Vlugtelinge

  • 6

Die Britse TV kanale lewer baie lugtyd aan die probleem. Hier op ons kanale is dit blykbaar nie baie nuuswaardig nie, want dit gebeur ver van ons af. Daar was al soortgelyke gevalle in die verlede waar mense uit lande gevlug het agv onrus en oorloë. Skoonpa loop te vertelle dat hy ook 'n vlugteling is aangesien hulle uit Maleisië voor die Japanese moes uitvlug.

Ek vertrou net nie die vrede nie. Iets klop nie vir my nie. Miskien is ek 'n sameswerings- (conspiracy) aanhanger/dwaas maar ek is nie gemaklik met die gebeure nie. Soos ek al voorheen genoem het, wie en wat en waar is die Islamitiese Staat? Goed en wel daar is verduidelikings van bekende splintergroepe wat selfs in die Wes-Afrika onrus saai.

My persoonlike mening is dat die verskillende groepe deur iemand gestig befonds en bewapen word. Ek dink iemand is besig om groot droog te maak deur die onrus te naby aan Europa en meer pertinent Duitsland te begin. Daar is van die Germane wat nie te vinde is vir die vlugtelinge nie, ek neem hulle nie kwalik nie. Dit is die tweede grootskaalse "inval" wat hulle beleef. Eers was dit die Oos-Duitsers en Oos-Europeërs, nou is dit ander rasse en gelowe.

Ek het onbevestigde gerugte uit verskillende oorde gehoor dat die "Islamitiese splintergroepe" deur oa die Amerikaners en Britte gestig is. Sal nie gif drink daarop nie maar niks sal my op die stadium verbaas nie. Ek weet daar is 'n opbou van Amerikaanse magte in die Midde-Ooste, wat my dadelik laat wonder waarmee is hulle nou weer besig of wat beplan hulle.

Dit is ook vir my toevallig dat die Sjinese se markte pak kry en oral oor die wêreld "stort" die markte ineen. Dit is algemene kennis dat die Amerikaners diep by die Sjinese in die skuld is. Die Sjinese groeikoers is standhoudend hoog maar die Westerse ekonomieë kom nie lekker op dreef nie, praat nie eers van die ontluikende lande nie.

Die Amerikaners moet hul ekonomie aan die gang hou. Hoe doen hulle dit, hulle skep werk en die maklikste is die wapenbedryf. Hoekom Duitsland toe vlug en nie Ingeland toe nie? Ek glo dat die meeste vlugtelinge effens Ingels kan praat of verstaan, maar Duits, aikôna. Die Koningin sit ook met die probleem as die vlugtelinge verby Duitsland hou en daar op haar grasperke wil kom plak wat sy gaan doen.

Dit sal nogal interessant wees om die uitkoms van die "probleem" wat hier is om te bly te sien.

Ek wonder maar net.

Reusedwerg

  • 6

Kommentaar

  • Jy is reg Reusedwerg, daar is baie politieke "bullshit" en duistere dinge aan die gang hier. IS is 'n groterige army en word kastig gebombardeer deur Amerika, Australië en ander. Die IS het verskillende bronne van inkomste, een van die grootstes is die olie uit die dele wat hulle beset, hierdie olie word meestal in Iranese raffinaderye behandel en dan deur Turkse hawens uitgevoer, Sover het ek nog geen politikus hoor praat met Turkye hieroor nie, ook geen nuusagentskap nie.

    Al wat die politicians doen is maak of hulle omgee en trek 'n treurige gevreet vir die kamera.

    Duitswester

  • Beste Reusedwerg
    Die onttrekking van die Amerikaanse troepe uit Irak het 'n reuse sekuriteitvakuum agtergelaat en weens verskillende faksies kon geen regering daarin slaag om doeltreffend teen Isis op te tree nie.
    Isis is 'n meer ekstreme weergawe van Al-Qaeda wat al hul weersin uitgespreek het teenoor die absolute barbaarse optrede van Isis. Die oorloë en gevegte tussen verskillende faksies in die Arabiese Republiek van Sirië skep 'n ideale geleentheid vir Isis om hul hande op olie-raffineerderye te lê en dit op die swart mark te verkoop om so hul veldtog te befonds.
    Die manier waarop die Irakse leër net handdoek ingooi en vlug en Amerikaanse wapentuig agterlaat gaan dit moeilik maak vir enige poging van die Irakese leër om hul te verdryf.
    Koerdiese vegters teen Isis skreeu om beter wapentuig aangesien Isis met verowerde
    Amerikaanse wapentuig teen hul optree. Dit laat 'n mens wonder of die omverwerping van diktatorskappe, met al hul verfoeilikhede, 'n goeie ding was aangesien dit wil voorkom dat Westerse demokrasie nie daar haalbaar is nie.
    Jy kan probeer om 'links' op http://jihadology.net/category/islamic-state-of-iraq-and-al-sham/ te open. Maar wees versigtig alhoewel hul as veilig voorgestel word weet ek nie of hul vol virusse is nie.
    Dit lyk vir my dat as daar nie gou 'n oplossing kom nie gaan dinge net vererger en kan Europa nog 'n groter stroom vlugtelinge verwag.

  • Helize van Vuuren
    Jy gee die skakel van Guy Sorman (City Journal 8/9/15), 'n Jood, wat die Europeërs verkwalik omrede hulle traag die vlugtelinge in hulle midde wil akkommodeer. Hy skryf: "This is why I am ashamed of Europe: I am ashamed of its selfishness, its blindness in the face of history and its arrogant, self-satisfied pouting."
    Wat van Israel, die Joodse vesting, te midde van alles, waar die eerste minister Netanhau verklaar het hulle gaan 'n heining opstel om die vlugtelinge te keer om nie na Israel te kan vlug nie, want hy wil nie toelaat dat die Joodse staat deur vreemde kultuur en godsdiens verswelg word nie.
    Guy, the Jewish hypocrisy knows no bounds. No mention hereof by him. What is good for the goose, should be good for the gander.
    Die Jode is gekenmerk vir hulle "holier than thou" houding waar dit hulle nie raak nie, maar sodra dit hulle raak, dan is dit 'n geval van "anti-Semitism”.
    In SA was hulle getalle die grootste ooit in die geskiedenis, en dit onder die apartheidregime wat hulle gedurig verkwalik het. Sedert 1994 het hulle getalle met 80% afgeneem soos hulle landuit gewei het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top