Kommentaar

Geagte professor De Villiers

V.J. le roux 2015-11-13 Ek huil , dat 'n man van wie ek sò baie verwag het , sò kortsigtig kan wees.

Geagte professor De Villiers

Pierre de Villiers 2015-11-13 Goeiedag Johann. Jou skrywe is baie insiggewend en ek vereenselwig my met elke woord. Niemand is vandag meer ontnugter oor die Nuwe Suid-Afrika, as mnr. FW de Klerk self nie. Ja, ek stem saam dat die Ou Suid-Afrika nie ’n toekoms gehad het nie, en dat

Educational terrorists en die hashtag-nagmerrie by UWK

Anthony Wilson 2015-11-13 So bek moet jam kry! Dit is lank reeds tyd dat iemand die moed hê om te sê wat lankal gesê moes gewees het. Die aanhoudende protes se tydsberekening stink ten hemele – onvoorbereid op die voordeel. Jy’s op universiteit om aan ʼn loopbaan te werk. D

"'n Skande wat onthou sal word": Die diktaat van Open Stellenbosch

Christa Roode 2015-11-13 Breyten Breytenbach, ek salueer u! MEER op die man af kon dit Nie beter gestel word Nie. DANKIE vir 'n man van staal, wat met trots hou by sy taal en siening!

"'n Skande wat onthou sal word": Die diktaat van Open Stellenbosch

Julia Smuts 2015-11-13 Sic transit gloria mundi!

Geagte professor De Villiers

Zondra Hoffmann 2015-11-13 Skok en teleurstelling kan ek nie eers beskryf nie. Eienaardig dat Engels nou ewe skielik die taal is wanneer alles wat Kolonialisme verteenwoordig afgebreek en verwyder moet word. "DECOLONIZE" is die slagspreuk, maar ek vra wat verteenwoordig Engels a

Geagte professor De Villiers

Gogo de Bruin 2015-11-13 Ek vertrou die US (of is dit nou SU?) sal binnekort 'n verklaring uitreik oor die Woordfees 2016 voordat ons geld uithaal vir verblyf en kaartjies. Moet ons dan ook daar Engels praat? En gaan daar Afrikaanse toneel, skrywers, gesprekke ens wees? Hier in d

Geagte professor De Villiers

Willem de Jager 2015-11-13 Ek verbaas my dat Litnet so 'n "verkrampte" skrywe plaas. Fantasties verwoord, Johann Rossouw. Die agenda is so duidelik en wie beter vir die job as 'n wit man met 'n Afrikaanse naam. In besonder stem ek saam dat die studente wat voortaan in hul tweede ta

Geagte professor De Villiers

Louis le Roux 2015-11-13 Ek wonder of die "raad" daaraan gedink het dat daar steeds Afrikaanssprekende en anderstalige studente by US sal wees? Dat daar steeds studente uit verskillende rassegroepe sal wees? Hierdie stap is niks anders nie as 'n tydbom wat wag om af te gaan. Met

Geagte professor De Villiers

Ray 2015-11-13 Afrikaans en Afrikaanssprekendes is verraai.

Die hele doel van godsdiens

Jaco Fourie 2015-11-13 Duitswester Vergeet om bykomstig te sê. My voorbeelde hierbo is gemik om te toon dat selfs in die laat 20 en huidige 21ste eeu, gryp godsdienstiges, selfs van dieselfde geloof, mekaar om die keel. Wat jy eintlik hierbo kwytraak, dis OK wat godsdiensti

Geagte professor De Villiers

Breyten Breytenbach 2015-11-13 Johann: jy slaan die spyker op sy kop. Hierdie besadigde brief is 'n verdoemende aan-die-kaak stel van die feit dat dit Afrikaners in besluitnemende posisies is wat die vuilwerk vir die rassistiese populiste doen, en daarmee kulturele moord pleeg. Die sla

Die hele doel van godsdiens

Jaco Fourie 2015-11-13 Duitswester My kommentaar hierbo mbt ateïs-en-gaywees is ook op jou van toepassing. Jou styl bly oudergewoonte tussenwerpsels sonder enige produktiewe bydrae tot die onderwerp. Getalle is nie die onderwerp onder bespreking nie. Lees weer fyn. Dit gaan

Die hele doel van godsdiens

Jaco Fourie 2015-11-13 FC Boot Soos oudergewoonte praat jy oor alles behalwe die onderwerp onder bespreking. Ek het verskeie stellings gemaak. Vat my daarop aan en bewys die teendeel indien jy kans daarvoor sien. My gaywees asook dominee word is nie enige "rebuttal" waaroor ek

Geagte professor De Villiers

Lelanie Lemmer 2015-11-13 Netjies gestel Johann.

