Die hele doel van godsdiens

  • 11

Ateïste sê daar is geen God nie, die Babiloniese verwarrende bakleierige menigtes onderling onder godsdienstiges sê daar is. Elkeen vra die ander om bewyse te lewer dat God wel bestaan of nie bestaan nie. Beide kan nie met absolute sekerheid die bestaan of nie bestaan van God bewys nie. Die godsdienstiges beweer dat die orde in die heelal en op aarde en al die natuurwette nie eenvoudig vanself oor miljarde eeue heen sonder enige intelligente wese/wesens daaragter vanself kon ontstaan het nie as hulle kern-argument. Ateïste in teenstelling sal argumenteer, hoe kan ’n God of enigiets, ooit bewys word wat in die eerste instansie nooit bestaan het nie. Vir die ontstaan en orde in die heelal en op aarde het ateïste ewolusie as ’n model as verklaring daarvoor, wat nou algeheel of deels deur sekere godsdienstiges ook aanvaar word. Maw bewyse dat selfs hulle godsdiens ge-ewoleer het.

Ps.1 in die Bybel weerspieël die teenstelling tussen godsdienaars en goddeloses (mense soos ateïste sonder ’n god). Daarin word beweer dit gaan goed met godsdienaars en nie so goed met goddeloses nie. Met die godsdienaar “is hy voorspoedig in alles wat hy aanpak!” (volgens hierdie Psalm) en by implikasie die teendeel met die goddeloses soos ateïste. Ons weet dit is nie waar nie. Ons weet dat godsdiens of geen godsdiens absoluut niks met die voorspoed al dan nie van enige mens te doen het nie. Jy kry welvarendes en lydendes onder albei.

Vir die godsdienstiges is daar ’n hele stel gedragsreëls en rituele deur sy god voorgeskryf wat die godsdienstiges gedurende sy leeftyd moet volhou om ’n ewigdurende gesonde en gelukkige plekkie in die hiernamaals vir homself te kan bekom. Verder glo hy, indien hy en non-godsdienstiges hierdie gedragsreëls en rituele nie nakom nie is daar ’n ewigdurende pynlike hel wat te wagte is. Vir hulle is daar uitsluitlik die twee moontlikhede na afsterwe, hel of hemel en geen ander nie.

EN DIT IS EINTLIK DIE HELE DOEL VAN GODSDIENS! Naamlik om vir die hiernamaals (na die afsterwe van die mens), van ’n pynlike hel te verlos. Dis die dat die Christen praat van God as VERLOSSER en Sy VERLOSSINGSPLAN vir die mensdom, VERLOS van die pynlike hel waarin hy glo.

Wat nie weerlê kan word nie is dat geen mens ooit God gesien het nie. Hy weet nie waar die hemel en die hel waarin hy glo, geleë is nie. In werklikheid, hy weet absoluut min omtrent beide. Die bietjie waarvan in die Bybel te lese is, is dat daar ’n see van glas is, ’n groot stad (die Nuwe Jerusalem), ’n Drie-enige God, engele (wat ook nooit ooit deur enige mens gesien is nie), ledigheid (geen rede en behoefte vir werk nie), ’n hiërargie (engele bietjie hoer as die mens, asook die 144 000 en menige verlostes onder God se koningskap), geen kos (ewige lewendes het geen behoefte aan kos nie) en die lekkerste van alles, geen seks nie, ’n spul eunuchs! Op aarde was eunuchs met weersin bejeën en selfs in opdrag van God, van Sy aardse tempel verban. In die hemel is hulle die ideale vorm van menswees wat ’n enkele ewige funksie gaan hê, en dit is om God te loof! Nou toe nou. Ek weet nie wie meer verveeld gaan wees nie, die mens in die hemel, of God nie, in werklikheid ’n ewige eentonige hel in die hemel!

