Albert Jürgen2015-11-16Dankie Breyten! Wat het van demokrasie geword! Het die Afrikaanssprekende studente wat in die meerderheid op US is dan geen sê meer nie! Dat prof de Villiers voor Blade se druk geswig het is verseker! Dis 'n skrynende skande wat ten hemele skree! Dan sal
Elizabeth2015-11-15Geagte Johann
Baie dankie vir hierdie brief.
Ons taal moet sy plek in hierdie land hê!
Jou brief en die reaksie wat dit lok maak my 'n trotse Afrikaner. Ek sien uit om die US se reaksie te hoor op hierdie brief.
Ek staan agter jou en al die ander w
Dr B du Plessis2015-11-15Dis hartseer om te dink dat Afrikaans as ’n erkende akademiese vaktaal kan uitsterf. Prof Wim, as dit jou mag beïnvloed, dink terug toe jy die kanseliersmedalje in 1983 ontvang het. Jy kon medisyne met diepe begrip en etiek in jou Moedertaal bemeester.
Rob2015-11-15I'm English. And Stellenbosch is my Alma Mater (BSc Bosbou, 1987).
And I disagree with what they're doing. Leave the tuition in Afrikaans. Before I became a Matie my Afrikaans was non-existent; nou kan ek dit wel verstaan en praat (maar lewe nou in Frank
Margaret Louw2015-11-15Johan Rossouw se treffende betoog laat mens hoop dat daar nog 'n kans is dat Afrikaans as akademiese en onderrigtaal op ten minste voorgraadse vlak aan US sal oorleef.
Fanie Olivier se raad is van enorme waarde. Is daar 'n joernalis of organisasie wat sa
Gogo de Bruin2015-11-15Die satellietkampus is 'n interessente voorstel maar moenie dink dat dit deur die ANC, die EFF, Open Stellenbosch en hulle trawante verwelkom of verduur sal word nie. Daardie mense se selfbeeld hang ten nouste saam daarmee dat Afrikaans gereduseer word to
ina weilbach2015-11-15Jy slaan die spyker op die kop Johann!
Swig voor intimidasie deur elemente , en jy sal aanhou terugval. Verraad is 'n ongeneeslike siekte.
Pieter Schoombee2015-11-15Stellenbosch moet Engels word om 'n wêreldgehalte-universiteit te wees. So lui die argument. Is daar geen wêreldgehalte-universiteite in Duitsland nie? Of in Frankryk nie? Of in Nederland nie? Sjina? Rusland? Noem op.
Betzie2015-11-15Ag hemel , Wilhelm. Wat is nou so eienaardig dat Kleurlingvroue op Sondae gewerk het? Blanke dokters het Saterdae en Sondae ( en ek glo steeds ) noodoperasies op kleurlinge en swart pasiënte uitgevoer .
Ruby2015-11-15Ek dink alle Afrikaners moet ophou hulle studiegeld betaal. Dan sien ons waar kry hulle hulle salarisse vandaan. Dis die Afrikaners wat betaal en dis die Afrikaners wat die universiteite aan die gang gehou het. Hierdie mense het Engelse universiteite waar
Ben2015-11-15Ek dink 'n groot probleem is die kopiëring van politiese en denkstelsels van elders: Apartheid was gebaseer op Europese nasionalisme en die segregasie van Rooi Indiane asook klassifikasie van mense gegrond op velkleur in die VSA, wat kunsmatig hier toege
Johannes2015-11-15Ek kan eintlik op alles voorafgaande net sê: 'Sela'. Kyk ook met groot oë en afwagting in die rigting van UP waar ek vir meer as 30 jaar dosent was.
Hélène Lewis2015-11-15In 1938 het van Wyk Louw 'n opstel geskryf "Die ewige trek". Die drie geskiedkundige oomblikke wat hy hieronder plaas is - die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en die derde, die keuse van Afrikaans as amptelike taal. (Bron: 'Die daad binne die geskiedeni
George van der Merwe2015-11-15Breyten jy het goed gedoen en was weer jou ou self. Dat dit ’n jammer dag was, ja maar wees positief. Hoe meer ’n ding bedreig word hoe vinniger groei dit. Hoe verskil dit van onse Jan se tyd. Hoe verskil dit van hedendaagse groei in Afrikaanse teater
Jessica2015-11-15Dis natuurlik 'n mite dat "ekonomiese werklikhede", "pragmatisme", "dapperheid", "politieke werklikhede" of "politieke druk" agter die besluit sit, soos wat veral Piet Croucamp en sy hanskader-brigade met groot lekkerkry verkondig.
