,
    Who is God,
    Who formed the earth and made it,
    Who has established it,
    Who did not create it in vain [chaos , Revised Standard Version],
    Who formed it to be inhabited:
    “I am the LORD, and there is no other.” [2, Isaiah 45:6-7, 9, 11-12, 18].
    From these and other writings, it is clear that the Hebrews believed in a Creator who not only created the universe but who also continues to maintains order in the universe through the law of cause and effect . In the Hebrew concept of causality, God first created (caused) the universe and now controls natural events by imposing physical laws that all creation follows. Thus, the Creator is both the prime cause of and the sustaining cause in the universe. The Hebrew concepts of order and causality by the power of the Creator were subsequently adopted in Christian doctrine:
    For by him were all things created,
    That are in heaven,
    And that are in earth....
    All things were created by him and for him.
    And he is before all things,
    And by him all things consist [3, Colossians 1:16-17].
    By the short clause “and he is before all things,” the writer is specific about a feature of the law of cause and effect: every effect has a preceding cause.
    Babylonian View of Causality . In Mesopotamia, the Hebrew concept of causality was
    maintained in appearance but substantially changed in form. Stephen Mason explains that these Babylonians believed that various gods controlled events in the heavens and earth:
    At first the Mesopotamians considered that the earth and the heavens were two flat discs supported by water, though later the heavens were thought of as a hemispherical vault resting on the waters surrounding the flat disc of the earth. Above the vault were more waters, and beyond the waters was the dwelling of the gods.
    The sun and the other heavenly bodies were such gods who emerged from their
    dwelling daily and trace finite orbits over the immobile vault.
    The gods controlled terrestrial affairs, and thus the motions of the heavenly bodies were taken to be indications of the destiny that the gods were to mete out to man on earth [4, p.20,emphasis added.] '
    Verstaan jy nou hoekom die Jode in ballingskap die skeppingsverhale geskryf het as 'n teenvoeter vir die veel oorsake (gode) van die Babiloniërs.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Pleks om net stellings oor my te maak, staaf daardie stellings met spesifieke voorbeelde. Ek doen dit tog met jou. Die lesers is teen die tyd heel bewus dat ek wel wyd belese is asook dat ek my vakgebied waaroor ek ook al oor skryf besonders goed onder die knie het. In jou geval tree jy pretensieus op as pedant met ellendige lange skakels buite verband van die onderwerp onder bespreking.
    Om vir my te se: "Jy is oningelig en naïef"; en "Jy het geen benul waarvan jy praat nie"
    sê vir die leser asook vir my dat die teendeel waar is en dat dit eintlik op jou betrekking het, veral waar jy glad nie by die onderwerp onder bespreking kan bly nie, maar 'n rookskerm gooi met al die onbenullige strooi, soos hierbo.
    Die onderwerp is vir die soveelste maal: “Indien nie die Nuwe Testament nie, wat jy nie as beide godgegewe asook betroubaar aanvaar nie; jou “Spesifieke” BRON waarop jou geloof gebaseer is. Dan die vermetelheid! Nadat jy beweer het die Bybel is beide onbetroubaar asook nie Godgegewe nie, kwoteer jy wrintigwaar weer geveins daaruit om stellings te staaf asof dit wel van God afkomstig is!
    Wat het die wet van “cause and effect” te doen met die openbaring van Jesus as God, en hoe rym dit met jou “Spesifieke” BRON van geloof in Jesus? Die skeppingsverhaal is nie die onderwerp onder bespreking nie. Waarom haak jy daarop vas?

