Kommentaar

Ruimteskip onwelkom in die Kaap

Wilma Venter 2015-11-07 Keer asseblief hierdie aakligheid!

Deon Meyer vanjaar die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se slypskoolaanbieder!

Magda Jordaan 2015-11-07 Ek sal baie graag volgende jaar (2016) die slypskool wil bywoon. Hou my asseblief op hoogte daarvan. Groete.

Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene?

Kurt 2015-11-07 Ingrid Jonker se gedigte is loshande die mooiste, mooiste gedigte in Afrikaans, ofskoon ek nie met haar politiek saamstem nie.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Jacqui 2015-11-07 Ontvlug na 'n ander wêreld - Lees 'n boek. Vir 'n reisplan - Koop 'n boek

Verklaring van PEN Afrikaans teen Nitesh Patel van Standard Bank se uitsprake rakende boekaankope

Nicolene Erasmus 2015-11-07 Barrie, ek stem saam met jou. Ek is 'n baie tevrede Standard Bank-kliënt en ek verwag niks minder van Standard Bank nie as goeie advies. Moet Patel mense met skuldprobleme aanraai om voort te gaan om boeke te koop? Dit sou dwaas wees. As 'n mens te veel

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Irma Kuhn 2015-11-07 Lees is vet pret en dit verryk jou siel ...

Afrikaans EAT: Graad 8: Woordeskat en spelling

heleen 2015-11-07 Baie dankie vir die hulp wat julle ons kinders bied.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Dalene Wright 2015-11-06 Boeke is kennis, wat jy kan saamneem na al die uithoeke van die wêreld. Ewigdurende vriende.

Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene?

Rinxy 2015-11-06 Knap gedaan! Wyle Ingrid Jonker het ook iets in my aangeroer ... VIR INGRID JONKER I. Daar is kalmte op die water soete stilte op die strand net die sekelmaan en sterre sug stadig hand aan hand stemme fluister oor die water lê ‘n voetspoor

'n Babalela vir Kersfees

Joey 2015-11-06 Ek sal ook graag vir my eie klein kinders so stelletjie wou aankoop. Ek het self ook nog nooit van Babalela gehoor nie. Hulle sal dit ook geniet. Watter ouderdomme is die teiken?

’n Verklaring deur PEN Afrikaans rakende #Feesmustfall | A statement by PEN Afrikaans regarding #Feesmustfall

Marié Heese 2015-11-06 Ewewigtige en sinvolle kommentaar. Stem daarmee saam.

Oor Sophia Kapp, sosiale media en die mag van die leser

charmaine 2015-11-06 Ek het so pas n halfuur terug Die Ooreenkoms klaar gelees! WOW! Lekker gelag en met die laaste 3 hoofstukke maar die snesies nader getrek. Ek is mal oor haar boeke. Daar is lag, wonder wat gaan gebeur, jy raak kwaad vir die karakters en die trane sit vla

Open Stellenbosch: Beyond the rainbow, towards a change of climate

Jessica 2015-11-06 Jou kernidee van 'n universiteit is natuurlik Engels, ongeag of nie-Angel-Saksiese akademici aangestel word. Maar die Engels wat jy voorstaan is nie die onskuldige Engels van die moedertaalspreker nie. Dit is toevallig ook die hiërargiese monoglot-Engels

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Charlene 2015-11-06 As volwassene het die donker en magtelose doodloopstraat van angs, uit die belewenis van 'n kind, in dié boek, Dis ek, Anna, my amper oorweldig.

Wêreldbeker

Namib 2015-11-06 Wat jy miskien misgekyk het, was die feit dat die All Blacks met 'n briljante strategie gekom het teen die Bokke? Die hele SA speel omtrent hierdie ding van gee die bal vir die opposisie, sit hulle onder druk met kwaai verdediging en as daar 'n fout kom

LitNet Boekeliefde-kompetisie

lettie murray 2015-11-06 Die leeswurm se beker.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Lien Wekthagen 2015-11-06 Elke boek is 'n nuwe avontuur; nuwe ontmoetings met vriende en vyande; 'n hartseer wanneer die einde nader. Lees is 'n verslawing wat jou insig verbreed!

Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 5, intermediêre fase)

Daria 2015-11-06 Dankie, mens sukkel so om vraestelle te kry. Dit is seker die beste manier om jou werk te oefen en te sien waar jy sukkel. Baie dankie

Die begin van 'n ruimer gesprek

ouer van 'n gay kind. 2015-11-06 Dankie en geluk kinders vir hierdie artikel, ek is trots op julle.