Eerder is dit die
Lieb2015-11-15Hiermee ook my stem teen die uiters onbillike en ongrondwetlike besluit om dit selfs net te oorweeg om Stellenbosch Universiteit se taal te verander. Dis tyd vir aktivisme!
Douw Kruger2015-11-15Dis nou 'n briljante voorstel, die van 'n Nederlandse universiteit met 'n satellietkampus in Afrikaans. Ek sien dit reeds in my gedagtes op Wellington. Eers 'n instelling wat Afrikaanse onderwysers oplei, sorg dat Afrikaanse terme bybly by die jongste int
Gert Basson2015-11-15Miskien net 'n storie van baie lank terug aangesien self koshuise se huisvergaderings nou in Engels moet wees. In 1905 het die Engelse na die Anglo Boereoorlog 'n veldtog van anglisasie geloods wat ondermeer behels het dat kinders in skole 3 dae per week
Antoinette2015-11-15Pieter J Swanepoel, ek sou dink dat as mnr Breytenbach "ek het gedog" kan gebruik dan kan ek seker ook:
"mammie
ek het gedog
as ek eendag huis toe kom
sal dit onverwags so teen skemerdag wees
met jare se opgegaarde rykdom
op rue van ysterkoeie"
B. Mostert2015-11-15Wat my moerig maak is die wit Engelsmannetjies wat op Stellenbosch rondloop en weier om Afrikaans te praat en dat dit maar OK is om daarmee weg te kom om eentalig Engels te wees. Dit maak my rooi sien.
Pieter J. Swanepoel2015-11-15As jy 'gedog het' is jou Afrikaans miskien self bietjie problematies. Ek sou dink jy kon "dog', of 'gedink het', maar om te gedog het klink meer ingewikkeld as wat Breyten skryf. En in elk geval: dis nie moeilik om te verstaan as jy bereid is om te lees n
Charl2015-11-15Is dit nou nie bejammeringswaardig nie dat die Apartheidsdonkie elke keer opgesaal word nie sodat jou eie keuses daardeur bevoordeel kan word nie. Die US was nog altyd 'n Afrikaanse instelling, nie om "Apartheidsvoorstanders" op te lei nie, maar om akadem
Antionette Smuts2015-11-15Waarom doen jy aansoek by ’n Afrikaanse instelling as jy nie Afrikaans verstaan nie?
Hier sit verskuilde agendas agter wat tans gebeur in ons universiteite ...
Waarom is daar so baie "buitelandse" studente en wie of wat finansier hulle?
Hier by Kovs
Yvonne Blom2015-11-15Ek is bly dat die polemiek aan die gang bly. Ek hoop net iemand lewer al hierdie kommentaar by die rektor af want hy moet sien en hoor hoe ons Afrikaners hieroor voel. Ek huil vir my taal, ek huil vir my kind wat uit ’n Afrikaanssprekende skool volgende
Wynand Smit2015-11-15Interessant wat Sechaba Dan Montsisi, een van die leiers van die 1976 opstande en MP vir meer as 20 jaar, nou vir die BBC gesê het:
"They must look at changing the curriculum and make sure that it is designed to help us as a developmental state, instea
Tiaan Taylor2015-11-14... ons moes dit verwag het want alles wat waardevol en betekenisvol is moet vernietig word, taal en so ook die boere en hul grond. "Zimbabe is die voorbeeld wat gevolg moet word." Basta met die grondwet, hulle maak wat hulle wil. Die volgende teiken is P
Andre Britz2015-11-14Ditto Andre Badenhorst, 'The New SU' neem eensydig aan dat alle Afrikaanssprekendes (Moedertaal) sal Engels magtig wees. As ons in Suid-Afrika dan agteroor knak vir intimidasie deur 'revolutionary mobs' - Dan stem ons maar met die voete. A la Nr 1 - 'Moth
hendrik2015-11-14Tragies. Wat gaan die Jan Marais trust se trustees besluit oor toekomstige finansiële steun aan Stellenbosch? Soos ek dit het, is Afrikaanse instelling/studente 'n voorwaarde. Dalk Akademia oorweeg?