Pieter van der Westhuizen2015-11-13Breyten is in die kol. Self kon ek dit nie beter gestel het nie. Die mens is mos inherent lui en slapgattig en kies altyd die weg van die minste weerstand.
Laura Willer2015-11-13Vir eens stem ek saam! My wyse ou vader het reeds in die vroeë 90's gesê dat ons weer eens mense minderwaardig maak deur Engels voorrang te verleen bo die ander tale. Ons is meerrassig, meertalig en nog meer. Minderheidsgroepe soos die Ndebele en kleine
Inga Lawson2015-11-13Breyten het die kluts kwyt.
Die staat skuld niemand iets wat hy nie die ander gee nie.
Ek as ouer sorg vir die voortbestaan van my taal by my kinders.
Dis nie die staat se job nie.
Philip Fourie2015-11-13Ek stem saam met Johann Rossouw. Spesifiek wil ek noem dat dit uiters naïef is om te erken dat 'n besluit geneem is op grond van politieke druk; dis 'n uitnodiging vir die drukgroepe om verdere druk toe te pas en meer eise te stel.
Annalene Scholtz2015-11-13Wel, ek het aan US studeer; hoop nie die SU maak nou alles waarvoor ek hard geleer het, ongeldig nie. Dis al wat dalk in ligter luim gesien kan word! Oor die res is ek baie ernstig en so bly JY, Breyten Breytenbach, het opgestaan vir my universiteit se ta
Annette le Grange2015-11-13Geagte mnr Breytenbach, al wat ek kan sê is DANKIE vir jou eerlike kommentaar. Dit is 'n hartseer dag, 13 November 2015. Hopelik word daar besin, maar ek glo nie, 'n HARTSEER DAG vir AFRIKAANS, ons almal se taal.
Annette le Grange2015-11-13Johan Rossouw, dankie vir jou mening oor die taalkwessie, baie van ons voel soos jy,beter kon jy dit nie in jou brief "namens" ons verwoord het nie.
Phillip Lottering2015-11-13Weer eens 'n bewys van breindood leiers wat nie 'n benul het van wat werklik nodig is vir ons land nie. Gee "hulle" sertifikate wat niks weet en nooit geleer het nie. So gaan ons land ten gronde. Dis mode en wettig om te toy-toy en af te breek.
Elizabeth2015-11-13Breyten, onthou hoe kort die lewe is vir ouer mense, laat die gevegte aan die dommes oor, en kies om jou tyd aan gesin, familie en vriende te bestee. Wees gerus,die tyd sal leer wie regtig betroubaar was.
Philippus Janse van Rensburg.2015-11-13Meer moet praat? Wanneer sal ons ophou praat én hardloop en sê, nee, dis nou genoeg, óf julle verstaan nou, óf ons vat ons goed en loop ons eie pad! Maar ... ons is bang, want daar is skrikwekkende toekomsbeelde wat opdoem! Dalk sal ons uiteindelik da
Giselle2015-11-13In aansluiting by Breyten, die volgende gedig:
Stellimbos
Jy met die skat van jou groenakker prag
Deur die Nederlanders geplant vir timmerhout.
Van der Stel se bos.
My kennisvennoot.
Veronderstel om intellektueel stimulerend te wees
Maar jy
Frederik Sutherland2015-11-13Ek salueer jou Breyten. Daar was baie dae in my lewe dat ek jou politieke oortuigings verwerp het, maar die feit dat jy vir jou taal opstaan, maak van jou 'n man. Ongelukkig kan dieselfde nie van almal te Stellenbosch gesê word nie. Mag die dag van hul v
Garath2015-11-131) Afrikaans en Engels is, na my mening, die enigste twee tale in die RSA wat die toets van die akademie deurstaan het. Ander tale verdien ontwikkeling as moedertaal-onderrig ondersteun word, maar pogings uit eie geledere word benodig. 2) Verenigings wat
Melcus Nel2015-11-13Dit is nou weldeurdagte kommentaar.
Ek is nie iemand wat by hierdie dinge betrokke raak op sosiale media nie maar die feit dat 'n deurdagte akademikus en leier soos Wim de Villiers demokrasie so onder sy stert skop is totaal onaanvaarbaar.
Ek is die vad
Graham Hogg2015-11-13Ek is geskok oor die feit dat daar toegelaat word dat die ANC Regering heel waarskynlik gaan seëvier om nog 'n pilaar van beskawing in Suid-Afrika te vernietig.
Ek is 'n eerste generasie Engelssprekende Suid-Afrikaner wat die moeite gedoen het om Afrika
Fanie Olivier2015-11-13Dankie, Johann, vir jou uitgesproke reaksie.
En, ja, die politieke gedienstigheid ken geen rede nie.
Die feit is dat universitêre opleiding in Afrikaans nog nooit enige iemand se internasionale status gekortwiek het nie, soos duidelik blyk uit die fei
Andre Grevelink2015-11-13Breyten
Jy kon dit nie beter nms ons almal, wat geskok en hartseer is oor hierdie lafhartige besluit, gestel het nie. Wat 'n skande!
Ina Goosen2015-11-13Johan Rossouw, jy verdien 'n medalje.
Die beer en die jagter het besluit op samesprekings. Hy was honger en die jagter wou 'n vel hê om hom toe te maak. Na die gesprek het die beer weggestap; sy maag was vol en die jagter was binne-in sy vel.
Hou aan
At Adam2015-11-13Die vraag is of daar die politieke wil onder Afrikaans-sprekendes is om op te kom vir Afrikaans. Soos wat dit vir my lyk, het die meerderheid Afrikaans-sprekendes nie veel erg aan die taalstryd nie. Dit gaan eerder oor issues soos regstellende aksie, dien
Danie de Kock2015-11-13Hierdie is 'n skande en verraad teen almal wat hulle vir die ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans as volwaardige taal beywer het.
At Adam2015-11-13Dit lyk my neoliberalisme en afro-fasciste het hierdie rondte gewen.
Die vraag is nou hoe die Afrikaanse gemeenskap daarop gaan antwoord. Gaan hulle die universiteit op groot skaal boikot of dit maar gelate aanvaar?
Ludwig Churr2015-11-13Dankie vir die verslag. Dit gaan oor meer as net taal. Gee in en daar word meer gevra. Kyk maar net na die studiegeld vraagstuk.
Ek was verslae toe ek sien hoe hulle ons taal en kultuur verkoop het. Nee, weggegee het. Alles verniet gaan tot niet.
Elza Lorenz2015-11-13My gevoel is verslaenheid. Het nie kon dink ek sou die dag sien nie. Eintlik het ek nie woorde wat my teleurstelling in die land en sy mense, om watter rede ook al, gestand kan doen nie. Hoe arm moet ons nog word aan alles wat saak maak voor 'n wending ko