Veronderstel daar is ’n God. In sodanige geval is hy opsigtelik afwesig. Die mens ervaar geen god, behalwe in sy verbeelding nie. Die lotgevalle van die godsaanbidders en die sonder enige god is geensins onderskeibaar nie. Natuurrampe raak albei ewe; dieselfde geld vir welvaart. Godsdiens onder die mens wissel drasties van die een groep aanbidders tot die ander. Elkeen eien sy god as die ware god. Hy het self “heilige” geskrifte opgestel, en beweer dit is van god afkomstig; die Ou Testament vir die Jode, die Nuwe vir die Christene, die Koran vir Moslems; die Vedas vir Hindus, ens. Die mens het self die godsdienstige rituele opgestel, gewysig hier en daar in ’n poging om te bepaal hoe om sy betrokke god te kan behaag; in die Christen se geval veral met die doop en die nagmaal, welke rituele hulle onderling heftig oor kibbel; besprinkling of onderdompeling mbt doop; wyn of druiwesap, kelkie of beker, gesuurde of ongesuurde brood, simbolies of werklik god se liggaam vir die nagmaal, ens.

Behalwe vir die gelowe wat in reïnkarnasie glo, is alle godsdienstiges eens dat voor enigeen se geboorte, het sodanige person in die ewigheid wat sy geboorte voorafgegaan, nooit bestaan nie, dog wil hy voorgee dat na sy afsterwe hy in der ewigheid daarna gaan lewe, hetsy in die hemel of in die hel! Selfs menslike logika ondersteun nie sodanige argument nie.

Feitlik, indien enige god bestaan, gee hy nie ’n duit om vir die lotgevalle van sy aanbidders nie. Bv. kinders van Christen-ouers wat vroegtydig van hulle ouers ontneem is, sal die godsdiens van sy pleegouers aanvaar. Albaniërs vandag is hoofsaaklik Moslems, afstammelinge van Christen-voorouers wat deur die Moslem Ottomanryk ontvoer was. Vat ’n jong kind van Christen-ouers en gee dit vir Hindu-pleegouers, wees verseker sodanige kind word Hindu groot. Nou waar het enige god belang gestel om “sy kind” van besmetting van afgode en ewige verderf te beskerm. Nêrens waarneembaar nie!

Wat almal verseker weet, beide godsdienstiges en nie-godsdienstiges, en dit is dat hy ’n lewe het in die tydperk tussen sy geboorte en afsterwe. Wat met sy geboorte voorafgegaan het en wat met hom gaan gebeur na sy afsterwe, is in werklikheid pure bespiegeling.

  • 11

Kommentaar

  • Beste Jaco,
    Sjoe! ek het lekker gelees aan hierdie blink-nuwe siening van jou van wat ons alreeds weet.
    Eens het Doppers en Gatjieponners mekaar ook dik geslaan oor dans of nie dans nie, en of jy in die hel sal beland as jy Gesange saam met Psalms sing of nie.
    Ek wil darem net een regstelling maak. Jy skryf: "Vir die ontstaan en orde in die heelal en op aarde het ateïste evolusie as 'n model as 'n verklaring daarvoor."
    Daar is seer sekerlik ateïste wat nog nooit eers gedink het aan die ontstaan en orde van die heelal nie, en weinig indien iets van evolusie weet. 'n Ateïs is maar net iemand wat nie aan die bonatuurlike glo nie; dus bestaan gode nie vir hom nie. Die evolusionis is 'n wetenskaplike wat hom besig hou met die lewe op aarde en hoe dit evolueer. Die bestudering van die ontstaan en orde van die heelal en orde op aarde, moet jy aan die deur lê van talle wetenskaplikes soos bv sterrekundiges, terwyl die besinning seker maar die taak is van filosowe en teoloë.
    Groete,
    Angus

  • Godsdiens is selfs in die hede en onlangse verlede direk verantwoordelik vir honderde duisende lewensverliese in die naam van ’n fiktiewe god onder verskeie dekmantels.
    1. In Palestina tussen Jode en Moslems
    2. In die Midde-Ooste tussen Sunni Moslems (Saudi Arabia; Jordania; ½ Irak; ½ Yemen; Palestina, ens) en Shiite Moslems (Syria; Iran; ½ Irak; ½ Yemen; ens
    3. Tussen Christene en Moslems (Bokko Harram) in Nigeria; tussen Moslems in Somalië en Christene in Kenia,
    4. In die Balkans tussen Katoliek (Croatia, en Bosnië) en Ortodokse Christene (Serbia); tussen Ortodokse Christene (Serbia) en Moslems (Albania en Kosovo)
    5. Tussen Hindu en Moslems in Kashmir (Indië).
    6. Tot heel onlangs tussen Katoliek en Protestant in Ierland.
    Hierdie godsdienstige oorloë is ook verantwoordelike vir grootskaalse ontwrigting van gemeenskappe, wat van die geweld vlug na veilige gebiede, en is ook direk verantwoordelik vir die huidige onwelkome en onbeheerste massa-immigrasie na Europa.