  • Beste Jaco
    Jy hou daarvan om die gat waarin jy staan steeds dieper te grawe. Jy soek spesifieke stellings.
    Goed so hier is een van hulle. OP 15 Januarie 2015 skryf jy die volgende grootbek stukkie.
    ” Nou ek het FC goed opgefoeter mbt tot sy gebrekkige Bybelkennis. Indien hy my wil aanvat met sy getoonde gebrekkige kennis oor argeologie, net soos met sy gebrekkige Bybelkennis, verseker ek hom dat hy dieselfde volsae (volslae) nederlaag met my gaan ondervind. En indien hy uit woede en frustrasie na die sjambok wil gryp, dan sal hierdie moffie hom oorgretig wil teenstaan, en weereens verseker ek hom dat hy die slegste daarvan ook sal afkom.” Onderwerp Johannes 5:46 & 47
    En toe word jy verkeerd bewys en gebruik nou grashalms om uit die gat te klim wat jy soos reeds gesê steeds dieper grawe.
    Nou praat jy van ’n rookskerm. Jy brag elders dat lesers weet dat jy wyd belese is. Tog kan jy steed geen verband sien tussen wat ek skryf nie. Dalk nie so wyd belese nie?
    Kom ek maak dit vir jou eenvoudig.
    1.Uit die wetenskap weet ons dat ons heelal sy begin het veel vroeër as die 6000 jaar teorie gegrond om ’n verkeerde Bybeluitleg. Die Jode het lank voor die ‘Big bang’ teorie reeds gepostuleer dat “From these and other writings, it is clear that the Hebrews believed in a Creator who not only created the universe but who also continues to maintains order in the universe through the law of cause and effect . In the Hebrew concept of causality, God first created (caused) the universe and now controls natural events by imposing physical laws that all creation follows. Thus, the Creator is both the prime cause of and the sustaining cause in the universe. The Hebrew concepts of order and causality by the power of the Creator were subsequently adopted in Christian doctrine.”
    Hierdie aanhaling het geen verdere verduideliking nodig nie.
    2.In die Bybel openbaar God ( openbaringsgodsdiens) dat Hy alles geskep het. Alles het deur hom ontstaan dus ook die ‘Oerknal’ en God onderhou alles deur die wette soos bo aangedui.
    3. Jesus wat jy verwerp doen alles wat sy Vader wil hê wat hy moet doen. In die Christelike geloof vorm Vader, Seun en Heilige Gees ’n eenheid. As jy dus Christus verwerp verwerp jy die Vader en Heilige Gees. Jy kan gerus weer die antwoord op vraag 25 vra: Terwyl daar maar tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees . DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS lees.
    4. God openbaar sy skeppingskrag deur die natuurwette wat die gevolg is van die ‘Big Bang’ en waaruit en waardeur alles ontstaan het dus ook die mens.
    5.God is dus deur sy Seun die bron van ons geloof. Waarom bly jy soos ’n grammofoonplaat vashaak in dieselfde groef? Wat verstaan jy nie? Dalk nie wyd genoeg belese nie?
    6.Die Skeppingsverhaal is die begin van God se openbaring in die Bybel soos die Oerknal in die wetenskap. Beide is geskryf teen die kennisvlakke van die tyd. Sou die Jode wat dit in ballingskap geskryf het oor vandag se wetenskaplike kennis beskik het sou die skeppingsverhale heel anders gelees het.
    7.Woord van God
    Dit beteken nie dat alles wat in die Bybel opgeteken is uit die mond van God kom nie, daarvoor is daar te veel afgryslike dade opgeteken, maar wel dat die skrywers deur die Heilige Gees geïnspireer is om dit op te teken wat nog steeds riglyne is vir die Christen , waarvolgens hy/sy hul lewe moet inrig. Het jy al besoek afgelê op die webblad van “Fact and Faith” ? Bang dat jy jou sienswyse radikaal moet aanpas?
    8. Wat was jou bydrae tot hierdie gesprek? Dit los ek maar vir die lesers om daaroor te besluit en te besin.
    Mag dit met jou goed gaan

