'n Woord kan 'n tydsgees vasvang.
In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se Suid-Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".
Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)
Wat is 2015 se Afrikaanse woorde - woorde wat ontstel, prikkel, of die heersende gesprek saamvat?
Stuur jou #litnetwoord2015 voor 7 Desember 2015 aan: naomimeyer@litnet.co.za. Slegs een inskrywing per persoon.
Lees kompetisie-inskrywings solank op LitNet, Facebook, en Twitter.
Ons ondersteuners gaan hul gemeenskappe ook nooi om hul kortlyste van tien woorde te bepaal. Hierdie ondersteuners is:
- Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV)
- Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
- Netwerk24
- Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
- Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Hierdie kortlyste sal almal op LitNet gepubliseer word.
LitNet sal R1 000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie. LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.
Alle uitslae sal gedurende Desember op LitNet verskyn.
Vir elk van die tien woorde of uitdrukkings wat sy kortlys haal, gee die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal 'n jaar se gratis toegang weg tot HAT Aanlyn.
Hierdie kompetisie word ondersteun deur:




Kommentaar
#
Dankie Litnet. Julle doen so baie vir Afrikaans
OPTOGTE
Dit is baie jammer dat Bennie Griessel so aan die drink gaan.
heh-heh-heh-heh
Homologasie (Geregtelike bekragtiging van bv.Gay troues)
Baie dankie vir die bevordering van die taal.
Ek het ongelukkig nie nou 'n bydrae om te maak nie, maar my versugting is dat die volgende drie woorde uit die Afrikaanse woordeskat sal verdwyn:
drywer i.p.v. bestuurder
robot in plaas van verkeerslig
bekyk in plaas van ondersoek
Mense kan regtig 'n bietjie meer moeite doen.
Groete
Rudi
My pa was 'n treindrywer en hy sou die stuipe gekry het as jy hom 'n treinbestuurder genoem het.
Lekkatjies...
Poespas,wat beteken deurmekaar,wanorde
Selfdegeslag
Smoel
Ek stel voor 'skwape' vir die Engelse 'sheeple'.
karbonkel
Kakiebosch
Stofpoeper (kort mannetjie).
diskoers
Hutsmerk
Stakings
Terreur
Terwyl ons nou op die onderwerp van ou woorde en nuwe woorde is:
Wat dink julle van 'n ander naam vir muskiet?
Hoe klink vampier-vliegie?
Ek dink omdat ek dit self uitgedink het, gaan ek ook voortaan so daarna verwys.
Ongelooflik. Geen sin word meer gesê sonder om hierdie irriterende woord vir alles wat wel geloofbaar is, te gebruik! Ons kan nie meer praat sonder om gepaste woorde te vind nie, alles is incredible/amazing/ongelooflik. En ja, die digters se SlimWim en Kakiebosch is wenner 2015 woorde waarmee ons US se "omgangstaal" as 'rekommendasie' mee sal onthou.
#ZumaMustFall. Eintlik al die #....MustFall trends wat algemeen gebruik word om siviele ongelukkigheid en protes te publiseer.
Ek is te laat vir die kompetisie, maar my woord vir die "dames" wat snags straatdiens doen ... nagvlinders of bosdonsies ...