  • Angus
    Jy is reg. Die meerderheid ateïste, myself inkluis, dra min of geen kennis van ewolusie nie, en soos jy tereg sê het ateïste so geword omrede hulle nie in die bo-natuurlike glo nie.
    Dankie daarvoor

  • Arme Jaco
    Hy het die klok hoor lui, maar hy weet nie waar die bel hang nie en vir 'n mens wat beweer dat hy vir dominee geswot het, is sy insig uiters beperk.
    Van wanneer af gaan dit in die Bybel oor of dit goed of sleg gaan met 'n mens? Moord, diefstal, verkragting en noem maar op is so eie aan die mens se bestaan want die vermoë daarvoor lê ingebeitel in die mens se natuur.
    Sonder die vermoë sou geen soldaat ooit 'n geweer opgetel en 'n vyand kon doodskiet nie en misdadigers misdaad kon pleeg nie. Wat ons as mens van ander primate onderskei is ons vermoë omdat ons 'n gewete het om te kan onderskei tussen goed en kwaad en wat bevorderlik is vir die gemeenskap as 'n geheel en wat nie is nie.
    Hierdie vermoë en neiging om 'God en ons naaste te haat' lê in ons oerverlede en ons oerbreingedeelte huisves dan die primitiewe drange. Maar dit is hier gedeelte van ons herkoms wat ons deur gewete en verstand moet beheer. Dit is dan hierdie gedeelte van die ou mens wat ek moet 'afsterf' en in 'n daaglikse worsteling in verkeer.
    Daarom leer Genesis ons op 'n digterlike manier dat dit slegs die mens is wat beheer oor hierdie planeet kan neem en dit ten goede of tot nadeel van alle lewende wesens kan bestuur.
    Die probleem met jou homoseksuele lewenswyse is nie of dit van jou 'n goeie of slegte mens maak nie want in die Bybel gaan dit nie oor of jy goed of slegs is nie, of slim of dom of arm of ryk, maar wel of jy versoen wil wees met OORSAAK wat tot ons bestaan gelei het en in die oneindigheid altyd bestaan het.
    Moet homoseksuele mense dan verban word uit die gemeenskap of kerk? Nee maar hulle moet besef dat hul nie kan afdaal tot op die vlak van dieregedrag om dit goed te praat nie, want as die genetiese die verstandelike begin oorheers dan is die kanse goed dat jy naderhand nie net met 'n geperforeerde agterent maar verstand gaan sit, waardeur alle waarskuwings soos water in die sand verdwyn nie.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Jaco jy gooi getalle rond wat jy reken is hoeveel mense dood is weens die bestaan van geloof.
    Die afgelope eeu is sowat 200 miljoen mense dood weens die bewind van Hitler, Mao en Stalin. Al drie van hulle was anti-gelowig. Die bewering wat jy maak is erg oordrewe, daardie konfrontasies se getalle kom nie naby die van hierdie drie diktators nie.
    Ek sien jy skryf baie oor ateïsme en homoseksualisme, is dit omdat die twee hand-aan-hand gaan?
    Mooi loop, trap versigtig.
    Duitswester

  • FC Boot
    Soos oudergewoonte praat jy oor alles behalwe die onderwerp onder bespreking. Ek het verskeie stellings gemaak. Vat my daarop aan en bewys die teendeel indien jy kans daarvoor sien. My gaywees asook dominee word is nie enige "rebuttal" waaroor ek hierbo geskryf het nie.
    Dis hoekom ek daarvan hou om met Kobus de Klerk te verskil. Hy sal my aanvat oor wat ek kwytraak en 'n teen-antwoord gee. Dit in sigself sê vir my iets van hom en jou.
    Nou ek daag jou die volgende uit wat deel van my brief hierbo uitmaak om die teendeel te bewys:
    Ek sê daar is geen hemel of hel nie, toon my waar hulle geleë is.
    Ek sê dat god opsigtelik in sy afwesigheid is mbt die lot van sy aanbidders.
    Ek sê dat god indien hy bestaan, nie 'n duit omgee vir sy aanbidders nie. Bewys die teendeel met my voorbeeld van "gelowige" kinders wat deur afgode-dienaars groot gemaak word, en in die proses ook sodanig word (bv my Hindu-geval hierbo)
    Voorlopig voldoende.