Geagte professor De Villiers

Heilna du Plooy 2015-11-13 Dankie, Johann. Jou argumente is helder en suiwer en onomstootlik en nogtans weet ons besluitnemers sien en hoor net selektief. Dit is egter noodsaaklik dat die gesprek aan die gang bly en daarom is 'n bydrae soos hierdie baie belangrik.

LitNet: Jou hartstories

Santie Gouws 2015-11-13 Windplase ... skoon elektrisiteit uit reuse windturbines ... dis waar ek rondry. Van Ouma se beskuitfabriek in Molteno tot Europese grasgroen koeimelk wynlande by Oesterbaai, tot Philipstown se draadkarfees op 10 Oktober tot by vriendelik verleidelike bor

Kuns: die stiefkind van skoolvakke

Georina Westraadt 2015-11-12 Die grondslag van kunsopvoeding word in die laerskool gelê (Westraadt, 2015. Die onderrig van visuele kuns in die laerskool. Mowbray: Futuremanagers). Kunsopvoeding is 'n verpligte skoolvak in die laerskool. Die KABV (CAPS) verskaf riglyne hieromtrent. S

Kuns: die stiefkind van skoolvakke

Georina Westraadt 2015-11-12 'Like' ATASA op fb. Die vereniging bied werksessies aan vir onderwysers wat verantwoordelik is vir Kunsopvoeding in laerskole. Die kunssentrum naaste aan jou behoort ook kursusse aan te bied.

LitNet op TV: Wat is 'n taal?

Izak de Vries 2015-11-12 Baie cool.

Vrede na bekgeveg oor boeke

Barrie Barnard 2015-11-12 Ek as 'n boekeliefhebber ondersteun Mnr Patel se wenke almal, selfs die oor boeke, en bloot vir dit wat dit is. Dit was raad aan mense wat geld wil spaar maar wat ook lief is om te lees. Al sy wenke oor boeke maak 100% sin, en nooit het hy mense in diesel

Hotnotsgot: Bou jou eie Departement Afrikaans

Anthony Wilson 2015-11-12 Ek wil praat oor die letterkunde, veral die voorgeskrewe werke. Jason ek doen Teater in die Opvoeding (Skoleprogramme) vir die Graad twaalfs sedert 1981 en dit is die eerste keer wat ʼn drama van iemand anders as wit voorgeskryf is. Adam Small se “Krism

Suid-Afrika se uitgespoegde druiwepit (vir Universiteit Stellenbosch)

Johannes Comestor 2015-11-12 Floris, dankie vir hierdie een. Aan die US en elders is Afrikaans op die afdraand. Min Afrikaanssprekendes is besorg daaroor. Hulle laat hulle met valse beloftes mislei.

Die hele doel van godsdiens

Duitswester 2015-11-12 Jaco jy gooi getalle rond wat jy reken is hoeveel mense dood is weens die bestaan van geloof. Die afgelope eeu is sowat 200 miljoen mense dood weens die bewind van Hitler, Mao en Stalin. Al drie van hulle was anti-gelowig. Die bewering wat jy maak is erg

Jy het gekom

Angela Malo 2015-11-12 Hierdie gedig openbaar die toestand van ons land; veral die droogte wat tans in groot dele voorkom.

Nagstil (vir doofblind-maand)

Angela Malo 2015-11-12 Ek is mal oor hierdie gedig, dit voel asof dit moet aangaan. Floris Brown is 'n digter van formaat, ek hou van al die gedigte wat ek al gelees het van hom.

