Afrikaanse aanbod aan US nie afgewater

  • 2

stellenbosch_watnou300

Mosie deur Uitvoerende Komitee van die Raad

  • Hierdie verklaring is ontvang vanaf George Steyn, Voorsitter van die Raad van die Universiteit Stellenbosch.

Ten minste die goedgekeurde minimum-taalaanbod in Afrikaans en in Engels sal in 2016 aan die Universiteit Stellenbosch geld. Die Afrikaanse aanbod sal nie afgewater word nie. Indien veranderinge aan die Taalbeleid in die vooruitsig gestel word, sal die proses volgens statutêre voorskrifte geskied.

Dit is van die beginsels vervat in ‘n mosie wat op Sondag 15 November eenparig deur die voltallige Uitvoerende Komitee van die Universiteitsraad – UK(R) – aanvaar is. Mnr George Steyn, Voorsitter van die Universiteitsraad, het verlede week in kommunikasie met raadslede aangedui dat ‘n buitengewone vergadering van die UK(R) so spoedig moontlik belê sou word.

Die doel van die buitengewone vergadering was om die uitgebreide reaksie van verskillende belangegroepe op die verklaring deur die Rektor se Bestuurspan (RBS), asook mediaverklarings, te bespreek. Die UK(R) wou ook met die RBS in gesprek tree oor die verklaring en die pad vorentoe. Naas mnr Steyn, is prof PW van der Walt, prof Prieur du Plessis, dr George du Toit, prof Wim de Villiers (Rektor en Visekanselier), prof Leopoldt van Huyssteen (Bedryfshoof) en prof Hansie Knoetze (Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese) die lede van UK(R).

“Die UK(R) het groot begrip dat taal ‘n uitsluitingsmeganisme kan wees soos wat in die RBS-verklaring uiteengesit word. Aangesien die minimum-onderrigaanbod in Afrikaans en Engels slegs na behoorlike konsultasie deur ‘n Raadsbesluit verander kan word, sal die taalspesifikasies soos reeds deur die Senaat en die Raad goedgekeur (en in die jaarboeke opgeneem) in 2016 geïmplementeer word,” het mnr Steyn, na afloop van die UK(R)-vergadering gesê.

Die RBS-verklaring, die wyd uiteenlopende reaksie van verskillende belangegroepe en dié mosie van die UK(R) sal by die geskeduleerde Raadsvergadering bespreek word, maar daar sal nie in 2015 nog veranderinge aan die Taalbeleid aangebring kan word nie. Die sewe lede van die Uitvoerende Komitee van die Raad het onderstaande mosie eenparig aanvaar:

Mosie deur die Uitvoerende Komitee van die Raad (15 November 2015):

Die Uitvoerende Komitee van die Stellenbosse Universiteitsraad – UK(R) – neem kennis van die laaste week se gebeure. Die UK(R) beklemtoon sy verbintenis tot die Universiteit Stellenbosch, soos verwoord in die strategiese beleid/plan (Institusionale Voorneme en Strategie) as ’n inklusiewe instansie verbind tot uitnemendheid. Die UK(R) besluit soos volg:

  1. Die huidige bestuursdokument verteenwoordig die US-bestuur se perspektief en is die sintese van hulle ondervinding van gebeure asook konsultasies met studentegroepe. Die dokument is ’n besprekings- of gespreksdokument en nie ’n beleidsdokument nie.
  2. Die US Raad asook Senaat het die taalaanbod en die implementering daarvan vir 2016 reeds goedgekeur. Hierdie besluite oor die minimum-aanbod in elke taal (Afrikaans en Engels) bly onveranderd.
  3. like_litnet_op_facebookEnige moontlike toekomstige veranderinge aan die Taalbeleid/Taalplan moet volgens statutêre voorskrifte geskied. Dit sluit wye konsultasie met alle rolspelers in. Die gekonsolideerde dokument wat hieruit voortvloei, dien by die Institusionele Forum en die Senaat (via onderskeie fakulteitsrade) vir hulle onderskeie insette. Soos per die Statuut dien die finale dokument by die Universiteitsraad vir bespreking, aanpassing of bekragtiging.
  • 2

Kommentaar

  • Juanita du Toit

    Ek verstaan nie. Eers sê julle die basiese onderrigtaal gaan Engels word, en dan sê julle niks gaan verander nie. Wat is die waarheid?

  • Ek dink julle is besig om in 'n hoederhok te verander. As jy Engels wil praat gaan na 'n Engelse Universiteit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top