Die Duitsers

  • 1

As jy nou kyk na die woelinge in Europa, aanslagte in Parys (Frankryk, vir duidelikheid), neerskiet van Putin se afgeleefde SU 24 (en die moord op die neerdalende vlieënier), bloedswetende Belge wat nou een vir een begin waag om hul huis te verlaat, dan wonder ‘n ou.

Merkel is heel neutraal in haar gesprek met Ollande vanaand (sit maar die H aan as jy wil) oor wat voorlê in die EU, jy weet, wat om te doen met IS en so aan.
Maar Merkel stuur 650 van haar soldate na Mali waar een of ander obskure lot ‘n hotel aangeval het.

Om wat daar te maak. Om die Franse in Afrika te help? (of is dit dalk die herresenheid van die Afrika Korps?)
Ek sê al lankal, die wêreld is oorbevolk. Hier kom groot moleste.

Hou die Duitsers dop. ’n Ou kan nie jou bek so lank stilhou nie.

Vredeliewende

Raed-na-Gael

  • 1

Kommentaar

  • Ek neem gewoonlik waar wat om my aangaan. Ek probeer bietjie wyer kyk. Baie het al vir my gesê ek is sinies. Ek het duur lesse in my lewe hier op aarde geleer. Ek leer daagliks nog. Een ding weet ek vir 'n feit. Jy kan met baie bevolkingsgroepe en of nasies rond donner (Eddy Murphy het 'n ander woord) maar daar is 'n paar met wie jy nie skoorsoek nie. Een van hulle is die Germane. Gemoedelike joviale mense en as jy 'n Duitse vriend het, het jy hom lewenslank. Doelgerigte mense. Moet hom net nie verkeerd opvryf nie. Een van die dae is daar HKGK vir die mense wat ongenooid in Germanieë kom plak het. Wag en sien.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top