Hy het iewers geskryf of gepraat dat hy wonder oor die ateïste se volume navorsingswerk om die Christengeloof te diskrediteer en hoe maklik Christus dit vir ons gemaak het. Glo net!
Nou wil ek vir Jaco Fourie sê: gaan Google Martin Rees en D’Espagnat en bestudeer alles (asook die skakels) wat jy daar sal kry. Sodoende sal jy seer sekerlik jou formidabele kennis aansienlik uitbrei. Ek is nie ’n “knip en plak” argumenteerder nie.
Ek vervies my sommer.
Raed-na-Gael.


Kommentaar
Raed
Jy het sekere stellings in die openbaar gemaak, dus berus die onus by jou om dit feitlik te staaf. Om nou te sê "gaan google dit self" sê duidelik dat jy self nie die redes weet waarom hierdie menere vanaf ateïsme tot Christelikheid oorgehel het nie, asook dat jy geensins hulle werke selfs gelees het nie.
Sonder om te lek en plak, gee net twee kort voorbeelde van die FEITE wat hulle oorreed het, ASOOK hulle feite dat die God wel Jehova of Jesus is en nie bv Krishna nie. Indien jou antwoord die gewenste belangstelling by my lok, sal ek dit oplees.
Net nog 'n vraag aan jou. Mag niemand die bestaan al dan nie van 'n God bevraagteken nie, want jy verkwalik al die navorsing in verband daarmee?
Om te sê jy word vervies, sê ook dat jy onverdraagsaam teenoor ander sieninge staan.
Raed.
Bewyse dat jy nie beide Martin Rees en d’Espagnat se werke gelees het nie, maar jou voet in die spreekwoordelike kak getrap het met jou verwysings na die twee here.
MARTIN REES:
Geen aanduiding dat hy van ateïsme tot Christendom oorgehel het nie.
6 April 2011
“Lord (Martin) Rees, a churchgoer who neither believes in God nor subscribes to any religious dogma, said he attends chapel on a regular basis as Master of Trinity College, Cambridge, as part of a "traditional ritual". He also cites the choir – rated fifth in the world by Gramophone magazine – as a reason for his attendance”.
"Doing science made me realise that even the simplest things are hard to understand and that makes me suspicious of people who believe they've got anything more than an incomplete and metaphorical understanding of any deep aspect of reality," he told the Guardian. "I participate in occasional religious services which are the customs of the society I grew up in. I'm not allergic to religion." http://www.theguardian.com/science/2011/apr/06/martin-rees-templeton-prize
6 April 2011
Rees, on the other hand, THOUGH AN ATHEIST, values the legacy sustained by the church and other faith traditions. He confesses a liking for choral evensong in the chapel of Trinity College. It seems a modest indulgence. The ethereal voices of rehearsing choristers can literally be heard from his front door.
http://www.theguardian.com/commentisfree/belief/2011/apr/06/martin-rees-templeton-prize-god-wars
d’ESPAGNAT:
Geen aanduiding dat hy enigsins in 'n Christen God geglo het nie!
“There must exist, beyond mere appearances … a ‘VEILED reality’ that science does not describe but only glimpses uncertainly. In turn, contrary to those who claim that matter is the only reality, the possibility that other means, including spirituality, may also provide a window on ultimate reality cannot be ruled out, even by cogent scientific arguments.” (Geen feitlike weergawe nie, wel 'n persoonlike mening).
https://www.newscientist.com/article/dn16769-concept-of-hypercosmic-god-wins-templeton-prize/
Although most physicists tended to turn their back on the more mystical aspects of his reasoning (d’Espagnat himself DENIED that quantum science could tell us anything about the existence or otherwise of God), his work represented an important step in the process which led to the development of “quantum information science”, a flourishing field of research combining physics, information science and mathematics.
http://www.telegraph.co.uk/news/obituaries/11812157/Bernard-dEspagnat-physicist-obituary.html
Jaco,
Die Wetenskap, in al sy huidige glorie, soos jy weet, kom net tot by 'n sekere punt en daar steek dit in 'n doodloopstraat vas. Dit rol die 'ontwikkeling' van die heelal terug tot by 'n sekere tydstip en kan nie die ontstaan daarvan verder uitpluis nie. Dan teoretiseer dit oor "Bubbles, Multi-universes, string theory" en die hel weet wat nog. Dan vra dit boonop "Who created God?" Maar as daar dan 'multi-universes' is, sal daar mos ander wette bestaan wat die "natuur" in daardie heelal(le) sal beheer. Hulle kan mos dan nie "Who created God" vanuit die natuurwetenskap van hierdie heelal wil uitpluis nie. Ander 'natuurwette' kon God geskep het en is die vraag dus sinloos.
Dit klink vir my nou rêrig erg na "ewigheid" soos wat die wetenskap teoretiseer, want hierdie heelal volgens die wetenskap, gaan oor 300,000 miljoen jaar, disintegreer.
Dis waar hierdie twee here vir my 'n liggie in die midde van ateïstiese beskouinge aansteek. Om hulle denke in enkele sinne hier saam te vat.
D'Espagnat het dit oor die mensdom se "Being" (bewussyn) en Rees dat alles nie maar net kon "ontstaan" het nie.
Alhoewel die twee here nie oortuigde Christene is nie, huiwer hulle tog om die kern van die Christendom, soos jy, voor die voet en geheel en al as "stront" af te maak. Vandaar die Templeton-pryse. En hulle het immers hierdie christelike eerbewyse aanvaar wat tog seer sekerlik dui op, sal ek maar sê ''n toegeneentheid', en vir hulle, 'n flikkerinkie van Hoop.