Die hele doel van godsdiens

F C Boot 2015-11-12 Arme Jaco Hy het die klok hoor lui, maar hy weet nie waar die bel hang nie en vir 'n mens wat beweer dat hy vir dominee geswot het, is sy insig uiters beperk. Van wanneer af gaan dit in die Bybel oor of dit goed of sleg gaan met 'n mens? Moord, diefstal

Die hele doel van godsdiens

Jaco Fourie 2015-11-12 Angus Jy is reg. Die meerderheid ateïste, myself inkluis, dra min of geen kennis van ewolusie nie, en soos jy tereg sê het ateïste so geword omrede hulle nie in die bo-natuurlike glo nie. Dankie daarvoor

Die hele doel van godsdiens

Jaco Fourie 2015-11-12 Godsdiens is selfs in die hede en onlangse verlede direk verantwoordelik vir honderde duisende lewensverliese in die naam van ’n fiktiewe god onder verskeie dekmantels. 1. In Palestina tussen Jode en Moslems 2. In die Midde-Ooste tussen Sunni Moslems

Die wit vloek vir swart Suid-Afrika

Jaco Fourie 2015-11-12 Reusedwerg Dit het nou hoog tyd geword dat Afrikaners nie meer skuldig voel vir die on vermoëns van swartes om hul lewens volgens Westerse standaarde in te rig nie, die einste standaarde wat volgens hulle na ge-Afrikaniseerde standaarde verander moet wo

Die hele doel van godsdiens

Angus 2015-11-11 Beste Jaco, Sjoe! ek het lekker gelees aan hierdie blink-nuwe siening van jou van wat ons alreeds weet. Eens het Doppers en Gatjieponners mekaar ook dik geslaan oor dans of nie dans nie, en of jy in die hel sal beland as jy Gesange saam met Psalms sing

Sit die skrikbewind van boelies stop

Antjie 2015-11-11 My kleinseun in Graad 4 is gister deur twee boelies op die skoolgrond bygedam. Die een kind het hom vasgehou terwyl die ander een hom geskop en geslaan het. Die oortreding: My kleinseun het deur die sproeier op die grasperk gehardloop. Sy boetie in Graad

Boekresensie: Lafras Cuyper kanonnier deur Karl Kielblock

francois verster 2015-11-11 Hallo Dirk, inderdaad was daar nog Cuyper-boeke. Die een hierna is Luitenant Lafras Cuyper en dan is dit Lafras Cuyper en die Hirondelle. Daar was sewe in die reeks. Dankie vir jou belangstelling. FV Terloops, Dan Sleigh is ook 'n bron van kennis oor

Kuns: die stiefkind van skoolvakke

Suzanne Lategan 2015-11-10 Ek wil net sê dat ek VOLKOME saamstem. Ek is tans 'n finalejaar-onderwysstudent met kuns as hoofvak. Ek begin volgende jaar werk as 'n kunsonderwyseres vir graad 1-7. Hoewel ek oor die nodige kennis beskik om dit met selfvertroue aan te pak, weet ek dat

Die NG-kerk en gays

Minie_Kimberley 2015-11-10 Goed verwoord Kobus. Dit slaan my dronk dat "gelowige Christine" die Bybel so kan verdraai. Ons moet nie dat die wêreld ons van die spoor af probeer gooi nie. Al is die pad nou op sy einde daarvan wag Jesus vir ons. Aan die ware God alleen die eer.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Amelia Myburgh 2015-11-10 'n Boek 'n dag gee kennis en mag.

Kuns: die stiefkind van skoolvakke

Rina Burger 2015-11-10 Wat 'n wonderwerk! Iemand gesels oor iets wat my na aan die hart lê. Vir jare loop ek met die gedagte dat dit eers die kunsonderwysers is wat onderrig moet word voor hulle 'losgelaat' word om ons leerders enige iets oor die praktiese aspekte van die kuns

Kuns: die stiefkind van skoolvakke

Christine Watters 2015-11-10 Baie waar woorde. Tog is die akademiese snobisme wat deurskemer 'n jammerte. Ek dink nie 'n 4-jaar-onderwysdiploma met kuns as spesialiteitsvak maak 'n onderwyser minderwaardig of onbevoeg nie.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Karen Loubser 2015-11-10 Om 'n boek te koop, is soos om 'n vriend te hê waarna jy kan terugkeer. Keer op keer.

Hotnotsgot: Bou jou eie Departement Afrikaans

Johannes Comestor 2015-11-10 Lloyd versuim om te noem dat van die vier sprekers wat genooi is om op 27 Augustus aan die byeenkoms deel te neem net een wit is. Die voorsitster is ook wit. Albei hierdie blankes is linksgesind. Die hele byeenkoms was dus sterk gelaai na die kant van "di
Top