Hein2015-11-14Shame, ou Breytie wil nou in die pot oor taalregte en ruggraatloosheid en hy het so hard saam baklei om dit wat nou gebeur te laat vlam vat in die land. Waar lê jou belange eintlik ou maat?
Petro Bezuidenhout.2015-11-14Dat so iemand soos die Rektor van 'n Universiteit nie die insig het dat hy misbruik word vir 'n politieke agenda nie, slaan my dronk.Ek is hoogs ontsteld oor hierdie besluit wat my Alma Mater ten diepste raak.
Wilma Benadéñ2015-11-14Niks is meer kosbaar in hierdie land nie; nie taal, kultuur of geskiedenis nie en nog minder menselewens. Alles word met geweld reggekry en ek ys om te dink waar dit gaan eindig. Daar is hoeveel universiteite waar Engels die eerste taal is, hoekom kan daa
Tony Smit2015-11-14The management of all of our "Ex" world famous universities now haven't got the guts to expel (Not just suspend) these idiot students who always just trash everything.
Businesses that give them bursaries and parents who are working their guts out to p
Renee du Toit2015-11-14Kan die US asseblief statistieke verskaf oor die persentasie studente wat tans in koshuise woon wat nie Afrikaans verstaan nie? Watter persentasie US-studente is nie Afrikaans magtig nie? Swaai die stert nie die hond nie?
Ingrid Lezar2015-11-14[Hierdie kommentaar is deels aan die outeur en sy argumente gerig, so ek neem aan dat Engels meer passend is.]
Thank you to the author for this thinkpiece. I also love languages and multilingualism, but my standpoint, which addresses practicalities and n
Jan2015-11-14Wil jy beweer dat deur die jare, wat daar in Afrikaans gedoseer is, nog niks goeds uit ons Afrikaanse universiteite ontstaan het nie en dat ons daardeur geestelik en intellektueel verarm is? Dus sê jy dat almal van ons wat deur die jare ons grade in Afri
Ron van Lingen2015-11-14Ou Wim was top matrikulant in die Wes-Kaap, in 1977. En toe raak hy dokter - 'n man moet slim wees om dokter te word.
Tant Lina (Spies) moet my nou maar verskoon dat my Afrikaans na 21 jaar in die sakewêreld erg onakademies geraak het, maar Wim en di
Elza van Heerden2015-11-14Ek, as oud Stellenbosser en Ma van 2 seuns wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, is geweldig teleurgesteld deur hierdie besluit wat die Universiteitsraad nou moet en sal deurvoer. Dis regtig ’n swart dag in Afrikaans se geskiedenis! Ek
Christiaan Carstens2015-11-14Johann, jou artikel is goed geskryf. Dit is kommerwekkend dat 'n klein groepie mense die septer swaai. Politieke korrektheid is 'n vloek. Ruggraatlose leiers laat mense in die steek.
Fanie Olivier2015-11-14Die reaksie op Breyten se verwoestende brief en Johann Rossouw se kommentaar deur die ope brief, bevestig duidelik hoe diep die woede en ongelukkigheid is rondom die rektor van die Universiteit van Stellenbosch se verklaring oor sy “bestuurspan” se be
Johannes Vogel2015-11-14Ek sien dat dit "slegs" sowat 30 mense is wat Afrikaans gaan laat sneuwel in Stellenbosch. So wie is Dawid hier en wie is Goliat? Die groep van 30 wat die "magtige" miljoene Afrikaners verslaan. So waarom is daar geen optog van van ’n miljoen Afrikaners
Dr.Johan Kloppers2015-11-14Hierdie is die ergste vorm van verraad. As jou eie swig voor die aanslag van die gepeupel dan weet jy jy is uitverkoop. Hierdie toegewing wat gemaak is, is maar die begin van die kanker wat hierdie pragtige Universiteit stellselmatig gaan afbreek totdat d
Hendrine de Wet2015-11-14Ek is Afrikaanssprekend, Ek is lief vir my Moedertaal, soos seker elke ander mens op hierdie aarde. My kinders praat Afrikaans in Skotland en Nederland en sal verseker dat hulle kinders dit ook kan praat.