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

ouer van 'n gay kind. 2015-11-06 In die eerste plek dankie aan die skrywers van hierdie artikel wat hierdie bepaalde tekste so duidelik ontleed het. Tweedens wil ek aan almal wat so maklik uitsprake maak sê ek bid dat daar nooit 'n geliefde kind of kleinkind na jou kom en sê " ek is g

Amanda Strydom se lied aan Johannes Kerkorrel

Theunis 2015-11-05 Dit gee my hoendervleis ... ek beleef die atmosfeer aan my huid en vingerpunte.

Kuberklas: Afrikaans Huistaal, Graad 8, November 2014

Rosan Oosthuizen 2015-11-05 Dankie vir hierdie hulp.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Frances Smit 2015-11-05 Sonder boeke is jy soos iemand sonder vriende ... verlore!

Was Ingrid Jonker ’n slagoffer van die rooi skoene?

Alta Engelbrecht 2015-11-05 Elkarien! Uitstekende navorsing!

kykNET se Op die Spel

Gerhard van Huyssteen 2015-11-05 Beste Denise Dankie vir jou navraag. Die woord was "Qoemranrolle"; dit is 'n sinoniem vir Dooie See-rolle. Qoemran is 'n ou ruïne baie naby aan die grot waar die rolle gevind is. Lees gerus meer hier: https://en.wikipedia.org/wiki/Qumran Groetni

Boekwurms looi bankier se spaarplanne

Anita de Kock 2015-11-05 Lekker artikel Jean. Nog iets wat die heer Patel nie besef nie is dat openbare biblioteke veral in kleiner dorpies bittermin, indien enige nuwe boeke inkry. Hulle het nie geld daarvoor nie want die regering gee nie 'n hel om of biblioteke nuwe boeke kry

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Jean Lombard 2015-11-05 Koop 'n nuwe boek in jou eie taal En word so deel van die wêreld se lesersverhaal

Kompetisie: Stem vir jou NB-voorblad van 2015

Con Robinson 2015-11-05 Adrenalien - Leon van Nierop. Die kleur is baie opvallend en dus aanloklik. Al is dit 'n bobbejaan s'n. Die vlermuis wat in die oog ingelas is is ook iets meer misterie-opwekkend ...

Wat is natuurlike en onnatuurlike seks volgens godsdiens?

Jaco Fourie 2015-11-05 Jessica Dankie vir jou respons. 'n Heel ander en baie insigewende, dog juiste benadering tot onnatuurlike seks, van 'n godsdienstige oogpunt gesien, waaraan ek self nooit gedink het nie. Ek het in die proses met hierdie bydrae van jou steeds ryker

Bosluisbyt by 1-jarige

Sweats 2015-11-05 Rhona los adres en selno as jy in Struisbaai bly.

Boekresensie: Lafras Cuyper kanonnier deur Karl Kielblock

Dirk Rigter 2015-11-05 Francois, Dankie vir hierdie herinnering aan ons boekleesdae toe dit al was wat die verbeelding kon wegvoer (behalwe nou die dorpsfliek Vrydagaande!). Hierdie boek was 'n voorgeskrewe leesboek toe ek in standerd 7 of 8 was in die Hoërskool Robertson en

'n Babalela vir Kersfees

ronelle beukes 2015-11-05 Ek sal graag deelneem en sommer vir my eie kleinkinders ook elkeen een koop. Dankie dat ek deel kan wees van so 'n goeie projek en lees kan bevorder.

LitNet Boekeliefde-kompetisie

tienie grobbelaar 2015-11-04 Om te lees is om in 'n ander lewe te wees.

Vrydagaand se kroeg

Bernice 2015-11-04 Dis 'n fantastiese storie. Bravo!

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Sandra 2015-11-04 'n Nuwe boek is baie beter as 'n stuk koek!

Onderhoude oor Abraham: Eerste rolprent van Jans Rautenbach in 30 jaar

Marietjie 2015-11-04 Het Abraham gisteraand gaan kyk. Wonderlik. Hoe kan ek meer van ware 'Abraham' te wete kom?

Resensie: Die silwer stoel deur CS Lewis

Leon de Vries 2015-11-04 Baie geluk met 'n baie goeie resensie. Jy het 'n breë verwysingsveld en dit getuig van heelwat navorsing en naleeswerk (Ek is eintlik skrikkerig om kommentaar te lewer, want ek kan dalk taal- en spelfoute maak - nou ja dit sal ook nou nie die einde van d

Wat is natuurlike en onnatuurlike seks volgens godsdiens?

Jessica 2015-11-04 Net die wetenskap kan die antwoord hierop gee. In die Christendom is die "natuurlikheid" van seks nie wérklik die maatstaf nie. Natuurlike seksgenot was nog altyd onder verdenking en hoogs onchristelik. Om die waarheid te sê, daar is omtrent geen natuur

LitNet Boekeliefde-kompetisie

Karin B 2015-11-04 Lees 'n boek en word wys!
Top