  • FC Boot.
    Jou eerste paragraaf mbt Joh. 5:47:
    Jy is die een wat gesê het jy weet van ouderlinge in jou kerk (en jy is ’n ouderling in daai kerk, so jy verwys moontlik na jouself!) wat na 'n sambok sal wil gryp om moffies te wil bydam weens hulle leefwyses. Jy is die een wat in die valstrik geval het deur te sê dat Jesus nie kon gesê het: “Moses het van My GESKRYF” nie, want volgens jou is die eerste vyf Bybelboeke nie deur Moses geskryf nie, maar eers honderde jare na Moses se dood deur onbekende skrywers wat te betwyfel is dat hulle onder enige goddelike inspirasie geskryf het. Daardeur beweer jy dat Johannes blatant gelieg het, maar wanneer dit jou geveinsdheid pas, kwoteer jy gereeld van Johannes om Jesus aan te haal. Dat ek dit vir jou en die lesers kon uitwys sonder dat jy my enigsins kon weerlê, is beslis ’n uitklophou waaroor ek kon spog!
    Vir ooglopende redes gee jy nie die skakel vir lesers om na terug te kan verwys nie. Vir die leser wat die kontekstuele waarheid van FC se “christelike” mistasting wil oplees, hier is die skakel: https://www.litnet.co.za/brief-johannes-546-47/#comment-15553
    Dit is ’n ellelange skakel. Alles hieronder is pertinente aanhalings deur myself in genoemde skakel van 15 Jan ’15 geskryf, om FC se onwaarhede onmiddellik hierbo te weerlê:
    “In jou respons hierbo gee jy te kenne dat dit te betwyfel is of Moses ooit bestaan het, en dat Moses geensins die Pentateug kon geskryf het, welke Pentateug gedurende die ballingskap deur onbekende skrywers duimsuig geskryf was, en dan onmiddellik hierbo kwoteer jy vanuit die Pentateug dat dit klap asof dit nou skielik jou bron van geskiedkundige inligting is. Jy sê die uittog deur die Sinai-woestyn was logisties onmoontlik en in dieselfde asem sê jy Moses en Israel was tog in Sinai want Moses het in Sinai die kliptafels in woede stukkend gegooi! Was jy getrek ten tye van jou jongste respons?!”
    “Jy skryf hierbo die eerste skeppingsverhaal was 586vC geskryf, en die tweede 1020vC, albei na Moses se dood. Moes die jaartalle nie andersom gewees nie?! Jy noem alles feitlik, sonder melding van jou argeologiese bronne.”
    (Argeologiese) Feite:
    “Die Barton Cylinder in Nippur 1889 ontdek, bewys 'n skeppingsverhaal is reeds in 2500vC, lank voor Moses se geboorte bekend; selfs melding gemaak van 'n slang en 'n boom van die lewe.”
    “Die Eridu Genesis 1600vC meld 'n vloedverhaal. Ook lank voor Moses se geboorte.”
    Maat. Jou kennis van argeologie, net soos jou Bybelkennis, is pateties beroerd. (En hy wil hierbo beweer dat ek oningelig en naief is!)
    Jy het al twee keer koebaai gesê en steeds ploeter jy aan. (Niks verander sedert Jan 15 nie, hierbo ook ’n hele paar keer gesê!)
    Jy bly gedurig direkte vrae ontwyk met lang aanhalings van ander bronne en persoonlike argumente wat geensins antwoord op my vrae verskaf nie (dieselfde taktiek word in hierdie brief van my gebruik). Pleks om ’n direkte antwoord op ’n direkte vraag te verskaf, sal dit dan nie nodig wees om dienooreenkomstig gevolgtrekkings vanuit jou skrifte te maak nie.
    Verder in genoemde skakel:
    Ek gaan weer probeer en hopelik sal jy die keer direkte antwoorde kan verskaf, sonder enige lang relaas wat die vrae ontduik soos in vorige gevalle:
    “1. Is die Bybel geheel of gedeeltelik God se direkte kommunikasie met die mensdom (“Spesifieke BRON van goddelike openbaring?) Indien gedeeltelik, meld watter gedeeltes.”
    “2. Indien geen gedeelte van die Bybel God se direkte kommunikasie met die mensdom is nie, hoe kan dan enige gedeelte daarvan gekwoteer word asof dit van God afkomstig is?”
    Terloops jy weerspreek jouself weereens in jou laaste respons aan my:
    “Eers het jy beweer dat Deut as deel van die Pentateug gedurende die ballingskap geskryf is, nou hierbo heel vroeër as die ballingskap met absolute sekerheid in 639. Boonop skryf jy die “verlore” boek (Deut) is juis toe gevind. Nou hoe skryf en vind jy die verlore boek in dieselfde jaar?”
    “In vorige response het jy beweer Moses kon nie enigiets geskryf het nie, want skrif was toe vir hom onbekend, en is eers later na sy dood opgestel, maar hierbo sê jy: “Daarna skryf Moses neer wat die Here deur die werking van die Heilige Gees aan hom bekend gemaak het.”
    Einde van aanhalings vanuit genoemde skakel.
    Ek is jammer om dit te sê, maar jy is ’n verlore saak wanneer dit kom by enige logiese vorm van argumente.