Groetnis
Raed-na-Gael
Om selektief te knip en te plak doen jou geen eer aan nie.
Raed
Dankie vir jou respons en terugvoer.
Omrede ek as ateïs vir beide jouself asook vir Kobus as opregte praktiserende Christene ’n hoë agting jeen, wil ek vereers net ’n paar wanindrukke uit die weg ruim.
Ek maak geensins die Bybel asook die Christen geloof af as “stront” nie, inteendeel, soos die ateïs Rees, het ek ‘n hoë agting vir beide. Wat ek moontlik as “stront” sal kan afmaak, is enige openbare STELLING wat gemaak word oor enige onderwerp wat deur ’n betrokke persoon as feite weergee word, sonder om die feitlikheid te kan staaf nie. Dit sluit in godsdiens onder andere.
Sterrekunde, ewolusie asook taalkunde is onderwerpe (wetenskappe) waaroor ek my nie uitlaat nie. Ek is te dom daaroor. Ek laat dit eerder hier op SêNet aan persone soos bv Dirk, Angus en Panda oor, by wie ek bereid is om my kennis vanuit hulle insette oor genoemde onderwerpe uit te brei. Dus het ek nooit die vraag gevra: “wie het God gemaak of geskep nie.” In my persoonlike lewe is die werklikheid al dan nie of die “Big Bang” teorie, of die Bybelse Skeppingsverhaal die ware verhaal is al dan nie irrelevant, omrede ek alles binne die raamwerk van my werklike bestaan en gewaarwording tussen my geboorte en uiteindelike dood feitlik meet, wat ook die breër gemeenskap behels.
Of God bestaan of nie, kan niemand beide kante toe bewys nie. Sekere gelowiges maak merendeels staat op spesifieke bronne van openbaring, hetsy die Bybel, die Koran of die Vedas, ens wat hy op suiwer geloof aanvaar en ander weer op algemene “openbaring” wat deur die natuur beïnvloed word soos bv voorvaderlike aanbidding, en afgestorwe geeste te raadpleeg, ens, ook op suiwer geloof gebaseer. Ateïste in teenstelling glo in geen God nie, en elkeen het ateïs geword vir wyd uiteenlopende redes, dus, behalwe vir die enkele feit dat ateïste eens is oor die geen bestaan van enige God nie, is daar verder geen ooreenkoms tussen hulle onderling nie.
Gevolglik is my waardesisteem gebaseer op ’n logiese uiteenlopende stel uitsoekreëls wat deur die mensdom oor die eeue heen ontwikkel het, wat veral insluit die respek vir die indiwidu se persoonlike menseregte wat behels: reg op lewe, reg op vrye keuses, vryheid van inligting, vryheid van assosiasie, vryheid van beweging, ens om net ’n paar op te noem, mits dit sodanige vryhede geensins ander indiwidue se eie vryhede inkort nie. Christene, Moslems, Ateïste, ens wat met geweld of deur middel van staatsgesag, hulle sieninge op ander wil afdwing, tree strydig op teen die konsep van indiwiduele menseregte reeds genoem, en moet heftig bestry word.
Dat Zuma veel vrouens het, dat die Masai van Kenya bloed direk vanuit ’n bees se pens-aar drink, dat die Jode besny, gays gatgabbas is, dat hoere handel dryf, dat mense ongetroud saamleef, dat mense deur middel van egskeiding of selfs vrylik seksmaats verwissel, dat die Dinka van Sudan poedelnakend rondloop, dat die Kuru van Afrika rituele gemeenskaplike masturbasie asook bevrugting van die aarde met hulle semen beoefen, ens is na my mening in terme van die konsep van menseregte, daarop geregtig sonder inmenging. Omrede dit indruis teenoor wat godsdiens beskou as aanvaarbaar of nie, is nie ter sake nie. Soos die voorbeelde hierbo genoem, wat godsdienstiges binne die raamwerk van eie geledere doen is hulle saak en ook hulle reg.
Om af te rond, is ek ’n fel ondersteuner vir persoonlik gelukkigheid in die lewe. Hierdie geluk sluit in “homeostasis”, dws fisiese en geestelike balans in sy lewe. As dit vir die Moslem Allah insluit, vir die Christen Jesus, vir die Jood Jehova / Elohim, vir ander Buddha, Krishna, voorvaderlike geestes, ens, “so be it”. Wie is ek om daardie geluk te gaan versteur? Ek aanvaar almal met sy persoonlike bagasie wat hom gelukkig maak en sal dit hom vergun, MITS hy nie my persoonlike regte probeer inkort nie, wat ek dan heftig sal teenstaan.
SêNet is ’n gesonde medium om menings en verskille te lig. Menings en verskille verryk die denke, deurdat lesers daardeur of positief of negatief beïnvloed word. Bv menings en verskille tussen Kobus en Angus oor ewolusie, gee die leser geleentheid om self te analiseer wat hy vir homself wil aanvaar al dan nie. Dieselfde geld vir die taal, godsdiens en ander debate en besprekings op SêNet.
Om af te sluit. Ek kies net pertinente (wat wel selektief voorkom) aanhalings om te knip en te plak vir doeleindes van beklemtoning. Jy het beweer twee ateïste het Christene geword, ek het aanhalings van die twee betrokke here uitgekies om te knip en plak wat jou stelling bevraagteken het. Tog niks verkeerd daarmee nie of hoe? Terloops, dit is vir my om te ewe of Christene ateïste word of anders om. My belangstelling as gevolg van jou brief was geprikkel om te weet of hulle iets nuuts kon bewys vanuit die wetenskap vir die bestaan van God.