  • Duitswester
    My kommentaar hierbo mbt ateïs-en-gaywees is ook op jou van toepassing.
    Jou styl bly oudergewoonte tussenwerpsels sonder enige produktiewe bydrae tot die onderwerp.
    Getalle is nie die onderwerp onder bespreking nie. Lees weer fyn. Dit gaan oor die :"Hele Doel Van Godsdiens" synde die brief se opskrif. Ek beweer die hele doel van godsdiens is na-doods ingerig, met gelowiges bang vir die hel en om sodoende die te wil vermy, deur sy fiktiewe god in die lewe te probeer behaag vir 'n versekerde plekkie in die hemel.
    Jy kan gerus ook my uitdaging aan FC Boot beantwoord, maar geskiedkundig, wanneer sodanige versoek aan jou gerig is, kruip jy weg en antwoord nie.
    Jy sit in Australië, verkwalik Afrikaners hier, besig 'n tipe psuedo-Joodse godsdiens waar jy ander godsdienstiges verkwalik, maar weier om jou geloofsaanhang 'n naam te gee, bang dat dit in flenters op SêNet, veral deur myself, uitmekaar geskeur sal word.

  • Duitswester

    Vergeet om bykomstig te sê. My voorbeelde hierbo is gemik om te toon dat selfs in die laat 20 en huidige 21ste eeu, gryp godsdienstiges, selfs van dieselfde geloof, mekaar om die keel. Wat jy eintlik hierbo kwytraak, dis OK wat godsdienstiges doen, want ateïste het by verre meer dood gemaak. Terloops. Hitler was nie 'n ateïs nie, wel 'n belydende Katoliek. Kry jou feite reg ou!

  • Jaco
    Wat se uitdaging ou? Jou begrip van 'hemel' en 'hel' is in ieder geval so beroerd dat 'n sinvolle gesprek nie moontlik is nie.
    As jy sê daar daar is geen 'God' nie dan sê jy ons heelal het geen oorsaak vir sy ontstaan nie. Dit is duidelik dat jy niks verstaan wat ek tot dusver jou aan die verstand probeer bring het.
    Wat maak dit nou saak wat gelowiges die 'OORSAAK' wat gelei het tot die ontstaan van die heelal noem? Die Bybel gaan oor die 'WIE' en nie oor die 'hoe' nie, dit val in die veld van die wetenskap.
    As ek dus wil vasstel hoe alles plaasgevind het, gebruik ek die wetenskap om die wonder van ons heelal en ons bestaan te begryp en hoe meer ons leer, hoe meer die wonders van die heelal ontdek word, want die wetenskap is niks meer as 'n ontdekkingsreis van dit wat bestaan, hoe groter word OORSAAK wat tot alles gelei het.
    Robert Jastrow het dan ook al geskryf dat:
    "His expressed views on creation were that although he was an "agnostic, and not a believer",[1] it seems to him that "the curtain drawn over the mystery of creation will never be raised by human efforts, at least in the foreseeable future"[1] due to "the circumstances of the big bang-the fiery holocaust that destroyed the record of the past".[1]
    In an interview with Christianity Today, Jastrow said "Astronomers now find they have painted themselves into a corner because they have proven, by their own methods, that the world began abruptly in an act of creation to which you can trace the seeds of every star, every planet, every living thing in this cosmos and on the earth. And they have found that all this happened as a product of forces they cannot hope to discover. That there are what I or anyone would call supernatural forces at work is now, I think, a scientifically proven fact."[2]
    Dan skryf hy verder:'
    "Now we see how the astronomical evidence supports the Biblical view of the origin of the world. The details differ, but the essential elements in the astronomical and Biblical accounts of Genesis are the same: the chain of events leading to man commenced suddenly and sharply at a definite moment in time, in a flash of light and energy."
    "There is a strange ring of feeling and emotion in these reactions [of scientists to evidence that the universe had a sudden beginning]. They come from the heart whereas you would expect the judgments to come from the brain. Why? I think part of the answer is that scientists cannot bear the thought of a natural phenomenon which cannot be explained, even with unlimited time and money. There is a kind of religion in science; it is the religion of a person who believes there is order and harmony in the Universe. Every event can be explained in a rational way as the product of some previous event; every effect must have its cause, there is no First Cause. … This religious faith of the scientist is violated by the discovery that the world had a beginning under conditions in which the known laws of physics are not valid, and as a product of forces or circumstances we cannot discover. When that happens, the scientist has lost control. If he really examined the implications, he would be traumatized."
    "Consider the enormity of the problem. Science has proved that the universe exploded into being at a certain moment. It asks: What cause produced this effect? Who or what put the matter or energy into the universe? And science cannot answer these questions, because, according to the astronomers, in the first moments of its existence the Universe was compressed to an extraordinary degree, and consumed by the heat of a fire beyond human imagination. The shock of that instant must have destroyed every particle of evidence that could have yielded a clue to the cause of the great explosion."
    "For the scientist who has lived by his faith in the power of reason, the story ends like a bad dream. He has scaled the mountain of ignorance; he is about to conquer the highest peak; as he pulls himself over the final rock, he is greeted by a band of theologians who have been sitting there for centuries."
    Scientists have no proof that life was not the result of an act of creation, but they are driven by the nature of their profession to seek explanations for the origin of life that lie within the boundaries of natural law.
    — Robert Jastrow, The Enchanted Loom: Mind in the Universe, (1981), p. 19'