Ek het ook die afgelope 20 jaar die voorreg gehad
Tom Laubscher2015-11-14Jy is heeltemal reg dat die staat niemand iets skuld nie en die klem is op NIEMAND. Hoekom voel die staat dan so skuldig dat hy moet inmeng en elke donnerse Afrikaanse skool en Afrikaanse universiteit verengels?
Anne-marie Wessels2015-11-14'n Nuwe Taalstryd het begin. Wat gaan ons DOEN? Kan die pen swaarder weeg as die swaard of noodsaak ons omgewing ons om die pen neer te lê en te sit - in die strate, op die trappe, voor die parlement en waar ook al. Ons MOET die stryd opneem of verdwyn?
Willie Heine2015-11-14As Oudmatie 1960 tot 1963 BSc Landbou diep teleurgesteld dat daar geswig word onder druk. Vertrou die personeel en raad sal Afrikaans verdedig.
Bart2015-11-14Ook hier in België vinden we dit spijtig om te moeten vernemen.
Het Afrikaans is zo een mooie taal om te horen, maar hier in Europa voor ons te moeilijk om te leren.
Afrikaans mag niet vergeten geraken, want dat zou een ramp zijn.
joseph2015-11-14Dit is maar net die begin van hul grenslose eise. Die kommies wil alles oorneem en ons gee dit maar net om vrede te bewaar "Vrede"?? SA must fall??
André Badenhorst2015-11-14Tot nou toe was ek bereid om 'n verskil te maak aan die hele Suid-Afrika met 'n moontlike studie aan die Universiteit van Stellenbosch, maar aangesien hierdie entiteit nie meer bestaan as universiteit nie ('n universiteit is gefundeer op kritiese rede en
Danie Botha2015-11-14In die kol, Johann. 'n Nugter en luide stem namens elkeen wat trots is op Afrikaans, die taal waarin menige denker en meningvormer sy/haar idees verwoord. Ons MOET hierteen harde geluide maak; ons MOET ons ontevredenheid te kenne gee!
Zerilda Wessels2015-11-14Afrikaans is een van Suid-Afrika se amptelike tale. Volgens die grondwet mag daar teen niemand gediskrimineer word nie. Ek sien dit as diskriminasie as daar nie 'n tersiêre instansie in SA is wat toegewy is aan Afrikaans as onderrigmedium nie. Waarop ek
Adriaan Groenewald2015-11-14Dankie, Johann, dat iemand hom verwerdig om op hierdie sinnelose besluit te reageer.
So word geïmpliseer dat dit nie meer vir leerders nodig sal wees om Afrikaans as skoolvak te neem nie, want vir watter doel sal dit kan aangewend word?
Nou moet hul in
Anni2015-11-14Dit is verstommend dat die Prof en sy meelopers so vinnig die knie gebuig het. Dit is eintlik pateties. Hulle moet onthou dat daar baie Afrikaanse studente is, wat ook kan opstaan, meer as die paar wat hulle laat val het. Sies wat 'n skande.
Heno2015-11-14Ek stem saam met die stelling.
Daar is een aksie wat die land na 1994 verstaan en dit is publieke protes.
Die tyd het aangebreek dat die spreekwoordelike miljoen Afrikaners optrek na Stellenbosch om te demonstreer waar ons harte en oortuigings lê. Afri
Etienne Terblanche2015-11-14Anthony, ek stem volmondig saam. Wat 'n heerlike vars mening is hierdie nie! Dit is jammer om te sien hoe geweld nou oral uitbreek, veral teen universiteite en Afrikaans. Ons bly maar die sondebok, né.
Hennie van Deventer2015-11-14Soveel verduidelikings, motiverings, vertolkings en kommentare later het ek oor die Stellenbosse Afrikaansdebakel een vraag: As Stellenbosch met sy geskiedenis, tradisie, kultuur en verweefdheid met die taal en sy praters oor soveel generasies heen dan ge