  • FC Boot
    Na alles deur jou geskryf, om jou ge-openbaarde geloof op te som:
    Jy erken deurlopend dat die Bybel, Nuwe Testament inkluis, 'n onbetroubare BRON vir jou geloof is weens al sy weersprekings, wetenskaplike tekortkominge en bevraagde outeurskappe van die afsonderlike boeke daarin vervat. Dus verwerp jy die hele Bybel as jou "Spesifieke" BRON van goddelike openbaring en vir jou geloof, alhoewel jy wederregtelik daaruit sal kwoteer om jou godsdienstige stellings te wil staaf wanneer dit jou geveins pas.
    Jy baseer jou geloof merendeels op wat non-eensgesinde moderne skrywers oor die Christelik geloof te se het, en ag hulle menings as heel gesaghebbend. In werklikheid dus, is jou geloof heeltemal op moderne menslike veronderstellings en nie wetenskaplike feite gebaseer. Daardeur erken jy dat jy absoluut GEEN "Spesifieke" BRON van goddelike openbaring vir jou geloof het nie, en in werklikheid ook geen God het nie, maar 'n mite deur die eeue heen ge-ewoleer tot vandag se beskouing van wat 'n god behoort te wees. In werklikheid 'n menslike versinsel!
    Die wetenskap in teendeel is 'n MENSLIKE formulering van die bestaande natuurwette op aarde en die hemelruim soos hy dit gewaar en tot sy voordeel benut. Daar is geen bewyse of sprake dat enige god enige deel daarin het nie. Enige stellings tot sodanige effek is suiwer wensdenkery van die betrokke gelowige, veral dat die Jehova-god en/of die Jesus-god spesifiek die outeur van sodanige natuurwette is.

