Quisling, Martin Rees, die “Astromoner Royal”, het die £1m Templeton prys in 2011 of daar rond ontvang en dit aanvaar. Die Templeton is die Christendom se, kom ons sê maar, “Nobelprys”. Hy dink nie soos ons vriend Jaco Fourie nie. Hulle, die ateïste, was destyds vreeslik moerig en dis hulle wat Rees gelykgemaak het met Quisling.
Wonder hoe sy ontleding van Rees daar sou uitsien.
Dan is daar nog D’Espagnat. Ook ’n ateïs met ’n Templeton.
Laat daar vir jou ’n flou liggie brand, ou Jaco.
Raed-na-Gael


Kommentaar
Hi Raed,
Lanklaas van jou gehoor, welkom terug.
Wat het die twee ateïste wat jy hierbo noem, die lig laat sien het om van ateïsme tot Christen word te laat oorhel? Ek sal graag wil weet, inteendeel, dit is jou verpligting om ook te weet sodat jy hulle FEITE (nie persoonlike ondervindings) kan gebruik om ander ateïste en myself te laat oortuig daar is 'n God, EN dat sodanige God Jehova en/of Jesus is, en nie bv Krishna die Indiese God nie.
Intussen sal ek bly wees indien jy of enigiemand vir my kan bewys dat God (indien Hy wel bestaan), vir die lotgevalle van sy aanbidders IN DIE HEDE omsien, want Hy kom opsigtelik afwesig voor!
Lees weer: https://www.litnet.co.za/die-hele-doel-van-godsdiens/
Jaco,
Jy vra wat die twee ateïste die Lig laat sien het om van ateïsme tot Christen te vorder?
Realisme. Realiteit. Dit is wat ... en wanneer jy dalk self eendag by daardie punt uitkom, sal jou ander vrae terstond nie meer vrae wees nie, maar jy sal die positiewe antwoorde ken. Intussen, hoe oortuig (bewys) mens 'n blinde van die pragtige skakerings van lig? Sommige blindes probeer dit vir hulself rasionaliseer, maar slaag nie. Nee. Deur self te kan sien, kom sy werklike oortuiging. Lig bestaan sonder die geringste twyfel, maar nie vir die blinde nie.
So is dit dan ook met die Lig van die HERE en die Spiritueel blinde ateïs. En daarteen kan jy mos nie stry nie ...
Kobus de Klerk
Kobus.
Jy slaan die spyker op die kop! Realisme. Realiteit. Maw. FEITE! Die blinde kan nie sien nie, maar feitlik weet hy dat lig, en kleurskakerings van bestraling bestaan, want hy aanvaar dit van die feitlike waarnemings van die wat kan sien, nie verbeeldings soos spirituele lig of spirituele duisternis, wat wanfeite is nie. Dieselfde feitlike argument geld vir radiogolwe wat nie gesien kan word nie, maar wat wel meetbaar is.
Dan weereens geld my laaste paragraaf, nl: "Intussen sal ek bly wees indien jy of enigiemand vir my kan bewys dat God (indien Hy wel bestaan), vir die lotgevalle van sy aanbidders IN DIE HEDE omsien, want Hy kom opsigtelik afwesig voor", en veral in die lig van my brief getitel "die hele doel van godsdiens" https://www.litnet.co.za/die-hele-doel-van-godsdiens/