  • Beste Jaco
    Jy probeer nou al jare lank jou homoseksuele lewenswyse op LitNet as die ware jakob te verkoop. Jy het selfs die gebruik om voor seksuele omgang menslike afval uit 'n anus te verwyder en met soutwater uit te spoel (geen geurtjie - onthou jy) as natuurlik probeer voorstel. Jy het selfs diere gebruik as voorbeelde.
    Nou probeer jy om 'godsdiens' af te kraak. Jy kan nou maar ophou met jou futiele pogings. Dit beïndruk niemand nie.
    Jou stellings is so ongegrond soos iemand wat 'n drol in degie toegedraai het en dit as 'n worsie probeer verkoop.
    Hemel en hel is teenoorstaande begrippe. Die een dui teenwoordigheid en die ander afwesigheid aan. Dit moet tog duidelik vir enigeen met enige bietjie verstand wees.
    Vertel nou vir lesers wat jy reken die oorsaak was wat tot die ontstaan van ons heelal (gevolg) gelei het en wat die dimensie was wat bestaan het wat voor dat die 'Oerknal' plaas gevind het.

  • FC Boot
    Die rede dat jy my eenvoudige vrae nie beantwoord nie, is omrede jy nie kan nie. Finnish en klaar! Soos wit en swart as teenoorgesteldes gesien word, so ook met die hemel en hel. Om dit as antwoord te weergee soos hierbo is geen bewyse van die bestaan van beide nie.
    Elke keer, en dit is omtrent elke keer, wanneer jy deur myself in 'n hoek gedryf is, soos hierbo, warra warra jy oor omtrent alles, behalwe oor die onderwerp onder bespreking, en ek verseker jou dit flous geen leser behalwe diegene soos jy wat van feitlikheid wegskram nie, en in 'n feëverhaal van engele, hemel en hel lewe en hulle sieninge op ander wil afdwing.
    Jy sê: "Jou stellings is so ongegrond." Dit is 'n gereelde aantyging van jou maar NOOIT het jy hierdie stelling feitlik met voorbeelde gestaaf nie. AL my stellinge wat ek hier op SêNet maak, staaf ek met feite en voorbeelde. Wat jy as voorbeelde wil voordoen, is oor alles behalwe die onderwerp onder bespreking, soos die geval met jou laaste twee response.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top