  • Beste Jaco
    Hou op twak praat en konsentreer op die onderwerp. Die Bybel bevat historiese foute, maar dit is nie 'n geskiedenishandboek nie.
    Dit wemel van wetenskaplike foute, maar dit is nie 'n wetenskaplike handboek nie. In Prediker 1 vers 5 lees ’n mens die volgende:
    “Elke dag kom die son op. Teen sononder gaan dit moeg onder ,maar die volgende oggend staan dit weer op.”
    Hierdie foutiewe waarneming duur tot vandag toe nog voort. Einlik bestaan tyd nie. Dit kan maklik bewys word deur die hipotese van ’n heelal waarin alles stilstaan, niks beweeg nie. Wat het van tyd geword? Tyd is dus ’n illusie gegrond op foutiewelike vertolking van natuurverskynsels soos waargeneem deur die mens.
    Dit is 'n geloofsboek geskryf deur feilbare mense geïnspireer deur die Heilige Gees. Nêrens stel Jesus die wetenskap van die tyd reg nie ook doen die Heilige Gees dit nie, want dit is soos jy uit jou studie behoort te weet nie die doel van die twee nie.
    Jou probleem is jou onvermoë om wetenskap en die Bybel in verband te bring. Sonder die Oerknal was daar geen mens en dus geen wetenskap (wat in sy suiwerste vorm ontdekking is ,dus om te weet).
    Jou probleem is dus dat jy Jesus verwerp en die ontstaan van die heelal as ’n gelukkie beskou, sonder enige wet of planmatigheid. Dit is nogal ironies dat in teenstelling daarmee Joodse Rabbis nou Jesus as een van hul groot profete begin beskou.
    Wat jy eenvoudig nie onder die knie kan kry nie is dat vir enige gevolg daar ’n oorsaak is. Die Oerknal het ’n oorsaak en die feit dat mense uit onkunde die Oorsaak God noem ,neem mos niks van dit weg nie.
    Kan jy nie verstaan dat die Jode gesukkel het om die Oorsaak te omskryf en toe allerhande byvoeglike naamwoorde gebruik het om dit te beskryf en omskryf wat hul nie kon beskryf of omskryf nie.
    Die feit dat die mens uit ’n oer-oorsprong tot ’n mens ontwikkel het is in sigself ’n wonderwerk. En daarom het die skrywers van die Boodskap weggedoen met die geykte ‘geskape na die beeld van God’ vervang het met: Gen. 1-27 God het toe die mens gemaak. En die mens het iets van God in hom gehad. God het ’n man en ’n vrou gemaak’.
    Dit is dus iets van die Oorsaak wat in elke mens is wat van hom ’n mens maak en onderskei van die dier wat hom in staat stel om te redeneer ,te ontdek en die wetenskap te beoefen.
    Ons lewe egter in ’n biologiese liggaam wat ontstaan het uit ’n oermens met oerdrange en dit is daardie oerdrange wat nog in elke mens voortleef (kyk in ’n spieël en jy sal weet wat jou herkoms is). Kyk na die brein en sien die oerbrein is nog steeds daar.
    Dit is waarom hierdie biologiese liggaam moet sterf, want dan sterf die oermens en sy oerdrange ook. Daarom is daar geen huwelike in die hiernamaals nie.
    Ek het reeds vir jou geskryf dat die Oorsaak en die ‘Singularity (enkelvoud) altyd in die oneindigheid bestaan het en net soos die oneindigheid geen begin of einde het nie, het die Oorsaak en enkelvoud (waarin alles soos in ’n blomsaad gehuisves was) ook geen begin of einde nie.
    Ek kan dus nie sê dat die oneindigheid besig is om te word nie, dit is net daar en so is die Oorsaak en die enkelvoud.
    Ek het reeds vir jou ’n definisie van geloof gegee.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Pleks om net te sê ek praat twak, betwis elkeen van my stellings (leer van my en volg my voorbeeld), verkieslik punt vir punt. Indien nie, erken jy hiermee jy kan nie. Begin waar ek jou "geloof" (eerder bygeloof) hierbo raak opgesom het.
    Dit is opvallend dat die (menslike) outeurs van die formulering van die "Big Bang" teorie; die wet van oorsaak en gevolg; alle wiskundige en wetenskaplike wette; asook al die ander stellings deur verskillende bronne buite die Bybel deur jou hierbo aangehaal; het nie een van hulle aanspraak gemaak dat dit enigsins deur 'n god aan hom in enige vorm geopenbaar is nie. Alles deur jou genoem is toe te skryf aan menslike outeurs. Godsdiens, veral in jou geval, wil hierdie outeurs se navorsings nou kaap en sê dit is vanaf God afkomstig. Prontuit gesê. Stront gepraat.
    Jy het beide nie ’n “Spesifieke” BRON, en nog minder ’n “Algemene” BRON om jou geloof te staaf nie. Jy is ’n verlore siel binne die raamwerk van jou eie onlogika!

  • Beste Jaco
    Jou redeneer soos 'n kind.
    In Genesis 1 is daar 'n werksopdrag wat nooit sonder enige wetenskaplike kennis
    uitgevoer kan word nie. Jy praat absoluut nonsens wanneer jy beweer dat: “Alles deur jou genoem is toe te skryf aan menslike outeurs. Godsdiens, veral in jou geval, wil hierdie outeurs se navorsings nou kaap en sê dit is vanaf God afkomstig. Prontuit gesê. Stront gepraat."
    Die mens is 'n gevolg van die Oerknal en nie die oorsaak nie. Dis eenvoudig 'n feit dat die mens deur 'n evolusionêre proses ontwikkel het uit al die primate. Hierdie proses is deel van 'n ontwikkelingsproses wat reeds lank voordat die mens ontstaan het deel van God se plan was.
    Jy glo dat alles te wyte is aan 'n gelukkie wat die planeet toevallig op die regte plek
    in die heelal geplaas het. Dit is wetenskaplik bewys dat dit feitlik onmoontlik is maar daaroor bly jy stil. Hoekom?
    Menslike outeurs ontdek net dit wat reeds bestaan en nou laat jy dit klink asof hulle die skeppers daarvan is. Die outeurs wat jy dus so ophemel is dus die eintlike kapers.
    As jy nou een ding kan noem wat ontdek is wat nie bestaan het nie het jy dalk 'n punt. Kom ons begin weer by die begin. Wat was volgens jou en die outeurs wat jy so ophemel die oorsaak van die Oerknal of hou jou logika op net by die gevolge daarvan?

  • F.C. Boot

    Jy skryf: "Hierdie proses is deel van 'n ontwikkelingsproses wat reeds lank voordat die mens ontstaan het deel van God se plan was".

    Indien jy so seker van jouself is, wat is jou "Spesifieke" asook "Algemene" godgegewe BRON vir hierdie ongesubstansieerde stelling van jou, en veral dat dit Jehova en Jesus by name is wat vir hierdie "ontwikkelingsproses" verantwoordelik was?

  • Beste Jaco
    Ons heelal het 'n begin dus ook 'n einde. Daar is 'n oorsaak vir die begin. Die Oorsaak staan by gelowige mense beken as "God" en word so ook in die Bybel bekend gestel.
    As daar 'n beter woord as "God" en die skrywers se wetenskaplike kennis beter was
    sou hul nie so baie byvoeglike naamwoorde gebruik het nie om iets te beskryf wat nie in mensetaal beskryfbaar is nie.
    Dit is die rede waarom daar so baie skeppingsverhale is en baie 'gode' geskep is in feitlik alle beskawings. Ons weet nie waarmee ons te doen het nie en daarom word dit vermenslik.
    Al wat ons weet dat die 'Oorsaak' in die vorm van 'n mens tussen ons kom woon het.
    Maar omdat jy Hom reeds gereduseer het tot 'n niebestaan of gewone mens sal jy ook nie weet of verstaan waarvan ek praat nie.

  • FC Boot.
    Jy skryf: "Al wat ons weet (is) dat die 'Oorsaak' in die vorm van 'n mens tussen ons kom woon het."
    Jy gaan van die veronderstelling uit dat God (Jesus, jou god in mense-vorm hierbo genoem), die "Oorsaak" vir die ontstaan van die heelal is.
    Indien dit wel 'n god is soos jy voorstel, wat die skepper van die heelal is, hoe weet jy dat dit nie Krishna die Hindu god of die god van enige ander godsdiens is wat die skepper is nie? Die Jode asook die Moslems, aanvaar nie Jesus as God nie, dus aanbid jy nie dieselfde skepper-god as hulle nie.
    Jy verwerp die Bybel as jou goddelike BRON van inligting, so hoe dan kan jy so verseker van jou saak wees, want daar is geen ander "Spesifieke" BRON wat Jesus as 'n god uitwys nie.

  • Beste Jaco

    Jy trap klei soos gewoonlik.Die feit dat jy en ander nie Jesus aanvaar nie maak nie
    Jesus ongedaan nie. As Jesus nie gesterf, opgestaan en volgens getuienis opgevaar het nie, het jy dalk 'n saak.

    Jy bly agter by die Jode waarvan sommige Rabbis nou na 2000 jaar Jesus as een van hul groot profete begin beskou- ongelukkig het jy nie soveel tyd om tot die en tot 'n ander besef te kom nie.

  • Maar FC!
    Jy is die een wat kleitrap. Jy is die een wat hierbo beweer het dat Jesus die skepper-god is. Ek is die een wat 'n eenvoudige vraag op jou stelling vra en 'n eenvoudige antwoord verlang van jou, wat te netelig vir jou blyk te wees om te beantwoord, nl: "Indien dit wel 'n god is soos jy voorstel, wat die skepper van die heelal is, hoe weet jy dat dit nie Krishna die Hindu-god of die god van enige ander godsdiens is wat die skepper is nie? "
    Jy het tot vervelens herhaal dat die Bybel nie as ’n goddelike BRON aanvaar kan word nie, dus sonder verduideliking van jou, tov 'n goddelike bron, bly wat jy dan sê 'n duimsuig-voorlegging.

  • Ja dit is nou 'n voldonge feit - jy is 'n verdraaier van woorde by uitstek.
    Jy gooi die term 'goddelike openbaring' rond sonder om dit te omskryf of enige betekenis daaraan te gee. Dit kan tog nooit beteken dat elke woord uit God wat volgens jou nie bestaan nie se mond kom nie.
    Goddelike openbaring dra wel die betekenis soos vervat in (Johannes 1:1; Mattheüs 11:27; Johannes 16:12-15; Openbaring 1:1). Hier is Jesus self aan die woord en vertel ons iets meer oor homself en sy verhouding met sy Vader en dan Johannes.
    Elke verhaal in die Bybel aanvaar Christene as volgelinge van Christus is onder inspirasie van die Heilige Gees, wat volgens jou ook nie bestaan nie, eers mondeling van geslag tot geslag oorvertel en later neergeskryf as lering en 'n norm, dus die primêre bron waarvolgens eers die Jode en daarna die Christene hul lewe sou inrig.
    Daarom kan ons breedweg verwys na die ou testament (ou verbond) as die geskiedenis van die Jode en die nuwe Testament (nuwe verbond) as die geskiedenis van die Christene. Vanweë hul geskiedenis was daar in die ou verbond dinge wat spesifiek gerig was op die volk Israel en hul unieke omstandighede.
    Wat jy nie verstaan nie of nie wil verstaan nie is dat die Jode die eenvoudige wet lank vir enige ander oordink en formuleer het – wat bekend staan as cause and effect wat ek al tot vervelens toe behandel het. Daarvolgens het die heelal en alles wat daar in is slegs een OORSAAK gehad en nie baie oorsake nie. Wat verstaan jy nie hiervan nie?
    Die feit dat hul nie geweet het hoe nie het mos niks met die saak te doen nie. Die hoe is ’n saak vir die wetenskap. Dit het gegaan oor die WIE – die ‘OORSAAK’. Hulle het dan korrek gepostuleer dat die OORSAAK bestaan het voor die totstandkoming van die heelal. Al die gode wat jy opnoem ontstaan binne die heelal en is inderdaad menslike skeppings.
    Hieruit volg dus logies dat daar ’n dimensie voor die huidige dimensie waarin ons bestaan, bestaan het en nog steeds bestaan. Wat verstaan jy nie daarvan nie? Hierdie dimensie is nie geskep nie – dit staan bekend as ’n oneindigheid.
    Waarom ons die OORSAAK ‘God’ noem met hope byvoeglike naamwoorde dui die mens se gebrek aan om iets te omskryf wat buite ons begripsvermoë val. As die OORSAAK dan in ’n dimensie woon wat vir ons onbereikbaar is, want ons kan nie by die beginpunt beweeg nie en ons noem die plek ‘hemel’ dan moet dit dus duidelik wees dat die ‘hemel’ en gevolglik ‘hel’ ook nie ons dimensie is nie.
    Hieruit volg dus dat ons met ’n skeiding van dimensies te doen het in die verhaal van Lazarus en die ryk man soos opgeteken in Lukas 16. In vers 22 lees ons: “Kort voor lank is Lasarus dood. Maar toe het ’n koninklike ontvangs in die hemel hom te beurt geval. Die engele het hom kom haal en reguit na Abraham toe gedra.”
    Aanvaar Christus en deur die genade van God sal die skille ook van jou oë afval en jy genade wat slegs in Jesus Christus te vind is ervaar.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • FC Boot
    Ja, dit is nou ’n voldonge feit - jy is verstrengel in jou eie weersprekings en delusies. Ek kan ten minste feitlike voorbeelde van jou vele weersprekings weergee, waar jy in teenstelling geen bewyse kan lewer dat ek jou woorde verdraai het soos jy hierbo wil weergee nie.
    Voorbeeld. Jy kwoteer vanuit die Nuwe Testament en sê Jesus se so en so, maar toe ek vir jou vanuit Johannes gekwoteer het waar Jesus gesê het “Moses het van my GESKRYWE”, toe was dit kwansuis nie ’n ware weergawe volgens jou wat Jesus kon gesê het nie, want volgens jou kon Moses nie van Jesus geskrywe het nie, want die boeke in die Ou Testament wat aan Moses toegedig word, is eintlik deur onbekende skrywers, honderde jare na Moses se dood ten tye van die ballingskap geskryf!
    Jou weerspreking. Hoe kan jy met die een asem sê Jesus sê so en so en dan met die ander asem sê dis onmoontlik dat Jesus so en so kon gesê het, albei in hierdie voorbeeld vanuit Johannes gekwoteer?
    Jy vra my wat ek by goddelike openbaring bedoel, en jy verkwalik my dat ek dit nie vir jou omskryf nie! Magtig mens! Weet jy dan nie wat goddelike openbaring is nie, en jy wil jouself ’n Christen noem! Dit is eintlik my herhaalde direkte vraag aan jou wat jy nooit direk wil beantwoord nie, nl “Wat is JOU “Spesifieke” en/of “Algemene” BRON van goddelike openbaring? Maw watter BRON van inligting oortuig jou dat Jesus in jou geval, God is? Bv vir die meerderheid Christene, is die Bybel vir hulle ’n “Spesifieke” BRON van goddelike openbaring, vir die Mohomedaan, die Koran; vir die Hindu die Vedas, ens. Jy self aanvaar nie die Bybel as goddelike openbaring nie, volgens vorige gesprekke en redenasies oor die Bybel; tensy jy my andersins tot die teendeel nou wil oortuig. Indien nie die Bybel nie, watter ander BRON?
    Omrede jy glo dat Jesus die OORSAAK van die heelal is, was my verdere vraag aan jou, hoe weet jy of dit nie juis bv die Hindu god Krishna kon gewees het nie, en jou antwoord hierbo is: “Al die gode (oa Krishna) wat jy opnoem ontstaan binne die heelal en IS INDERDAAD MENSLIKE SKEPPINGS”. Jy sê met absolute sekerheid dat ander gode, deur miljoene aanbid, inderdaad menslike skeppings is; hoe kan jy dan met sekerheid sê dat Jesus ook nie ‘n menslike skepping is nie, ook by herhaling gevra en by herhaling nooit deur jou direk beantwoord is nie?
    Die ander twak oor demensies was nooit ’n besprekingspunt tussen ons twee gewees nie, wel jou rookskerm om my vrae te ontduik, dus gaan ek geen kommentaar daaroor lewer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top